Skip to main content

Handelinge 3

God genees en gee geloof in Jesus se Naam

Handelinge 3 beskryf hoe die vroeë kerk die bediening van Jesus voortgesit het deur wonderwerke en die verkondiging van die evangelie. In die eerste perikoop (3:1-10) vind ’n merkwaardige genesing plaas by die tempel, wat die apostels se bediening as ’n voortsetting van Jesus se werk bevestig. In die tweede perikoop (3:11-26) gebruik Petrus die geleentheid om die skare in die tempel toe te spreek en die evangelie van Jesus se opstanding en wederkoms aan hulle te verkondig.

Teks en konteks

Die genesing van die verlamde man – Handelinge 3:1-10

Dit is opmerklik dat die eerste fase van die dissipels se bediening steeds in die tempel plaasvind, dié tempel wat Jesus self “gereinig” het en in die laaste week van sy aardse bediening die mense geleer het (Luk 19-21). Die tempel is dan ook die plek waar die eerste wonder plaasvind in die bediening van die apostels.

Let op hoe die verlamde man vir Petrus en Johannes sien – die normale woord vir kyk eidoo – en hulle hom dan stip aankyk – ’n woord wat die betekenis van toegespitsde aandag oordra antenizoo (attentive). Hulle vra hom dan om na hulle te kyk – nog ’n Griekse woord blepoo wat ook die metaforiese betekenis kan dra om met begrip te kyk. Dit is wanneer hy só reageer, dws met verwagting, dat hulle hom die gawe van gesondheid in die Naam van Jesus gee.

Hierdie wonder het beteken dat hulle boodskap nou nie net deur die wonder van die Heilige Gees se uitstorting gerugsteun is nie, maar nou ook deur dieselfde wonders wat Jesus gedoen het. Binne dae het hulle bediening onder almal se aandag gekom, wat aan die een kant as teken gedien het dat Jesus se bediening voortgesit word deur die apostels in dieselfde krag waarmee Hy opgetree het. Maar aan die ander kant ook skerp teenstand van die godsdienstige leiers uitgelok het, iets wat natuurlik toenemend in Jesus se eie bediening gebeur het en tot sy dood gelei het, en wat hierna so fel sou toeneem dat daar ’n grootskaalse vervolging van die Christene sou uitbreek.

Petrus verkondig die evangelie in die tempel – Handelinge 3:11-26

Petrus gebruik weereens die reaksie op die wonder (soos met Pinksterdag) om die evangelie aan die skare mense wat in die tempel is, te verkondig.

Let op hoe hy sy boodskap opdeel:

  1. dat dieselfde Jesus wat hulle doodgemaak het, nou in sy opstandingskrag die genesing bewerk (3:11-16) en
  2. hierdie Jesus is lank alreeds deur die profete aangekondig, en wil steeds tot ’n seën wees selfs vir dié wat Hom gekruisig het (3:17-26).

Dit tref my hoe Petrus oor geloof praat (vers 16). Hy belig die twee kante daarvan:

  1. deur die geloof in sy Naam, het sy Naam genesing gebring – die geloof van Petrus in Jesus en die verwagting van die verlamde man vir wat Hy kan gee, het God tot aksie beweeg, en
  2. die geloof is ’n gawe van God – dws Petrus kan glo, en die man kan van God iets verwag, omdat Hy in die eerste plek vir hulle dit moontlik gemaak het om te kan glo. Geloof is ’n leë hand wat ons na God uitsteek om op te tree. Dit is ook ’n gawe wat Hy gee sodat ons van Hom kan vra. Albei kante van geloof is waar en nodig in sy koninkryk.

Dit tref my ook dat Petrus werk met ’n baie nabye verwagting van Jesus se wederkoms. As die Jode tot inkeer kom en hulle tot Hom wend, sal Hy hulle seën en weer terugkom na hulle toe.

Boodskap en betekenis

Handelinge 3 beklemtoon die voortsetting van Jesus se bediening deur sy dissipels, met die Heilige Gees as Bemagtiger. Die genesing van die verlamde man demonstreer dat geloof in die Naam van Jesus die sleutel tot herstel en hoop is. Die wonder bevestig nie net die boodskap van die apostels nie, maar skep ook ’n platform vir die verkondiging van die evangelie. Petrus wys op die vervulling van die Skrif in Jesus en roep op tot bekering, sodat almal die seën van God en die belofte van wederkoms kan ervaar. Hierdie gedeelte wys hoe geloof en gehoorsaamheid hand aan hand werk om God se krag in die wêreld te openbaar.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.