Skip to main content

Om EBOEKE in ePub of mobi formaat te lees

Eboeke beskikbaar

Van die Bybelskool.com materiaal is beskikbaar in Eboek formaat en kan by die volgende Bybelskool.com winkel (by lulu.com) aangeskaf word (Lees, luister, leef reeks):

hebreers-thumbnail jesaja-thumbnail johannes-thumbnail hooglied-thumbnail prediker-thumbnail spreuke-thumbnail

Prys in dollar omgeskakel na Rand met aankoop

Die prys word in dollar waarde gekies, omdat dit die goedkoopste manier is om dit beskikbaar te stel.  Wanneer jy dit koop, word dit gelukkig in Randwaarde omgeskakel op jou kredietkaart transaksie.  Amazon se pryse is bykans drie maal duurder vir die vergelykbare boek.  Daarom het ek nie daardie roete gekies nie.

Jy kan ‘n ePub weergawe egter ook op jou Kindle lees! Inligting hieronder.

Hoe om ePub op rekenaars, tablette en selfone te lees

Die ePub formaat vir Eboeke werk net so goed soos die Kindle weergawes, en kan  onder andere deur die volgende toepassings op rekenaars, tablette en selfone gelees word.

Klik op die relevante skakels hierbo om die sagteware af te laai, installeer dan dit op jou rekenaar, tablet of selfoon, deur daarop te klik en die instruksies te volg, en gebruik dan dié program om die ePub te lees:

Hoe om ePub op Kindle (mobi formaat) te lees

Vir Kindle lesers is daar verskeie omskakelaars beskikbaar sodat jy ePub op jou Kindle in mobi formaat kan lees:

  • Met ‘n Converter op Kindle indien jy die mobi formaat nodig het.
  • Daar is ook ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”.  Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
  • Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n ePub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com.

Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle.

Jesaja – Lees, luister, leef – ePub

Beskrywing

Die profeet Jesaja tree in ‘n baie moeilike tyd op. Die wêreldmag van die Assiriërs het Israel en Juda bedreig.  Geen wonder dat Agas koalisies probeer vorm het met ander wêreldmoondhede om die volk te probeer beskerm nie.  Jesaja verkondig egter dat God vir hulle sal sorg … as hulle Hom vertrou en nie hulle toevlug neem tot die ander volke nie. Hy waarsku: “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.”

Dit bly vandag nog die kern van die boodskap van God aan elkeen wat in Hom glo.  Die boek Jesaja verkondig daarom God as die Lewende, die God van beide die Skepping en die Geskiedenis.  Dit onderstreep dat God die Onderhouer is van alles wat bestaan.  Dit brei uit oor sy funksie as Regter en Verlosser van almal wat leef, ook van die nasies.  Alles gemik daarop om geloof in Hom by sy mense te bevestig.

Die boodskap troos daarom alle gelowiges wat soos die volk van Jesaja se tyd bedreigings van watter aard ook al ervaar, maak nie saak waar en onder watter omstandighede hulle hul mag bevind nie.  Die boek Jesaja konfronteer egter ook diegene wat nie bereid is om te vertrou op die uitkoms wat God vir sy mense belowe nie.  “Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.”

Die verlossing wat God vir sy volk bring, sien ons in die boek Jesaja die helderste in die bediening van die Dienaar van die Here wat sy klimaks vind in die belofte van ’n nuwe hemel en aarde.  Hierdie belofte van die Here het in Jesus Christus waar geword.  Hy het God se belofte as Lydende Messias vervul en die visie van ’n volkome nuwe begin gestalte gegee wat nie net histories sal wees nie, maar ook kosmies van aard.  Daarop kan ons ons hoop vestig.  In Hom sal ons in geloof kan standhou.

Lees, luister, leef

Die Lees, luister, leef reeks is gebaseer op die materiaal van Bybelskool.com, en geskryf vir Bybelskole, Bybelstudiegroepe, en persoonlike stiltetyd.  Elke boek in die reeks behandel ’n ander Bybelboek.  Aan die hand van die Lectio Divina metodiek leer jy om die Bybel te leef, terwyl jy dit lees. Daardeur hoor jy die lewende stem van God in die Bybel, leer jy hoe om die Here Jesus prakties te volg, en skryf die Gees jou in God se verhaal met die wêreld in. Die Woord word só vir jou ‘n huis om in te woon.


Buy this e-book on Lulu.

Johannes – Lees, luister, leef – ePub

Die evangelie van Johannes fokus op Jesus as die gestuurde Woord van God wat volledig mens geword het. In hoofstuk 1-12 vertel Johannes van Jesus se publieke Joodse bediening met ’n fokus op wondertekens wat sy ware identiteit as die Seun van God openbaar. In Jesus ervaar ons God se genade en waarheid. In hoofstuk 13-20 fokus Johannes op die persoonlike bediening van Jesus aan sy dissipels wat uitmond in sy verheerliking deur sy lyding, kruisdood en opstanding as publieke getuienis aan die wêreld. In Jesus vind ons die model van dissipelskap waarin die liefde – soos God liefhet – die kern van alles is. Die evangelie eindig in hoofstuk 21 met die roerende verhaal van Petrus wat by hernuwing geroep word. Daarmee word die dissipels deur God gestuur om op dieselfde wyse as Jesus sy genade en waarheid aan die wêreld te bring, sodat die wêreld kan glo. Hierdie is die vierde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd. Klik hier om dit aan te skaf.

Buy this e-book on Lulu.
By Chris van Wyk

Hooglied – Lees, luister, leef – ePub

Hooglied se liefdesgedigte belig verskeie kante van die liefde, die passievolle plesier in mekaar se geselskap, die wedersydse geborgenheid by mekaar, en die genot van seksuele eenwording binne die veilige ruimte van die familie en die huwelik.  Hooglied besing nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde nie, maar vertel ook van die teleurstellings en verwyderings, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.

Dit is die essensie van die wysheid van Hooglied, dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike, wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. So leer ‘n mens dat liefhê ‘n kuns is wat nie net op onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook ‘n emosionele volwasse wording van die verhouding moet insluit.

Hierdie is die derde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Buy this e-book on Lulu.

By Chris van Wyk

Spreuke – Lees, luister, leef – ePub

Spreuke leer ons dat daar ’n regte pad is om op te loop en ’n verkeerde een. Deur tien lewenslesse en meer as vyfhonderd en sestig spreuke leer die boek ’n mens om hierdie wyse pad in die praktyk van die lewe te onderskei en daarvolgens te begin lewe. Dit leer jou ook om die dwase afdraaipaaie te vermy, opgesom as: easy money, easy sex en easy power.

Wysheid begin by die eerste beginsel van die geestelike lewe, die ontsag vir God. Dit word prakties geïllustreer in die voorbeeld van rolmodelle wat nagevolg moet word. Daarmee leer Spreuke jou die geheim van die lewe voor God ken en inspireer jou om deurleefde oortuigings in die lewe te ontdek en jou eie te maak. Met vele stories, beelde, waarhede en slim slagspreuke leer jy só om ‘n ekspert in die lewe te word. Wysheid word daardeur jou metgesel en laat jou met takt en oorleg in die teenwoordigheid van God self leef.

Hierdie is die tweede boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Buy this e-book on Lulu.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.