Skip to main content

1 Timoteus 3:14-4:16

Die gemeente is die basis en ondersteuning van die waarheid

Paulus herinner in hierdie gedeelte die gemeente dat hulle die huis van die Lewende God is – die pilaar (ondersteuning) en fondament (basis) van die waarheid. Timoteus se roeping is om hierdie waarheid konsekwent voor te hou en self ’n voorbeeld te wees in leer, toewyding en karakter. Só word die gemeente versterk om haar roeping as draer van die evangelie en as sigbare getuienis van Christus in die wêreld te vervul.

Teks en konteks

Pilaar en fondament van die waarheid – 1 Timoteus 3:14-16

Dit is insiggewend dat hoofstuk 3 afsluit met ‘n herinnering aan die leierskap dat hulle die oorsprong en doel van die gemeente in gedagte moet hou: dat hulle die gemeente is van die lewende God, en dat die gemeente die pilaar en fondament van die waarheid is (1 Tim. 3:15).

God is die middelpunt van die gemeente, en Hy is die Lewende, die Een wat goed laat gebeur.  Hy kies die gemeente as die basis (fondament) en ondersteuning (pilaar) van die waarheid, wat natuurlik nie net op die waarheid van die evangelie dui nie, maar op die Waarheid in terme van die persoon en werk van Jesus Christus.

Die gemeente word dus met metafore uit die boubedryf beskryf – pilaar en fondament.  Paulus wil dus sê, dat die waarheid van die evangelie en die bewussyn van die Waarheid, Jesus Christus, berus op die bevestiging en ondersteuning wat dit geniet binne die gemeenskap van gelowiges.

Let op hoe Paulus hiermee eintlik ook die doel uitspel van die lewe in geloof (hoofstuk 1), die lewe in gebed (hoofstuk 2) en die lewe met karakter van die leiers van die gemeente (hoofstuk 3).  Alles en almal moet meewerk om die evangelie van Jesus Christus aan hierdie wêreld op ‘n egte en outentieke manier bekend te stel.

Die gevaar van afvalligheid – 1 Timoteus 4:1-5

Die rede dus vir die standvastigheid van die gemeente word nou uitgespel.  Die waarheid moet gekoester word, omdat die gevaar van afvalligheid so groot is.  Die bron van die dwaalleringe oor die huwelik en kos word as leerstellings van bose geeste uitgespel, hoewel die bose geeste moontlik sinoniem met die dwaalleraars self is.  Wat as ‘n diep waarheid verkondig word – om jou van die huwelik en sekere kossoorte te weerhou – blyk skynheilige misleidings te wees, verdraaiings van die waarheid.  En die gemeente moet hulle nie daardeur laat meesleur nie.  God werk nie beperkend nie, maar helend en heiligend.

Die fokus van die bediening – 1 Timoteus 4:6-16

Waar Paulus in die eerste 3 hoofstukke uitgebrei het oor die geloof en gebed van die gemeente, sowel as die karakter van die leierskap, fokus hy Timoteus se aandag nou op sy eie bediening in die gemeente.  En sy hoofopdrag is om hierdie dinge aan die gemeente voor te hou, sodat die gemeente sy funksie as basis en ondersteuning van die waarheid kan vervul.

Om dit goed te kan doen, moet hy nougeset let op sy eie leer en lewe, sodat hy self in totale toewyding aan die Here kan leef, en ‘n voorbeeld vir die gemeente en die gelowiges kan wees.  Die primêre “tools” wat hy het, is 1) die Woord, en 2) die voorbeeld van sy eie lewe, wat van net soveel karakter as die ander leiers, indien nie meer nie, moet getuig.

Boodskap en betekenis

Paulus leer hier vir Timoteus dat die gemeente die evangelie van Christus betroubaar deur hulle lewe en getuienis moet verkondig. Omdat daar altyd die gevaar van afvalligheid en dwaalleringe bestaan, moet hy sorg dat die gemeente die waarheid bevestig en leef. Die kerk se doel is immers om die waarheid van Christus te dra en te onderskryf. Daarom moet ook hy getrou bly in lering en ‘n heilige lewenswandel.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…