Skip to main content

Jeremia 8:4-9:2

Niemand het berou oor hul sonde nie

Jeremia 8:4 tot Jeremia 20 kan waarskynlik in die laaste deel van Josia se regering geplaas word. Jeremia 7:1-8:3 en die ooreenstemmende gedeelte in Jeremia 26 word in Jojakim se tyd gedateer, so ek hanteer dit later.

Die fokus is in hierdie hoofstukke op ‘n aantal gesprekke van die Here met Jeremia oor Jerusalem en Juda. Hier in hoofstuk 8 sien ons twee verdere rondtes daarvan:

  • Jeremia 8:3-16 – In geen onduidelike taal word die boodskap in die eerste plek aan die volk in prosaïese taal verder uitgespel in Jeremia 8:4-13 waarop Jeremia in ontsetting reageer namens die volk in Jeremia 8:14-16.
  • Jeremia 8:17-9:2 – Dan verander die styl na poësie as ’n verdere gesprek tussen God en Jeremia waarin die Here sy oordeelsaankondiging herhaal met die metafoor van giftige adders wat Hy onder hulle instuur wat niemand kan besweer nie, Jeremia 8:17, en Jeremia wat daarop met nog dieper smart, ontsteltenis, angs en trane reageer en wens dat hy liewer die einde gespaar sal word, Jeremia 8:18-9:2.

Teks en konteks

Jeremia 8:4-16 – Hulle weier om na My toe terug te draai

Die Here gee aan Jeremia opdrag om met die volk in gesprek te tree oor hulle gebrek aan berou oor hulle sonde. Die Here verstaan nie hoekom hulle nie hulle fout kan agterkom en erken dat hulle gefouteer het nie. Let op hoe die Here sê: “Ek het goed geluister” en agtergekom dat niemand van hulle berou het nie. Hulle vermy eerder die Here soos ’n steeks perd wat uit ’n konfliksituasie wegstorm.

Wat die Here verder agterkom van die volk, is dat hulle anders is as die trekvoëls van die natuur – trekooievaar, tortelduif, swaeltjie en kraanvoël. Hierdie voëls kan hulle pad terugvind op gesette tye, belangrik, omdat hulle nie die wetmatighede van die natuur verander nie. Die volk kry dit egter nie reg om hulle pad terug na die Here te vind nie, omdat hulle die wet vervals om hulle te pas wat dan beteken dat dié riglyne hulle nie meer na die Here tot lei nie. Daarom kan hulle die Here van die wet nie meer vind nie. Hulle het die riglyne vir die lewe verander. En dit beteken dat hulle daarom nie meer uit kan kom by dié Een wat die lewe gee nie.

Dit beteken dat die volk aan hulle eie lot oorgelaat gaan word en tot ’n val sal kom. Hulle gruwelike dinge sal aan die lig kom en dit sal lei tot ’n totale vernietiging.

Daarop antwoord Jeremia met ontsetting en praat die volk “slegte moed” in, want die oordeel is verseker: “Ons wag dat alles moet regkom, maar dit gaan nie goed nie, ons wag op ’n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik.” Van Dan in die noorde af is die vyand in aantog en alles sal deur hulle vernietig word.

Jeremia 8:17-9:2 – Is daar nie balsem in Gilead nie?

Die Here sluit aan by Jeremia wat praat van die “gifwater” wat die Here vir hulle gee om te drink, en brei dié metafoor uit deur te sê dat Hy “giftige slange” onder hulle sal instuur om hulle te pik. Dié adders sal nie by wyse van spreke deur slangbesweerders afgeweer kan word nie.

Daarop reageer Jeremia met ’n hewige ontsteltenis omdat hy in sy geestesoog alreeds die volk hoor roep uit ’n ver land en vra of die Here dan nie meer in Sion is nie, die plek waar die tempel van God se teenwoordigheid gebou is. Hy weet hulle vra dit egter net omdat hulle so blind is vir die feit dat dit hulle eie skuld is dat die Here hulle verwerp as gevolg van hulle afgodediens, “hulle vreemde nikswerd gode”. Daarom besef hy die volk het die oes gemis, die somer is verby, hulle het die redding wat God hulle aangebied het, gemis.

Die volk se wonde is egter ook Jeremia se wonde. Hy is soos hulle deur angs oorweldig, gedompel in rou. Hy kan net nie aanvaar dat die volk nie geluister het nie. “Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie ’n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie?” Die balsem in Gilead (oos van die Jordaan, vandag Jordanië) verwys na ’n gom van die balsem boom (Commiphora gileadensis – moontlik aangeplant deur Salomo ná die koningin van Skeba dit vir hom as geskenk saamgebring het – 1 Kon. 10:10) wat nie net vir olies en parfuum gebruik is nie, maar ook as medisyne.

Jeremia is ontsteld dat die genesing wat God aangebied het, nie ontvanklik was vir die volk nie, en daarom op niks uitgeloop het nie. Jeremia sal nog twee keer na die balsem verwys in sy oordele oor Egipte en Babel (Jer. 46:11; 51:8). Ook Esegiël verwys hierna (Eseg. 27:17).

Interessant genoeg het dié konsep van die balsem van Gilead weerklank gevind in ’n African American spiritual wat dit op die verlossing in Jesus van toepassing gemaak het. Hier is een weergawe van dié besondere lied:

There is a balm in Gilead,

To make the wounded whole;

There is a balm in Gilead

 To heal the sin-sick soul.

Some times I feel discouraged,

And think my work’s in vain,

But then the Holy Spirit

Revives my hope again.

There is a balm in Gilead,

To make the wounded whole;

There is a balm in Gilead,

To heal the sin-sick soul.

If you can preach like Peter,

If you can pray like Paul,

Go home and tell your neighbour.

“He died to save us all.”

There is a balm in Gilead,

To make the wounded whole;

There is a balm in Gilead,

To heal the sin-sick soul.

Jeremia sluit hierdie deel van sy gesprek met die Here af met twee treffende metafore.

  • Hy wens aan die eenkant sy kop was vol water en sy oë soos ’n fontein dat hy die hele dag en nag kon huil oor sy gesneuwelde volksgenote.
  • Hy wens aan die ander kant dat hy die woestyn kon intrek en in ’n herberg kon gaan bly ver van die slagveld van die egbreuk en ontrou van sy mense.

Boodskap en betekenis

Wat my tref, is die feit dat die Here weet dat daar tye van afvalligheid kan kom, gegewe die menslike natuur. Maar, dat dit vir Hom baie swaar is om agter te kom dat mense dan nie die pad na Hom kan terugvind nie. Anders as met die trekvoëls wat hulle pad terug kan vind al vlieg hulle baie ver weg van hulle oorsprong af, maak afvalligheid mense blind vir die bron van lewe, vir God se riglyne wat vir hulle die pad terug na Hom uitspel. Dan is daar eintlik geen salf meer aan te smeer nie, en verg die situasie drastiese stappe. Die hoop vir die toekoms lê dan anderkant die oordeel.

Dit tref my ook dat daar darem een mens is wat treur oor sy volksgenote, Jeremia. Soos Paulus dit ook doen vir sy volksgenote in Romeine 9. En dit moedig my aan om nie net kritiek te lewer teen die afvalligheid van mense in ons eie land en kerk nie, maar daaroor te treur, die Here vir sy ingrype te vra en my deel te doen deur van God se pad te getuig.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda