Skip to main content

2 Timoteus 3:1-17

Getrou aan die Woord

Dan fokus Paulus op die hart van die getrouheid aan die evangelie en die Here Jesus Christus, en dit is om getrou te wees en bly aan die Woord van God. Hy moet bly in wat hy geleer het en vas glo, want dit is die enigste vaste bron van sekerheid wat rigting kan gee in ‘n tyd van afvalligheid.

Wees bewus van die laaste dae waarin jy leef – 2 Timoteus 3:1-9

Let op hoe Paulus hier van die laaste dae praat (1 Tim. 4), maar dit uitspel in terme van dinge wat in sy eie tyd en dié van Timoteus gebeur.  Timoteus moet hom afskei van sulke mense, wat duidelik maak dat hulle in die laaste dae lewe, soos Lukas alreeds gesê het (Hand. 2:16-17).  Om die waarheid te sê, dié tipe dinge is van die tyd van Moses al met ons, soos hy met die voorbeeld van die opstand van Jannes en Jambes verduidelik.  Die intensiteit en algemeenheid daarvan het net toegeneem.

Jannes en Jambres was volgens die Joodse tradisie twee broers, albei towenaars, wat deur die farao ingeroep is om Moses en Aäron, teen te staan (Eks. 7:10–12).  Nog ‘n Joodse tradisie verbind hulle ook met die twee amptenare wat met Bileam saamgewerk het (Num. 22:22).  In wese is die probleem van dwase mense dat hulle lewens om hulleself draai en nie om God nie.  Die liefde vir jouself maak jou selfsugtig, geldgierig, grootpraterig, verwaand, beledigend, ongehoorsaam aan jou ouers, ondankbaar en ongodsdienstig.  Dit maak mense verder liefdeloos, onversoenlik, kwaadpraters, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloses en hooghartig.

Bly in wat jy geleer het en vas glo – 2 Timoteus 3:10-17

Daar is maar een manier om die suigkrag van selfsug vry te spring, en dit is om op God en sy Woord te fokus.  Dit is dié fokus wat ook Timoteus die krag gee om in vervolging, wat ‘n normale deel van die pad met die Here is, vas te staan.  Die waarde van die Skrifwoord (in die eerste plek die OT, maar kan op die hele Bybel van toepassing gemaak word) is velerlei: onderrig in die waarheid, bestryding van dwaling, regstel van verkeerdhede, en die kweek van ‘n regte lewenswyse.  Dan sal ‘n mens volkome voorbereid wees en toegerus vir elke goeie werk.

Boodskap en betekenis

Soos Paulus in die eerste hoofstuk klem gelê het op die krag van die Gees wat soos ‘n vuur aangeblaas moet word, só lê hy in hierdie derde hoofstuk klem op die krag van die Woord wat nie net vastigheid en sekerheid gee midde in die warrelwinde van dwaalleringe nie, maar dinamiese riglyne en koers vir die Christelike lewe verskaf.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:6-12Askies u praat van die Rietsee, maar die Bybel praat van die Skelfsee
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:1-5Amen, baie dankie vir hierdie woord, GOD het die mens so lief dat HY nie wil hê dat enige een verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. GOD het ons so lief dat HY SY SEUN vir ons gegee het om ons sonde te vergewe, sal jy as mens dit doen? Ek self sal baie swaar kry, sou GOD dit ooit van my s…