Skip to main content

Job 23

My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange

Hierdie derde antwoord van Job aan Elifas beslaan twee hoofstukke.  In hoofstuk 23 fokus hy op sy eie vrugtelose soeke na God en na geregtigheid in sy saak met God.  Ten spyte van die feit dat hy meer waarde heg aan God se woorde as aan sy eie begeertes (23:12), is hy bang vir God, omdat hy nie verstaan wat in sy lewe aangaan nie (23:15).

In hoofstuk 24 fokus hy op die onrusbarende feit dat die Almagtige nie optree teen die wydverspreide onreg van mense in die wêreld nie (24:1-17), al is dit só dat die dood tog ook ‘n streep trek vir onregverdiges (24:18-25).  Die probleem is net dat dit vir Job lyk asof dieselfde lot regverdiges en onregverdiges tref.  Dít maak net nie sin vir Job nie.  God se oënskynlike onverskilligheid teenoor vromes sowel as goddeloses bring groot verwarring vir hom.

My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange

Job is steeds opstandig en kan nie ophou kla nie.  Sy soeke na God blyk vrugteloos te wees.  As hy voor God sou kon verskyn, sou die Here sy opregtheid kon erken.  Die Here ken hom immers en ken nie net sy pad nie, maar weet dat Job Hom volg net waar Hy gaan.  Job verontagsaam doodgewoon geen bevel van die Here nie.

Hoor hoe mooi sê Job dit: “Ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.” (23:12).  Dit is só ‘n ongelooflike diep verbintenis wat ons in Job raaksien, iets wat almal van ons se lewens kan rig.

Maar nou is dit asof hy in al vier windrigtings soek na God en dit niks oplewer nie: “As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek na sy woonplek toe gaan en my saak voor Hom lê, my pleidooie aan Hom stel. Ek sou van Hom antwoord probeer kry, probeer verstaan wat Hy vir my wil sê.” (23:3-5).

Dit is asof hy hom vasloop in God se soewereiniteit, want Hy weet God het absolute mag om uit te voer wat Hy besluit: “Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen, wat sy planne met my ook al is.” (23:14).  Maar, waar dit vir hom rus moet bring in die vertroue dat God regverdig sal wees, maak dit hom vreesbevange, want hy kan God se optrede in sy lewe nie verstaan nie.  Die Almagtige vul hom met angs.

Job se krisis met sy vrugtelose soeke na God, die Almagtige, is iets wat die Here natuurlik uiteindelik self oplos deur uit ‘n stormwind met hom te begin praat en sy angs in aanbidding laat verander (Job 38-42).

Die wonder is dat dié spreke van God in die NT nie net iemand soos Job se deel geword het nie, maar elke gelowige wat sy fokus op die Here vestig.

  • Dit is in die eerste plek soos Jesus vir Filippus sê: “Wie My sien, sien die Vader.” (Joh. 14:9). In Christus Jesus het God naby aan ons gekom, kan ons na Hom luister, omdat Hy kies om in Christus met ons te praat.
  • Dit is in die tweede plek ook só dat die weg na God nou oop is, soos die Hebreërskrywer dit stel: “19… Ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, 20en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam.” (Hebr. 10:19-20). Ons kan dus met groot vrymoedigheid die Here nader en ‘n antwoord van Hom verwag en verkry.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda