Skip to main content

Belydenisskrifte

Hier is skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue (Download the first three in English: Creeds):

Apostoliese Geloofbelydenis – dit verwoord die konsensus oor God Drie-Enig en wat dit vir ons beteken op kort en bevatlike wyse – 12 artikels;

Geloofsbelydenis van Nicea – dit is ‘n effe langer belydenis wat die wydste in die wêreldkerk aanvaar word en baie spesifiek die Godheid van Christus as deel van die Triniteit bevestig – 12 artikels;

Geloofsbelydenis van Athanasius – dit is ‘n nog langer belydenis wat die belangrikste dinge wat vir saligmakende geloof belangrik is, uitspel, ook ‘n bietjie meer oor die wyse waarop ons oor die Triniteit moet dink – 44 artikels;

Nederlandse Geloofsbelydenis – dit is die grondslag van die Gereformeerde oortuiging oor God, sy Woord en die geloofslewe – 39 artikels.  Dit bevat een van die mooiste verwoordings van wie God is: “Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is.” (2 Kor. 3:17; Joh. 4:24; Jes. 40:14.) – Download the English version: Belgic Confession;

Heidelbergse Kategismus – dit is die primêre onderrig in die Gereformeerde tradisie oor 1) hoe groot ons sonde en ellende voor God is, 2) hoe ons in Christus daarvan verlos kan word, en 3) hoe ons God dankbaar kan dien waarin gehoorsaamheid en gebed die belangrikste komponente is – 129 vrae en antwoorde in 52 Sondag-afdelings verdeel – Download the English version: Heidelberg-Catechism;

Dortse Leerreëls – dit is die grondslag vir die Gereformeerde oortuiging oor God se onweerstaanbare genade vir verlorenes soos uitgedruk in sy verkiesing, versoening en volharding van die gelowiges – 5 hoofstukke – Download the English version: CanonsofDordt;

Westminster Geloofsbelydenis – dit is geworteld in die rykdom van dieCalvinistiese reformasie soos deur onder andere John Knox aan die Kerke van Skotland oorgedra is.  Hier is die Engelse vertaling daarvan: Westminister Confession sowel as die Westminster Shorter Catechism.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda