Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen
MATTEUS 7:24-29
24 “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en dit doen, sal soos ’n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het.
25 En die reën het geval en die strome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, maar dit het nie ingeval nie, want dit was stewig op rots gevestig.
26 En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie doen nie, sal wees soos ’n dwase man wat sy huis op sand gebou het.
27 En die reën het geval en die strome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis gewoed, en dit het ingeval, en sy val was groot.”
28 En toe Jesus klaar gepraat het, was die skares stomgeslaan oor sy onderrig,
29 want Hy het hulle onderrig soos een wat gesag het, en nie soos hulle skrifgeleerdes nie.




Onlangse kommentaar