Skip to main content

Amos 9:1-10

Die oordeel van die vyfde gesig van die Here by die altaar

Soos ‘n Simson van ouds in die tempel van die Filistyne in Gasa (Rigt. 16) staan die Here in die vyfde en laaste gesig in die tempel van Israel in Bet-El en verkondig verwoesting. Waar Simson die tempelpilare op homself en ‘n paar duisend Filistyne omgetrek het, verkondig die Here simbolies dat Hy die tempelpilare afbreek sodat dit ‘n verwoesting onder die hele volk kan teweeg bring.

Teks en konteks

In taal wat herinner aan Psalm 139 – “Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?” – verkondig die Here dat vlug nie sal help nie. Dit help nie jy vlug na die doderyk of die hemel nie, indien dit natuurlik enigsins moontlik sou wees, of na die hoogste berg (Karmel) of die diepste punt in die see nie. “Niemand sal vrykom nie.

God se houding teenoor die volk het verander: “My bedoeling met hulle is om hulle kwaad aan te doen, nie om goed aan hulle te doen nie.” Israel is uiteindelik nie vir die Here anders as die ander nasies nie. Net soos die heidennasies dien Israel nie die Here nie, al is Hy die een wat verantwoordelik is vir hulle bestaan in die eerste plek.

Dit is ironies dat hulle dink hulle kan roem op hulle status as Godsvolk, gegrond op die Uittog uit Egipte, asof hulle daardeur ‘n meer spesiale status as die Kussiete (Ethiopië) ontvang het, ‘n nasie wat in hulle oë eintlik meer van ‘n slawevolk was. Maar, sê die Here, die Filistyne en Arameërs het ook ‘n Uittoggeskiedenis soos julle. Die Filistyne het getrek uit Kaftor, dit is die eiland Kreta, en die Arameërs uit Kir, dit is die gebied in die ooste van Mesopotamië. Dit alles was ook die werk van die Here. Die verhouding met die Here is dus die onderskeidingsteken om as Godsvolk getipeer te kan word, nie die blote historiese feite van die verlede nie.

Daarmee waarsku die Here om nie ‘n grootheidswaan te openbaar oor iets wat die Here nie net vir hulle gedoen het nie, maar ook vir ander nasies. Waar nasies, en dit sluit Israel in, die Here nie gehoorsaam nie, dáár straf die Here hulle. Die verhouding met die Here is iets wat in stand gehou moet word, anders beteken die historiese band nie veel nie, en kan hulle nie dié band as motivering vir ‘n spesiale behandeling gebruik nie.

Boodskap en betekenis

In voorbereiding vir die laaste gedeelte van sy boek, is daar tog die klein sprankie hoop in ‘n see van wanhoop, gebaseer nie op hulle spesiale status nie, maar enkel en alleen op God se besluit: “Maar tog, Ek sal nie die nageslag van Jakob heeltemal uitroei nie, sê die Here.” Hoewel Hy hulle verseker gaan oordeel, sal daar ‘n oorblyfsel wees oor wie die Here Hom sal ontferm.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…