Skip to main content

Hou sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe om sinvolle Bybelstudie saam met jou huisgesin te hou. Hier is die metodiek wat ek voorstel, en ‘n paar opsies vir Bybelboeke om deur te werk aan die hand van my bydraes. Dit is alles gratis.

METODIEK

STILTETYD

Ek gebruik die volgende basiese metodiek as ek die Bybel lees.
Lees, luister, leef

  1. LEES – Raak stil voor die Here. Lees die gedeelte deeglik deur. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een of meer sleutelgedagtes wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het oor die hoofstuk in die Bybel en dink na oor wat jou daarin tref.
  2. LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die sleutelgedagte(s) wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat moet jy dink of doen daarmee (insigte)? Wat belowe dit vir jou (beloftes)? Wat vra dit van jou (opdagte)? Wat is die kern van die boodskap daarvan vir jou dag en lewe?
  3. LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit in sy teenwoordigheid.

HUISGODSDIENS OF KLEINGROEPE

As ‘n mens dan saam kom vir huisgodsdiens of in ‘n kleingroep (na elkeen stiltetyd gehou het), kan ‘n mens met mekaar deel wat jou bybly – insigte, beloftes, opdragte – en dan ‘n tyd van gebed gee waar julle die Here aanbid, voorbidding doen, en Hom loof vir gebedsverhoring.

BYBELBOEKE

1. Prontuit die Waarheid – die vier evangelies

Werk die vier evangelies saam deur.

2. Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge

Volg die verhaal van Paulus in Handelinge en sy dertien briewe, want dit is die verhaal van die kerk. Só sal dié verhaal ook jou verhaal word.

3. Ek kom gou – Die boek Openbaring

Werk Openbaring deur.

4. Klaagliedere van Jeremia

Jeremia help ons om sin te maak van die Covid-19 tyd.

5. Werk die Bybel deur

Gebruik die Bybelskool materiaal om enige boek in die Bybel deur te werk. Daar is inligting oor elke hoofstuk in die Bybel. Lees dit kronologies deur, of soos die Here jou lei.

Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep

My reis met die Bybelskool het nou gevorder tot by die punt dat daar oor elke hoofstuk van die Bybel ‘n bydrae is. Ek is só dankbaar daaroor. En dankie vir almal wat die reis – of dit nou van die begin af was, of eers reg aan die einde – met my meegemaak het. Ek waardeer elke oomblik daarvan.

Die Woord is ‘n huis om in te woon. Dit is my leuse. En ek wil jou uitnooi om nooit te stop in jou lees, luister en leef met die Woord nie.

Kies dus vir jou opnuut ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep. Kies uit die lys van Bybelboeke in die spyskaart aan die regterkant van die skerm.

Onthou die metodiek van Lees (die teks), Luister (ook na my skryfwerk), en Leef (wat wil die Here daardeur bereik).

Lees bv die Pentateug deur: GenesisEksodusLevitikusNumeriDeuteronomium.

Of kies die Twaalf Kleiner Profete, of Paulus se dertien briewe (Romeine1 en 2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 en 2 Tessalonisense1 en 2 TimoteusTitusFilemon), of Markus in vergelyking met die ander evangelies. Die res kan jy hier bereik.

Besluit vooraf hoeveel hoofstukke jy per week gaan lees. Die eerste week kan jy die inleiding(s) lees van bv Genesis, en die volgende week begin met die werklike Bybellees werk, ‘n hoofstuk per dag. Moenie meer as vyf hoofstukke ‘n week probeer lees nie, anders kan die uitdaging te veel raak. Gebruik onderstaande metodiek van lees, luister, en leef.

Indien julle dit as ‘n groep wil lees, kan julle die volgende metodiek volg:

Continue reading

Kevin deYoung | Reexamining Perspicuity

If the Bible Is So Clear, Why Are There So Many Different Interpretations?

Kevin deYoung het by die onlangse internasionale konferensie “Geen Ander Evangelie” die volgende praatjie gelewer Reexamining Perspicuity met die subtitel: “If the Bible Is So Clear, Why Are There So Many Different Interpretations?”  Jy kan dit hier luister.  Ek gee ‘n kort opsomming daarvan.

Kevin begin met ‘n hele smorgasbord van verskillende interpretasies van Bybelverhale – bv. iemand wat 17 verskillende interpretasies van Johannes 4 se verhaal van die Samaritaanse vrou onderskei – en van dogmas en vra die vraag oor hoe ‘n mens daarop reageer, veral as iemand sê jou interpretasie is maar net jou mening.

Hy gee tien response op die vraag hoekom daar só baie verskillende interpretasies is:

Continue reading

Skrifgesag en die Bybel

Inhoudsopgawe

Bybelskool.com bydrae grafika

1 Ons lees die Bybel nie in isolasie van ander nie
2 God oefen sy gesag uit deur die Bybel
2.1 Die Bybel se gesag lê in God opgesluit
2.2 God kom aan die woord deur die Bybel
2.3 Die Bybel is die geskrewe Woord van God
2.4 God vestig sy koninkryk met die boodskap van die Bybel
2.5 Die verhouding tussen OT en NT
2.6 Die Bybel self word gebruik om te onderskei tussen verskillende interpretasies
2.7 Die rol van ervaring
2.8 ‘n Mens kan dus onderskei tussen voorkeur interpretasies

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…