Skip to main content

Genesis 39:1-20

Josef weerstaan Potifar se vrou om aan God en sy baas getrou te bly

Teks en konteks

Die verhaal van Josef en Potifar se vrou word waarskynlik in die eerste plek hier vertel om ‘n kontras met Juda se dreigende afvalligheid en uiteindelike losbandigheid te trek. Nog belangriker is egter in die tweede plek dat Josef se onkreukbare karakter bevestig word wat sy betroubaarheid in die uiteindelike hantering nie net van die wel en weë van mens en dier in Egipte in die vooruitsig stel nie, maar veral in die hantering van die boodskap wat hy van God af vir farao en die res van die mense moet bring.

Josef onderskei homself dus op uitnemende wyse in die vreemde, aanvanklik in die wyse waarop hy sy baas bly dien selfs in die uitdaging van slawerny. Hy bly in die huis van Potifar en is suksesvol in alles wat hy aanpak. Soveel só dat Potifar hom goedgesind is en aanstel oor al sy besittings. Dit het vir Potifar nog meer dividende opgelewer, want die Here het nou ook sy huis gesëen.

Die skrywer is egter baie duidelik daaroor dat sy sukses in die vreemde te danke was aan die feit dat die Here by Josef was en dat dit die rede was waarom dit so goed gegaan het met Josef en met Potifar. “Dit was oor Josef dat die Here dit gedoen het. Die seën van die Here het gerus op al Potifar se besittings, dié in sy huis en dié in die veld.” Dit word heel eerste as die rede vir Josef se sukses genoem.

Josef word dus geloof vir sy absolute getrouheid aan die Here wat hom inspireer tot kreatiewe en betroubare inisiatiewe in sy meester se huis. Potifar: “het alles aan Josef oorgelaat en hom aan niks gesteur nie, behalwe aan sy kos.

Josef bly aanvanklik selibaat, d.w.s ongetroud. Daarmee voorkom hy die gevaar van die verleiding van afgodery en sedeloosheid en kry hy dit reg om gehoorsaam te bly nie net aan die geloofsgemeenskap se sedelike norme nie, maar nog belangriker, aan die Here s’n. “U is sy (Potifar se) vrou. Hoe kan ek só ‘n verkeerde ding doen. Ek sal mos teen God sondig!” (Gen. 39:9).

Soos Willcox sê: “It is out of an appropriate intimacy with the Lord that Joseph is able to refuse an inappropriate intimacy with the woman.” (Living the Dream).

Let op dat Josef raaksien dat sedeloosheid nie net die twee partye betrokke betrek nie, maar altyd ook die Here wat raaksien wat in die slaapkamer gebeur. Wat ons in die slaapkamer doen, soos trouens op elke ander plek op hierdie Godgeskape aarde, gebeur altyd voor die: “oë van die Here.

Wat ons ook moet raaksien, is dat Josef op dié manier Potifar se regte beskerm deur sy vrou se onsedelike voorstelle: “dag vir dag” te weerstaan. Dit laat my dink aan Paulus in sy eerste brief aan die Tessalonissense wat die gemeente oproep om die huwelik heilig te hou en niemand in dié verband te bedrieg met seks buite die huwelik nie:

Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys. God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe. Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net ’n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het.” (1Tess. 4:3-8).

Tot op die dag dat Potifar se vrou nie meer nee vir ‘n antwoord van die aantreklike fris jongman wou aanvaar nie, en Josef moes vlug vir haar, al bring dit hom uiteindelik in die tronk, weens haar valse beskuldiging. Hy aanvaar die onreg daarvan, omdat hy aan die Here getrou wil bly en aan sy baas. Sy lewe getuig dus van ‘n volhardende selfdissipline, anders as Juda wat geval het vir afleiding buite die huwelik om, soos die vorige hoofstuk dit uitspel.

Die tronk sou egter net ‘n volgende fase van God se plan met Josef wees, soos ons in die volgende deel gaan lees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…