Skip to main content

Kolossense 4:2-18

Fokus op volhardende gebed en wyse woorde

Paulus fokus op twee laaste belangrike goed: volhardende gebed vir die voortgang van die evangelie (Kol. 4:2-4), en die belang van wyse woorde in hulle publieke optredes in die gemeenskap (Kol. 4:5-6). Hy sluit die brief af met ‘n paar groete boodskappe en mededelings oor die mense wat saam met hom in Rome is (Kol. 4:7-18).

Teks en konteks

Volhard in gebed – Kolossense 4:2-4

Dit is opvallend dat Paulus ‘n paar keer spesifiek vra dat gemeentes vir oop deure vir die evangelie moet bid (vgl. ook 1 Kor. 16:9; 2 Kor. 2:12; vgl. ook Hand 14:27 waar Paulus oor die oop deure getuig; Ook Jesus praat daaroor in Open 3:8). Ons onderskat die rol van gebed in die uitbreiding van die evangelie. God werk wonders deur ons gebede.

Gebruik wyse woorde – Kolossense 4:5-6

Daar is ook geen verskoning vir onvriendelike dwase kwetsende woorde in ons openbare getuienis nie. Ons woorde moet van respek vir mense en deernis met hulle situasies getuig.

Groete en mededelings – Kolossense 4:7-18

Paulus sluit die brief af met groete en ‘n paar mededelings oor die mense wat saam met hom is (‘n hele paar van hulle word ook in die brief aan Filemon genoem):

  • Tigikus (Kol. 4:7-8) was ‘n gelowige uit die provinsie Asië (Hand. 20:4) en iemand wat ‘n hele paar keer vir Paulus gehelp het. Hy het moontlik saam met Onesimus (Kol. 4:9) al die gevangenisskap briewe afgelewer op sy reis na Kolosse en Efese (Kol. 4:9; Ef. 6:21). Hy het ook twee ander kere onderskeidelik na Efese en Kreta gereis in opdrag van Paulus om die gemeentes te ondersteun (2 Tim. 4:12; Tit. 3:12).
  • Onesimus word ook genoem, die slaaf van Kolosse wat na Filemon teruggestuur is, en wat deur Paulus die getroue medegelowige genoem word, en moontlik ook betrokke was om die briewe af te lewer (Kol. 4:9).
  • Aristargos is een van die bekeerlinge in Tessalonika wat ‘n medewerker van Paulus geword het en in Efese opgelei is (Hand. 20:4; 27:2).
  • Markus is waarskynlik die skrywer van die evangelie van Markus en neef van Barnabas (soos ons hier in Kol. 4:10 lees).
  • Jesus Justus is die ander Joodse gelowige wat saam met Paulus is. Jesus was sy Joodse naam (eintlik Josua – Jesus is die Griekse vertaling van Josua) en Justus sy Latynse naam, soos Paulus se twee name: Saulus – Joodse naam; Paulus – Latynse naam. Ons weet nie iets meer van hom af nie.
  • Epafras is saam met Paulus ‘n gevangene, en word verbind met die stigting van die gemeente van Kolosse (Kol. 1:7) en moontlik nog ander in wat ons vandag ken as Turkye. Hy was ‘n voorbidder van formaat (Kol. 4:12).
  • Lukas is die skrywer van die evangelie van Lukas en die Handelinge van die Apostels en word hier spesifiek ‘n dokter genoem (Kol. 4:15).
  • Demas het kort hierna die teenswoordige wêreld lief gekry het en na Tessalonika vertrek (2 Tim. 4:9-10).
  • Nimfa was van Laodisea en leier van die huisgemeente daar. Daar is twee tekslesings vir dié persoon se naam. Die OAV het die manlike vorm aanvaar, en die NAV die vroulike. Al hoe meer geleerdes interpreteer die verwysing egter as vroulik. Nimfa was dus moontlik, soos Lidia, ‘n geestelike leier wat haar huis tot beskikking van die kerk gestel het.
  • Argippus word opgeroep om die bediening wat die Here vir hom gegee het, te omarm en uit te voer. Hy word ook in Filemon genoem en was waarskynlik die seun van Filemon en Affia van Kolosse.

Boodskap en betekenis

Paulus herinner ons aan twee sleutelaspekte van ’n gesonde geloofslewe: 1) Volhardende gebed – en 2) Wyse woorde – harde of onsensitiewe woorde het geen plek in die lewe van gelowiges nie.

Paulus beklemtoon ook hier dat die uitbreiding van die evangelie ’n spanpoging is, met ’n netwerk van toegewyde medewerkers — van boodskappers soos Tigikus en Onesimus, tot geestelike leiers soos Epafras en Nimfa, en selfs die bekende Lukas en Markus. Hierdie mense se diensgetrouheid en gawes is praktiese voorbeelde van hoe gebed en wyse optrede in die gemeente se getuienis vorm aangeneem het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.