Hierdie Psalm vertolk die vertroue van die pelgrims op die Here. Die Here sal sy volk beskerm sodat hulle opreg kan bly ten spyte van die invloed van goddeloses. God is vir die pelgrims net so onwankelbaar soos die Sionsberg waarop die tempel gebou is. Trouens, soos hulle na die omringende berge om Jerusalem kyk – omtrent soos ‘n muur van berge wat almal hoër was as die berg in Jerusalem – weet hulle dat die Here sy volk net só sal beskerm, “van nou af tot in ewigheid.”
Psalm 124 is ‘n Psalm van Dawid en help die pelgrimgs op hulle tog na Jerusalem om op die Here se hulp wat hulle nie net in die lewe hou regdeur gevare nie, maar hulle vryheid van hulle vyande gee. Dit is dus ‘n Psalm wat die Here dank vir verlossing en bevryding.