Skip to main content

Handelinge 8

Saulus vervolg die kerk, maar Filippus versprei die boodskap

Ons lees vandag die verhaal van Saulus wat soos ’n besetene die vervolging teen die Christene aanpak en hulle in die gevangenis laat gooi, en in kontras dié van Filippus, die “diaken”, wat juis besetenes verlos van hulle gevangenskap en groot blydskap bring in Judea en Samaria en op die koop toe die eerste word wat die evangelie na Afrika bring.

Teks en konteks

Vervolging laat die evangelie versprei – Handelinge 8:1-3

Die godvresendes (vromes, godsdienstiges) waarvan Lukas hier praat was waarskynlik Jode wat simpatiek was met die lot van Stefanus en die Christene. Dieselfde woord word gebruik om Simeon te beskryf by Jesus se geboorte (Luk 2:25) sowel as vir die Jode wat op Pinksterdag na Petrus geluister het (Hand 2:5). Daar is ook ’n oorlewering dat Gamaliël, net soos Josef van Arimatea met Jesus gedoen het, vir Stefanus in sy eie graf laat begrawe het (de Villiers), hoewel dit nie met historiese sekerheid gesê kan word nie.

Saulus se intense vervolging lei tot die verspreiding van gelowiges en die evangelie. God gebruik dus die pynlike omstandighede om Sy planne te vervul. Die Joodse godvresendes toon simpatie met Stefanus en die vroeë kerk, maar die vervolging dryf gelowiges om getuies van die evangelie te word in nuwe gebiede.

Filippus bring blydskap na Samaria – Handelinge 8:4-25

Die groot wonder wat met die vervolging gebeur, is dus dat die evangelie juis daardeur versprei. Dit leer ons dat in alles wat gebeur God aan die werk is en dat ons nie op die oppervlak moet reageer nie, maar dieper moet kyk na wat God doen en daaroor opgewonde word (eerder as ontsteld oor die pyn van die vervolging).

Let ook op dat wonders, tekens en kragte steeds die bediening van die eerste gelowiges begelei, soos ons nou in die bediening van Filippus sien. Die werklikheid van God en wat Hy vir mense kan beteken versprei nou oral waar die gelowiges verstrooi word deur die vervolging. Dit is ook opmerklik dat die wonders mense se aandag vang vir die prediking, maar dat dit Christus is wat die blywende blydskap bring. Wonders op sy eie beweeg mense normaalweg nie tot standhoudende geloof nie.

Interessant is dat die apostels geroep word om die seël op die werk in Samaria te plaas, deur vir hulle te bid, en die hande op te lê, sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang, en Samaria ingesluit kan word in die Pinksterdag gebeure.

Die skerp afwysende reaksie op Simon, wat uit ‘n towenaar agtergrond gekom het, en sy eie “toorkuns” wou aanvul met die vermoë om vir mense te bid, wys egter ook duidelik dat die apostels geen magiese kragte het nie, en ook enige persepsies dat hulle so ‘n mag sou hê in die kiem wil smoor. Hulle tree in dieselfde krag op as Jesus, en dit is Sy krag wat ook nou ten toon gestel word.

Filippus bring die evangelie na Afrika – Handelinge 8:26-40

Die verhaal van Filippus en die Etiopiër is belangrik om verskeie redes:

  • Dit gee ons ‘n prentjie van hoe God, spesifiek Jesus en die Gees, aktief is onder ons. Jesus, die Here, gee deur ‘n boodskapper, die engel, leiding. In die OT was dié engel van die Here een van die maniere waarop Sy teenwoordigheid op aarde ervaar is (dink aan Abraham en die drie besoekers in Gen 18). God doen dit ook deur die Gees wat opdragte gee. Die Gees neem selfs vir Filippus fisies na ‘n ander plek aan die einde van hierdie verhaal.
  • Dit wys hoe belangrik begrip van die Bybelse verhale vir geloof is. Dit illustreer ook die belangrikheid van indringende gesprek oor geloof. Gesprek is die belangrikste manier waarop geloof versprei.
  • Dit wys ook hoe belangrik geloof is. Dit is ook waarom die doop onmiddellik bedien is. Net geloof, gebaseer op die Skrif, sowel as op die bereidheid om die gawe van die versoeningsdood van Christus te aanvaar (Jes 53:7-8), is nodig. Sommige manuskripte voeg dan ook by as die Etiopiër vra wat verhinder dat hy gedoop word: “Niks nie – as jy met jou hele hart glo.” Waarop die Etiopiër antwoord: “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.”
  • Dit onderstreep God se liefde vir Afrika. Dit is heerlik om te sien dat die evangelie na Afrika toe uitbrei, voordat dit verder die Midde-Ooste en Europa bereik. Dit maak my baie trots as 21ste eeuse gelowige van en uit Afrika.

Boodskap en betekenis

Handelinge 8 wys hoe God Sy evangelie deur vervolging, wonders, en gehoorsame getuienis laat versprei. Dit illustreer dat niemand of niks God se plan kan stuit nie, en dat die boodskap van Jesus bedoel is vir alle mense, oor elke geografiese en kulturele grens heen. Deur die krag van die Gees werk God deur sy mense om blydskap, heling, en nuwe lewe te bring – van Samaria tot Afrika.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda