Skip to main content

Esegiël 9

Die straf is naby vir die stad Jerusalem

Die Here kondig met hierdie visioen aan dat die straf nou baie naby is vir die stad Jerusalem en hulle koning Sedekia. In ‘n ontsagwekkende toneel word die verwoesting van Juda en die volk beskrywe.

Teks en konteks

Ses manne nader Jerusalem met wapens van verwoesting in hulle hand – soos futuristiese Terminators!

Die man met die linneklere is net “onder” of “tussen” hulle, soos dit korrek in die OAV vertaal is, en dus ‘n sewende agent van die Here. Sy taak is om met ‘n pen uit sy skrywersakkie ‘n merk (dit is die letter t in Hebreeus wat in dié tyd as ‘n X geskryf is) op die voorkoppe te maak van: “almal wat sug en kla oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gebeur.” (9:4 – amper soos van Lot in Sodom en Gomorra gepraat word – 2 Pet. 2:7).

God se mense, dié wat nie meedoen aan die afskuwelikhede en daaroor treur, word dus gespaar. Ons sien in Openbaring 7:3 (Openb 14:1) dieselfde gebeur waar God self deur sy engele gelowiges merk as mense wat aan Hom behoort. In Openbaring 13:16-18 (vgl Openb 14:9, 11; 16:2; 19:20) gebeur die teenoorgestelde met die mense wat self die merk van die dier moet bekom om ekonomies aktief te kan wees (vgl Openb 20:4 waar hulle juis nie die merk van die dier ontvang het nie).

Die magtige teenwoordigheid van die Here styg op dié punt vanuit die tempel op om plek te maak vir die verwoestende werk van die ses vernietigers. Dit tref oumense, jongmense, kinders en vrouens. En die mense by die tempel is eerste aan die beurt. Só word die heiligdom verontreinig en die mense van die stad uiteindelik uitgeroei.

Esegiël kom slegs vir die tweede keer in die boek persoonlik aan die woord en bid-vra – as intersessor – in afgryse of die Here dan almal gaan uitroei. Die Here antwoord bevestigend en wyt dit aan die feit dat die land vol moord en die verdraaiing van die reg is. Hulle kry dus hulle verdiende loon.

Boodskap en betekenis

God se optrede hier laat ‘n mens dink aan die eerste twee van die saligsprekinge van Jesus:

  • Die eerste sê: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” Dit is dus dié wat arm van gees is, nie hulle lojaliteit van God na die afgode verplaas nie, wat deur Hom geëer en geseën word in Esegiël se taal.
  • Dit is verder dié wat hartseer is oor al die onreg en ongehoorsaamheid wat hulle rondom hulle sien, wat deur God gemerk word as syne in Esegiël 9. Dieselfde gesindheid hoor ‘n mens in die tweede saligspreking van Jesus: “Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.” (Matt. 5:4).

Trouens, daar is nog twee van dié saligsprekings van Jesus wat gaan oor die sug na, en doen van dit wat reg is:

  • Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.” (Matt. 5:6).
  • En: “Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Matt. 5:10).

Die hele Bergrede wentel immers rondom die tema van geregtigheid, soos ek in my hantering van Matteus sal wys.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…