Skip to main content

Handelinge 3

God genees en gee geloof in Jesus se Naam

Handelinge 3 beskryf hoe die vroeë kerk die bediening van Jesus voortgesit het deur wonderwerke en die verkondiging van die evangelie. In die eerste perikoop (3:1-10) vind ’n merkwaardige genesing plaas by die tempel, wat die apostels se bediening as ’n voortsetting van Jesus se werk bevestig. In die tweede perikoop (3:11-26) gebruik Petrus die geleentheid om die skare in die tempel toe te spreek en die evangelie van Jesus se opstanding en wederkoms aan hulle te verkondig.

Teks en konteks

Die genesing van die verlamde man – Handelinge 3:1-10

Dit is opmerklik dat die eerste fase van die dissipels se bediening steeds in die tempel plaasvind, dié tempel wat Jesus self “gereinig” het en in die laaste week van sy aardse bediening die mense geleer het (Luk 19-21). Die tempel is dan ook die plek waar die eerste wonder plaasvind in die bediening van die apostels.

Let op hoe die verlamde man vir Petrus en Johannes sien – die normale woord vir kyk eidoo – en hulle hom dan stip aankyk – ’n woord wat die betekenis van toegespitsde aandag oordra antenizoo (attentive). Hulle vra hom dan om na hulle te kyk – nog ’n Griekse woord blepoo wat ook die metaforiese betekenis kan dra om met begrip te kyk. Dit is wanneer hy só reageer, dws met verwagting, dat hulle hom die gawe van gesondheid in die Naam van Jesus gee.

Hierdie wonder het beteken dat hulle boodskap nou nie net deur die wonder van die Heilige Gees se uitstorting gerugsteun is nie, maar nou ook deur dieselfde wonders wat Jesus gedoen het. Binne dae het hulle bediening onder almal se aandag gekom, wat aan die een kant as teken gedien het dat Jesus se bediening voortgesit word deur die apostels in dieselfde krag waarmee Hy opgetree het. Maar aan die ander kant ook skerp teenstand van die godsdienstige leiers uitgelok het, iets wat natuurlik toenemend in Jesus se eie bediening gebeur het en tot sy dood gelei het, en wat hierna so fel sou toeneem dat daar ’n grootskaalse vervolging van die Christene sou uitbreek.

Petrus verkondig die evangelie in die tempel – Handelinge 3:11-26

Petrus gebruik weereens die reaksie op die wonder (soos met Pinksterdag) om die evangelie aan die skare mense wat in die tempel is, te verkondig.

Let op hoe hy sy boodskap opdeel:

  1. dat dieselfde Jesus wat hulle doodgemaak het, nou in sy opstandingskrag die genesing bewerk (3:11-16) en
  2. hierdie Jesus is lank alreeds deur die profete aangekondig, en wil steeds tot ’n seën wees selfs vir dié wat Hom gekruisig het (3:17-26).

Dit tref my hoe Petrus oor geloof praat (vers 16). Hy belig die twee kante daarvan:

  1. deur die geloof in sy Naam, het sy Naam genesing gebring – die geloof van Petrus in Jesus en die verwagting van die verlamde man vir wat Hy kan gee, het God tot aksie beweeg, en
  2. die geloof is ’n gawe van God – dws Petrus kan glo, en die man kan van God iets verwag, omdat Hy in die eerste plek vir hulle dit moontlik gemaak het om te kan glo. Geloof is ’n leë hand wat ons na God uitsteek om op te tree. Dit is ook ’n gawe wat Hy gee sodat ons van Hom kan vra. Albei kante van geloof is waar en nodig in sy koninkryk.

Dit tref my ook dat Petrus werk met ’n baie nabye verwagting van Jesus se wederkoms. As die Jode tot inkeer kom en hulle tot Hom wend, sal Hy hulle seën en weer terugkom na hulle toe.

Boodskap en betekenis

Handelinge 3 beklemtoon die voortsetting van Jesus se bediening deur sy dissipels, met die Heilige Gees as Bemagtiger. Die genesing van die verlamde man demonstreer dat geloof in die Naam van Jesus die sleutel tot herstel en hoop is. Die wonder bevestig nie net die boodskap van die apostels nie, maar skep ook ’n platform vir die verkondiging van die evangelie. Petrus wys op die vervulling van die Skrif in Jesus en roep op tot bekering, sodat almal die seën van God en die belofte van wederkoms kan ervaar. Hierdie gedeelte wys hoe geloof en gehoorsaamheid hand aan hand werk om God se krag in die wêreld te openbaar.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda