Skip to main content

Belydenisskrifte

Hier is skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue (Download the first three in English: Creeds):

Apostoliese Geloofbelydenis – dit verwoord die konsensus oor God Drie-Enig en wat dit vir ons beteken op kort en bevatlike wyse – 12 artikels;

Geloofsbelydenis van Nicea – dit is ‘n effe langer belydenis wat die wydste in die wêreldkerk aanvaar word en baie spesifiek die Godheid van Christus as deel van die Triniteit bevestig – 12 artikels;

Geloofsbelydenis van Athanasius – dit is ‘n nog langer belydenis wat die belangrikste dinge wat vir saligmakende geloof belangrik is, uitspel, ook ‘n bietjie meer oor die wyse waarop ons oor die Triniteit moet dink – 44 artikels;

Nederlandse Geloofsbelydenis – dit is die grondslag van die Gereformeerde oortuiging oor God, sy Woord en die geloofslewe – 39 artikels.  Dit bevat een van die mooiste verwoordings van wie God is: “Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.” (2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14.) – Download the English version: Belgic Confession;

Heidelbergse Kategismus – dit is die primêre onderrig in die Gereformeerde tradisie oor 1) hoe groot ons sonde en ellende voor God is, 2) hoe ons in Christus daarvan verlos kan word, en 3) hoe ons God dankbaar kan dien waarin gehoorsaamheid en gebed die belangrikste komponente is – 129 vrae en antwoorde in 52 Sondag-afdelings verdeel – Download the English version: Heidelberg-Catechism;

Dortse Leerreëls – dit is die grondslag vir die Gereformeerde oortuiging oor God se onweerstaanbare genade vir verlorenes soos uitgedruk in sy verkiesing, versoening en volharding van die gelowiges – 5 hoofstukke – Download the English version: CanonsofDordt;

Westminster Geloofsbelydenis – dit is geworteld in die rykdom van dieCalvinistiese reformasie soos deur onder andere John Knox aan die Kerke van Skotland oorgedra is.  Hier is die Engelse vertaling daarvan: Westminister Confession sowel as die Westminster Shorter Catechism.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.