Skip to main content

Wedergeboorte en bekering

Ek het ‘n navraag gekry oor wedergeboorte en bekering: Wat is die wedergeboorte? Wat is die verskil tussen wedergeboorte en bekering? Hoe toets jy of ‘n persoon wedergebore is of nie?

Hier is ‘n kort antwoord daarop met talle Skrifverwysings vir nadenke.

Wedergeboorte

Die wedergeboorte vind plaas as die Heilige Gees geloof in jou hart werk deur die Woord van God (Joh 3:5-8; Rom 10:8-13; 1 Pet 1:22-25). Die wedergeboorte was jou skoon van jou sonde (Tit 3:4-7; 1 Joh 1:5-10) en gee jou die sekerheid van die ewige lewe (Joh 3:16; 3:36; 1 Joh 5:12). Daardeur weet jy dat jy ‘n kind van God is (Joh 1:12-13; Rom 8:14-17).

Wedergeboorte en bekering

Die wedergeboorte is volledig God se werk, terwyl die bekering beide God se werk en jou gehoorsaamheid behels. Bekering kom deur die prediking – God se werk – wat jou aanspoor om gehoorsaam te word aan God se wil – jou werk (Matt 3:22; 4:17; Mark 6:11; Luk 24:47; Hand 2:38; 3:19; 17:30; 2 Kor 4:16-18; 7:9-10; Fil 2:12-13; Openb 2:5, 16, 21; 3:3, 19).

Vrug van wedergeboorte

Wedergeboorte raak sigbaar deur die vrug wat gelowiges dra (Matt 13:1-9; Joh 15:1-8). Dit behels dat jy doelbewus gehoorsaamheid en heiligmaking najaag (Gal 5:16-26; Rom 6:19-23; 12:1-2; Ef 5:1-21; Fil 1:9-11; Kol 1:3-14; Hebr 12:12-15; Jak 3:13-18).

Geloof en twyfel

Julle geloof is baie kosbaarder as goud.

So sê Petrus aan die begin van sy brief aan die vreemdelinge versprei in Klein-Asië (1 Pet. 1:7). Hy praat hier van die “geloof tot die saligheid“, die geloof wat deur die wedergeboorte ‘n krag van God geword het in ons en ons laat vertrou op ‘n hiernamaals saam met God. Dit is ‘n erfenis wat God aan ons belowe wat onverganklik is, deur niks besmet kan word nie, en nooit soos ‘n blom sal verwelk nie.

Die egtheid van hierdie geloof word deur beproewinge getoets sodat dit al hoe suiwerder aan God kan vasgryp tot lof en eer aan Hom in hierdie lewe en die lewe wat kom.

Twyfel bedreig dié geloof, want dit kan jou koers laat verloor. Daarom moet ons as geloofsgemeenskap op mekaar ag slaan om deur ons bemoediging en aanmoediging die geloof lewend te hou.

Twyfel het met twee goed te make, met vrees en kleingelowigheid.

Continue reading

Die boek van die lewe

Daar is vier boeke wat in Openbaring belangrik is.
  1. Die BOEK met die sewe seëls wat Jesus neem uit die hand van sy Vader wat sy wil as verlossingsagenda vir die wêreld bevat (Openb. 5:1, 7).  Dit is iets wat God self uitvoer en waarin ons getuienis en volharding tekens van sy verlossende genade is.
  2. Die BOEKIE wat Johannes kry om die boodskap wat Hy moes bring, oor te dra (Openb. 10:2, 8-10).  Dit is iets wat hy met sy verkondiging uitvoer waarin hy ook vir ons ‘n voorbeeld van gehoorsaamheid aan God se opdragte is.
  3. Die BOEKE met die werke van alle mense op grond waarvan hulle geoordeel word (Openb. 20:12).  Dit geld almal van ons.
  4. Die BOEK VAN DIE LEWE waarin net die name van die gelowiges opgeskryf is reeds vóór die grondlegging van die wêreld (Openb. 3:5; 13:8; 17:8; 20:12, 15; 21:27).  Nie alle mense het daaraan deel nie.
Die belangrikheid van laasgenoemde twee – die boek met die werke en die boek van die lewe – kan nie oorskat word nie.  Veral die boek van die lewe speel ook ‘n rol in die res van die Bybel.
DIE VREUGDE EN VERLIES WAT IN DIE BOEK VAN DIE LEWE OPGESLUIT LÊ

Continue reading

Dordtse Leerreëls – ‘n Kort inleiding

http://www.credomag.com/2012/07/27/are-you-reformed-part-2/

In die Gereformeerde teologie speel die uitverkiesing ‘n belangrike rol.  Trouens, die Dordtse Leerreëls handel uitsluitlik daaroor en is een van die Drie Formuliere van Enigheid in kerke van Gereformeerde oorsprong, saam met die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus.  Dit is natuurlik benewens die drie ekumeniese geloofsbelydenisse wat regoor die wêreld gebruik word: Apostoliese Geloofsbelydenis (12 artikels), die Geloofsbelydenis van Nicea, en die Geloofsbelydenis van Athanatius.

