Skip to main content

Wedergeboorte en bekering

Ek het ‘n navraag gekry oor wedergeboorte en bekering: Wat is die wedergeboorte? Wat is die verskil tussen wedergeboorte en bekering? Hoe toets jy of ‘n persoon wedergebore is of nie?

Hier is ‘n kort antwoord daarop met talle Skrifverwysings vir nadenke.

Wedergeboorte

Die wedergeboorte vind plaas as die Heilige Gees geloof in jou hart werk deur die Woord van God (Joh 3:5-8; Rom 10:8-13; 1 Pet 1:22-25). Die wedergeboorte was jou skoon van jou sonde (Tit 3:4-7; 1 Joh 1:5-10) en gee jou die sekerheid van die ewige lewe (Joh 3:16; 3:36; 1 Joh 5:12). Daardeur weet jy dat jy ‘n kind van God is (Joh 1:12-13; Rom 8:14-17).

Wedergeboorte en bekering

Die wedergeboorte is volledig God se werk, terwyl die bekering beide God se werk en jou gehoorsaamheid behels. Bekering kom deur die prediking – God se werk – wat jou aanspoor om gehoorsaam te word aan God se wil – jou werk (Matt 3:22; 4:17; Mark 6:11; Luk 24:47; Hand 2:38; 3:19; 17:30; 2 Kor 4:16-18; 7:9-10; Fil 2:12-13; Openb 2:5, 16, 21; 3:3, 19).

Vrug van wedergeboorte

Wedergeboorte raak sigbaar deur die vrug wat gelowiges dra (Matt 13:1-9; Joh 15:1-8). Dit behels dat jy doelbewus gehoorsaamheid en heiligmaking najaag (Gal 5:16-26; Rom 6:19-23; 12:1-2; Ef 5:1-21; Fil 1:9-11; Kol 1:3-14; Hebr 12:12-15; Jak 3:13-18).

Geloof en twyfel

Julle geloof is baie kosbaarder as goud.

So sê Petrus aan die begin van sy brief aan die vreemdelinge versprei in Klein-Asië (1 Pet. 1:7). Hy praat hier van die “geloof tot die saligheid“, die geloof wat deur die wedergeboorte ‘n krag van God geword het in ons en ons laat vertrou op ‘n hiernamaals saam met God. Dit is ‘n erfenis wat God aan ons belowe wat onverganklik is, deur niks besmet kan word nie, en nooit soos ‘n blom sal verwelk nie.

Die egtheid van hierdie geloof word deur beproewinge getoets sodat dit al hoe suiwerder aan God kan vasgryp tot lof en eer aan Hom in hierdie lewe en die lewe wat kom.

Twyfel bedreig dié geloof, want dit kan jou koers laat verloor. Daarom moet ons as geloofsgemeenskap op mekaar ag slaan om deur ons bemoediging en aanmoediging die geloof lewend te hou.

Twyfel het met twee goed te make, met vrees en kleingelowigheid.

Continue reading

Die boek van die lewe

Daar is vier boeke wat in Openbaring belangrik is.
  1. Die BOEK met die sewe seëls wat Jesus neem uit die hand van sy Vader wat sy wil as verlossingsagenda vir die wêreld bevat (Openb. 5:1, 7).  Dit is iets wat God self uitvoer en waarin ons getuienis en volharding tekens van sy verlossende genade is.
  2. Die BOEKIE wat Johannes kry om die boodskap wat Hy moes bring, oor te dra (Openb. 10:2, 8-10).  Dit is iets wat hy met sy verkondiging uitvoer waarin hy ook vir ons ‘n voorbeeld van gehoorsaamheid aan God se opdragte is.
  3. Die BOEKE met die werke van alle mense op grond waarvan hulle geoordeel word (Openb. 20:12).  Dit geld almal van ons.
  4. Die BOEK VAN DIE LEWE waarin net die name van die gelowiges opgeskryf is reeds vóór die grondlegging van die wêreld (Openb. 3:5; 13:8; 17:8; 20:12, 15; 21:27).  Nie alle mense het daaraan deel nie.
Die belangrikheid van laasgenoemde twee – die boek met die werke en die boek van die lewe – kan nie oorskat word nie.  Veral die boek van die lewe speel ook ‘n rol in die res van die Bybel.
DIE VREUGDE EN VERLIES WAT IN DIE BOEK VAN DIE LEWE OPGESLUIT LÊ

Continue reading

Dordtse Leerreëls – ‘n Kort inleiding

http://www.credomag.com/2012/07/27/are-you-reformed-part-2/

In die Gereformeerde teologie speel die uitverkiesing ‘n belangrike rol.  Trouens, die Dordtse Leerreëls handel uitsluitlik daaroor en is een van die Drie Formuliere van Enigheid in kerke van Gereformeerde oorsprong, saam met die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus.  Dit is natuurlik benewens die drie ekumeniese geloofsbelydenisse wat regoor die wêreld gebruik word: Apostoliese Geloofsbelydenis (12 artikels), die Geloofsbelydenis van Nicea, en die Geloofsbelydenis van Athanatius.

