Skip to main content

Jeremia 27

Ek gee al die lande in die mag van Nebukadnesar

Hoofstuk 27-29 rond die boodskap van Jeremia oor die ballingskap af met die beskrywing van:

  1. die Here se boodskap dat Juda (en die ander lande) aan koning Nebukadnesar onderdanigheid moet bewys (hoofstuk 27),
  2. die beskrywing van die teenstand van die valse profeet Gananja daarteen en hoe die Here daarop reageer (hoofstuk 28), en
  3. die bemoedigende brief aan die ballinge wat saam met koning Jojagin na Babel toe weggevoer is saam met verskillende reaksies daarop (hoofstuk 29).

Al drie hoofstukke dateer uit die tyd van koning Sedekia. Hoofstuk 27 kort ná sy bewind begin het (597 v.C.). Hoofstuk 28 in Sedekia se vierde regeringsjaar (594 v.C.). Hoofstuk 29 min of meer in dieselfde tyd, hoewel dit nie aan ’n spesifieke jaar gekoppel kan word nie.

Dit is opmerklik dat daar ’n hele paar keer van Jeremia in dié drie hoofstukke as “die profeet Jeremia” gepraat word wat waarskynlik beklemtoon dat hy die ware profeet teenoor die ander valse profete is. Dit onderstreep die boodskap van dié drie hoofstukke as ’n bevestiging van die inhoud van die boodskap van die ware profeet.

In vers 1 word in die grondteks eintlik gepraat van Jojakim, inplaas van Sedekia, terwyl dit duidelik uit die res van die hoofstuk is dat dit oor Sedekia gaan (vers 3, 12) asook in die volgende hoofstukke (28:1; 29:3 [die profeet Sedekia van 29:21-22 is iemand anders]). Dit is waarom die NAV die naam Sedekia gebruik in vers 1, om verwarring uit te skakel. Die naam Jojakim is waarskynlik die gevolg van ’n skryffout wat iemand gemaak het deur hoofstuk 27 met dieselfde vers as hoofstuk 26, waar Jojakim tereg genoem word, te begin.

Teks en konteks

Jeremia 27:1-11 – Die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan die nasies

Kort nadat Sedekia koning geword het, stuur die Here aan Jeremia ’n verdere boodskap aan Sedekia wat eers na die konings van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon gestuur word om aan Nebukadnesar onderdanigheid te betoon, omdat die Here aan hom die mag gegee het en hulle toekoms in sy hande lê.

Die boodskap word oorgedra met die dra van ’n simboliese juk met skeie en stroppe op sy nek as boodskap aan Juda en die stuur van soortgelyke jukke met skeie en stroppe na die onderskeie nasies. Boodskappers van dié nasies wat waarskynlik in Juda was om die naderende oorlog aan Sedekia aan te kondig, word ingespan om dié boodskap terug te stuur. Ons hoor nie van enige goedkeuring van Sedekia hiervoor nie.

Die boodskap is duidelik dat die mag van Nebukadnesar eerbiedig moet word, totdat sy dag vir vernietiging ook kom. Jeremia waarsku die nasies om nie te luister na profete, besweerders, droomuitlêers, towenaars en goëlaars wat ’n ander boodskap bring nie, omdat hulle boodskap vals sou wees. Die belofte is dat dié wat Nebukadnesar sal dien, sal die voorreg van verblyf in hulle eie land ontvang.

Jeremia 27:12-15 – Die simboliese juk op Jeremia se nek as boodskap aan Sedekia

Dieselfde boodskap van die Here is aan Sedekia gebring om homself aan Nebukadnesar oor te gee om só aan die lewe te bly. Hy moet nie luister na die boodskap van die valse profete nie. Ons lees nie van enige reaksie van Sedekia nie.

Jeremia 27:16-22 – Die boodskap aan die priesters en die volk om nie na die vals profete te luister nie

Jeremia wend hom ná die boodskap aan die koning na die priesters en die res van die volk om nie te luister na die valse profete nie wat ’n spoedige terugkeer uit Babel predik. Hulle lieg, sê Jeremia. Hy daag hulle uit om eerder van die Here te vra dat die tempel nie verder leeg gedra sal word nie, in weerwil van die woord wat die Here hom gegee het, dat dit alles wat oor is ook weggevoer sal word in ballingskap. Ná die bestemde tyd sal die Here dit egter weer laat terugkom.

Boodskap en betekenis

Jeremia 27 is ‘n kragtige boodskap in ‘n tyd van politieke, ekonomiese en godsdienstige krisisse. Onderwerping aan die mag van “veroweraars” is ‘n manier om God se oordeel te aanvaar en daardeur oorlewing te verseker. Jeremia 29 sal nog verder daarop uitbrei dat ‘n mens ook die voorspoed van die veroweraar moet najaag, want dit het ‘n positiewe invloed op jouself en jou mense.

Dit is ‘n beginsel wat Jesus in die Bergrede ook vir ons leer. Waar ons te na gekom word, klappe en uitbuiting moet verduur, kan ons kies om vriende van ons vyande te maak deur welwillendheid en vrygewigheid eerder as vergelding (Matt 5:38-48).

Dit beteken dat ons God radikaal moet vertrou dat Hy in beheer is, selfs in tye van chaos en onsekerheid. Sodat ons in die uitdagings op die uitkyk kan wees vir die geleenthede wat Hy wel gee vir optredes wat die situasie vir almal beter kan maak.

Tegelykertyd moet ons Jeremia se waarskuwing teen valse profete goed hoor. Valse profete is mense wat vals hoop gee met beloftes wat ons vertel wat ons wil hoor, eerder as om aan ons die waarheid te verkondig.

Om God se oordeel te aanvaar as ‘n manier om ons te dissiplineer, is die pad na verlossing en herstel. Ons het nodig om te leer dat ons selfs in moeilike omstandighede kan floreer en vooruitgang maak as ons ons situasie aanvaar en die beste daarvan maak, selfs wanneer ons omstandighede nie ideaal is nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.