Skip to main content

Prontuit die Waarheid

Bestel die boek

Bestel die eBoek

As iemand jou vra: “Wat glo jy van Jesus?” kan jy gemaklik sy storielyn en boodskap oordra? In volgorde? Sy kinderjare. Sy reise. Sy gesprekke. Sy wonders, woorde en werke. Sy boodskap en betekenis. Dit is nie só eenvoudig nie, nè?
Ek het daarom ‘n opeenvolgende kronologiese sinopsis van die volle teks van die vier Evangelies geskep om jou daarmee te help – Lukas, Markus, Matteus en Johannes. My boek fokus op ‘n vers-vir-vers kommentaar op die teks en konteks, sowel as op die betekenis en boodskap van elke perikoop.
Die volle Bybelteks uit die  bronteksgeoriënteerde Afrikaanse Standaard Vertaling (CUM), in vloeiende, goed verstaanbare Afrikaans, is ingesluit, sodat jy die teks en die verklaring as ‘n eenheid in een boek kan lees. Daar is ook ‘n handige indeks van die volgorde van my indeling van al die perikope van die Evangelies ingesluit.
Die boek is bedoel vir Bybelstudie. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd. Kleingroepe kan dit in hulle byeenkomste gebruik. Predikante kan die boek vir preke, reekse en Bybelskole gebruik. Jy is ook welkom om vrae te vra. Ek antwoord graag.
Chris van Wyk (0825749191 – acv.vanwyk@gmail.com).
Ek het ook ‘n ARGIEF van die bydraes wat ek gebruik het vir die boek. Dit is steeds vir almal beskikbaar.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.