Skip to main content

Genesis 46

Jakob trek Egipte toe en herenig met Josef

Teks en konteks

Die fokus in die verhaal van Josef skuif terug na sy pa, Jakob, en sal só bly tot aan die einde van die boek Genesis.

Met sy vertrek uit Kanaän bring Jakob ‘n offer aan God by Berseba, die eerste keer dat ons weer só ‘n spesifieke aktiwiteit van aanbidding van hom waarneem. Let op hoe dié offer baie spesifiek aan “die God van sy pa Isak” gebring word.

Die goeie nuus oor Josef het Jakob se vertroue in God weer laat opvlam, al was daar tye waarin die smart sy lewe só oorheers het, dat hy met minder oorgawe van sy geloof in God getuig het. Dit sien ‘n mens in die beskrywings van sy smart waarin dit lyk asof hy glad nie met die Here daaroor in gesprek getree het nie, maar net verslae gesit het in sy verdriet (Gen. 37). ‘n Mens sien dit in sy aanvanklike weiering om Benjamin saam te stuur: “Netnou gebeur daar iets met hom!” (Gen. 42). En ‘n mens sien dit in die gelatenheid waarmee hy die tweede keer ingee om Benjamin te stuur, en in sy gebed wel God, die Almagtige, aanroep om barmhartigheid vir sy kinders in Egipte, maar daarby half fatalisties voeg: “En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.” (Gen. 43).

Die Here roep daarom in ‘n visioen vir Jakob dié nag en bevestig dat Hy inderdaad die God van sy vader Isak is. En anders as wat die geval was met Abraham en Isak gee die Here vir Jakob verlof om na Egipte te trek. Dit is die plek waar die Here hulle nou ‘n groot nasie wil maak voordat Hy hulle almal weer na Kanaän, die beloofde land, sou laat terugkom.

Let op dat Jakob al hoe meer op sy naam Israel genoem word. Trouens, in vers 8 word sy nageslag die eerste keer in die Bybel “Israeliete” genoem, of soos dit in die grondteks verskyn: “kinders van Israel”. Die verwagting dat Israel ‘n groot nasie sal word, begin al hoe groter groei.

Waar Jakob se familiegeskiedenis in Genesis 37 net die naam van Josef bevat het, word hier nou al die name van Jakob se kinders en kleinkinders gegee. Let op hoe die skrywer beklemtoon dat dit al sy seuns en kleinseuns was, ook sy dogters en kleindogters. Die hele familie word saamgevat Egipte toe.

Saam met die familie van Josef in Egipte was hulle sewentig mense altesaam, ‘n simboliese getal van volkomendheid. Dit herinner ons ook daaraan dat dit oor die familie as geloofsgemeenskap gaan in Genesis en nie oor die individue nie, selfs al speel hulle individueel ook hoe groot ‘n rol in die behoud van daardie geloofsgemeenskap.

Juda speel duidelik ‘n al hoe groter leiersrol en fasiliteer die blye wedersiens met Josef in die land Gosen in die Nyl-delta. Jakob en Josef het mekaar omhels en: “lank so gestaan en huil.” Vir Jakob het dit sy lewe tot ‘n volmaakte afsluiting gebring. Sy wedloop is geloop. Die stryd is gestry. Hy kan in vrede saam met sy voorvaders begrawe word.

Josef reël dat dié streek hulle woonplek word, maar die skrywer vermeld wel die afkeur wat die Egiptenare aan kleinveeboere gehad het, ‘n stukkie onheilspellende nuus wat ‘n mens laat besef dat daar nog groot ontberings vir dié Godsvolk sou oorbly voor hulle uiteindelik rus sou kry met die Intog terug in die Beloofde Land jare later.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalms – reeksHi André, wonderlik om die terugvoer te kry. Seën vir julle.
  • Andre Pierre du Plessis on Psalms – reeksHi , my naam is Andre en ek wil net baie dankie se vir die Bybel Skool se inset en bydrae vir elke boek en gedeelte in die Bybel deur u aan ons beskikbaar gestel , en verdeidelik . Word elke oggend gebruik en waardeer wanneer ek boefe vat Amen . DANKIE BAIE !!!!!!!!!!!!!!!!!!
  • Chris van Wyk on Psalm 25:8-15Hi Dries, ek waardeer die terugvoer. Baie seën op jou bediening.
  • Dries Fourie on Psalm 25:8-15Amen: Dankie Ds Chris, ek lees met verwondering die Psalms en jou gedeeltes. Deur die Woord terug te bid dig ons God se woord aan Hom toe, wat ‘n wonderlike belewenis. Dankie vir jou getrouheid. God se seën bid ek oor jou. Groete Past Dries Fourie. Ek is van Elkana gemeenskapskerk in Witbank.
  • Chris van Wyk on Psalm 22:22b-31Dankie! Ek het proeflesers nodig!
  • optimistica231f5e58a on Psalm 22:22b-31En in eskatologiese taal word uitgesien na dié dag wat al wat sterling is, voor Hom sal buit, en mense uit elke nasie Hom weer sal dien (vers 28-32). 28/1/26 Psalms: Ek dink hier is 2 foute en moenie worry, as onderwyser doen ek dit baie. Al die getik en lees maak mens moeg. (buit = buig en sterling…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 19:1-7Ps 19. Aangrypende lied.
  • langjan on 1 Samuel 16Ja, amen!
  • Chris van Wyk on Psalm 13Daar is geen grens aan die sorg en voorsiening van die Here nie!
  • langjan on Psalm 13Ook oor die klein dingetjies - gisteroggend 7 Januarie 2026 gaan soek ek vergeefs by die mees waarskynlike winkels vir ‘n blik elektroniese kontakskoonmaker. En iets, my Stemmetjie, keer my om een in Game te gaan koop. Toe ek by die huis kom en iets anders op my rak gaan soek, sien ek daar staan die…
  • langjan on Psalm 10:14-18Amen!
  • Chris van Wyk on Jeremia 18:1-11 – God, die Pottebakker, is volkome in beheer van ons, die kleiVir seker.
  • Katriena on Jeremia 18:1-11 – God, die Pottebakker, is volkome in beheer van ons, die kleiDie Here is Groot Amen
  • Chris van Wyk on Psalm 8Hi Chris, die program wat ek gebruik om die e-posse te stuur het probleme vandag. Sommige kry die bydraes. Ander nie. Dit is wel op die webtuiste beskikbaar. Hoop dit werk môre weer. Jammer.
  • Chris van Zyl on Psalm 8Ekt nie die 2deJan "Bid die Psalms" per epos ontvang nie.