Hier is ‘n kort verduideliking van die boodskap van die Dordtse Leerreëls oor die diep evangeliese vertroosting wat dit vir gelowiges bied.  Die vyf sekerhede wat die Dordtse Leerreëls bied, kan ook direk verbind word aan die vyf solas van die Reformasie (laai dit in pdf formaat af: Dordtse Leerreëls – ‘n kort inleiding).

Inhoudsopgawe

1 Die boodskap van die Dordtse Leerreëls
1.1 Totale Verdorwenheid (hfst. 3)
1.2 Onvoorwaardelike of Soewereine Uitverkiesing (hfst. 1)
1.3 Beperkte of Spesifieke Versoening (hfst. 2)
1.4 Onweerstaanbare of Effektiewe Genade (hfst. 4: oor die bekering tot God)
1.5 Volharding of Bewaring van die Heiliges (hfst. 5)
1.6 Vyf sekerhede en vyf solas
2 Oor die mense en bewegings wat in die Dordtse Leerreëls genoem word
2.1 Stoïsyne
2.2 Manicheïsme
2.3 Arius
2.4 Pelagius
2.5 Libertyne
2.6 Socinianisme
2.7 Moslems

Continue reading

Wat beteken dit om te glo in die NT?

Daar is verskillende Griekse woorde wat gebruik word om geloof te beskryf in die NT.  Die volgende vyf gebruike van hierdie woorde kan onderskei word:

  1. VERTROUE: Die woord πίστις (pistis) word in die NT gebruik om die vertroue (believing or trusting) in of op die verlossing van Jesus Christus aan te dui (Gal. 2:20; 3:6).  Hierdie geloofsvertroue is iets wat die Gees in ons wek (2 Kor. 4:13), en tegelykertyd ook die middel waardeur ons die Gees ontvang (Gal. 3:14).  πίστις  is dus ‘n beskrywing van reddende geloof (Rom. 1:8; Ef. 2:8).  Dit is ook hoe die werkwoord πιστεύω (pisteuō) gebruik word om die aksie van geloof en vertroue uit te druk (Luk. 1:20; Matt. 18:6; Hand. 4:32; Rom. 1:16-17; 3:2; 4:3; 1 Kor. 11:18; Jak. 2:19; 1 Pet. 2:6).  Die werkwoord πιστόομαι (pistoomai) wat in die sin van “om te begin glo” of “tot geloof kom” gebruik word, kan ook hierby ingereken word (2 Tim. 3:14).  Dit is dan ook die wyse waarop die Hebreërskrywer oor geloof skrywe: “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebr. 11:1).
  2. TOEWYDING: Die woord πίστις word ook gebruik om die toewyding (commitment) aan die verlossing van Jesus Christus aan te dui wat deur die liefde tot dade oorgaan (Gal. 5:6).  πίστις  is dus ‘n beskrywing van jou belofte van en lojaliteit aan die Here Jesus Christus (1 Tim. 5:12).
  3. GETROUHEID: Die woord πίστις word verder ook gebruik om die getrouheid (faithfulness) aan die verlossing van Jesus Christus aan te dui wat die Gees in ons binnekant bewerk as deel van die etiese vrug van die Gees (Gal. 5:22).  Dit is immers ook ‘n eienskap van God dat Hy πίστις is in dié sin, d.w.s. betroubaar en getrou (Rom. 3:3; 1 Kor. 1:9; 10:13; 2 Kor. 1:18; 1 Tess 5:24; 2 Tess. 3:3).
  4. GELOOFSLEER: Die woord πίστις dui ook die geloofsleer of Christelike dogma aan (Gal. 1:23), d.w.s die inhoud van die geloof (vgl. 1 Kor. 15:14).
  5. BETROUBAAR: Die woord πίστις word ook as ‘n beskrywing gebruik van die geloof wat betroubaar of seker is (Hand. 17:31). Daar is ook die verwante selfstandige naamwoord πιστός (pistos) wat ook in die sin van betroubaarheid of sekerheid gebruik word (Hand. 13:34).  In dieselfde sin is daar ook die selfstandige naamwoord πιστικός (pistikos) wat in die sin van suiwerheid gebruik word (parfuum in Joh. 12:3), maar dit word net volledigheidshalwe genoem.

Continue reading

Onlangse kommentaar