Hier is ‘n kort verduideliking van die boodskap van die Dordtse Leerreëls oor die diep evangeliese vertroosting wat dit vir gelowiges bied.  Die vyf sekerhede wat die Dordtse Leerreëls bied, kan ook direk verbind word aan die vyf solas van die Reformasie (laai dit in pdf formaat af: Dordtse Leerreëls – ‘n kort inleiding).

Inhoudsopgawe

1 Die boodskap van die Dordtse Leerreëls
1.1 Totale Verdorwenheid (hfst. 3)
1.2 Onvoorwaardelike of Soewereine Uitverkiesing (hfst. 1)
1.3 Beperkte of Spesifieke Versoening (hfst. 2)
1.4 Onweerstaanbare of Effektiewe Genade (hfst. 4: oor die bekering tot God)
1.5 Volharding of Bewaring van die Heiliges (hfst. 5)
1.6 Vyf sekerhede en vyf solas
2 Oor die mense en bewegings wat in die Dordtse Leerreëls genoem word
2.1 Stoïsyne
2.2 Manicheïsme
2.3 Arius
2.4 Pelagius
2.5 Libertyne
2.6 Socinianisme
2.7 Moslems

Continue reading

Wat beteken dit om te glo in die NT?

Daar is verskillende Griekse woorde wat gebruik word om geloof te beskryf in die NT.  Die volgende vyf gebruike van hierdie woorde kan onderskei word:

  1. VERTROUE: Die woord πίστις (pistis) word in die NT gebruik om die vertroue (believing or trusting) in of op die verlossing van Jesus Christus aan te dui (Gal. 2:20; 3:6).  Hierdie geloofsvertroue is iets wat die Gees in ons wek (2 Kor. 4:13), en tegelykertyd ook die middel waardeur ons die Gees ontvang (Gal. 3:14).  πίστις  is dus ‘n beskrywing van reddende geloof (Rom. 1:8; Ef. 2:8).  Dit is ook hoe die werkwoord πιστεύω (pisteuō) gebruik word om die aksie van geloof en vertroue uit te druk (Luk. 1:20; Matt. 18:6; Hand. 4:32; Rom. 1:16-17; 3:2; 4:3; 1 Kor. 11:18; Jak. 2:19; 1 Pet. 2:6).  Die werkwoord πιστόομαι (pistoomai) wat in die sin van “om te begin glo” of “tot geloof kom” gebruik word, kan ook hierby ingereken word (2 Tim. 3:14).  Dit is dan ook die wyse waarop die Hebreërskrywer oor geloof skrywe: “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebr. 11:1).
  2. TOEWYDING: Die woord πίστις word ook gebruik om die toewyding (commitment) aan die verlossing van Jesus Christus aan te dui wat deur die liefde tot dade oorgaan (Gal. 5:6).  πίστις  is dus ‘n beskrywing van jou belofte van en lojaliteit aan die Here Jesus Christus (1 Tim. 5:12).
  3. GETROUHEID: Die woord πίστις word verder ook gebruik om die getrouheid (faithfulness) aan die verlossing van Jesus Christus aan te dui wat die Gees in ons binnekant bewerk as deel van die etiese vrug van die Gees (Gal. 5:22).  Dit is immers ook ‘n eienskap van God dat Hy πίστις is in dié sin, d.w.s. betroubaar en getrou (Rom. 3:3; 1 Kor. 1:9; 10:13; 2 Kor. 1:18; 1 Tess 5:24; 2 Tess. 3:3).
  4. GELOOFSLEER: Die woord πίστις dui ook die geloofsleer of Christelike dogma aan (Gal. 1:23), d.w.s die inhoud van die geloof (vgl. 1 Kor. 15:14).
  5. BETROUBAAR: Die woord πίστις word ook as ‘n beskrywing gebruik van die geloof wat betroubaar of seker is (Hand. 17:31). Daar is ook die verwante selfstandige naamwoord πιστός (pistos) wat ook in die sin van betroubaarheid of sekerheid gebruik word (Hand. 13:34).  In dieselfde sin is daar ook die selfstandige naamwoord πιστικός (pistikos) wat in die sin van suiwerheid gebruik word (parfuum in Joh. 12:3), maar dit word net volledigheidshalwe genoem.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda