Ester
Ester wys jou hoe jy in ‘n verraderlike wêreld met ‘n wispelturige koning, nie net self aan die lewe kan bly nie, maar ook die veiligheid van jou mense in die vreemde kan bewerk. Al wy Ester nie oor God as sodanig uit nie, sien ’n mens oral Sy teenwoordigheid in Sy voorsienings.
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Inleiding op die boek Ester - July 31, 2013
- Ester 1-2:18 – Ester beïndruk almal om haar en vestig haarself as nuwe koningin
- Ester 2:19-5:14 – Mordegai en Ester tree met groot wysheid en oorleg op in die gevaar wat Haman vir die Joodse volk inhou - August 1, 2013
- Ester 6-7 – Die koning se slaaploosheid is die draaipunt in die verhaal - August 2, 2013
- Ester 8 – Die Jode kry die reg om hulle teen etniese suiwering te verdedig - August 5, 2013
- Ester 9-10 – God red die Jode deur die leierskap van Mordegai en Ester - August 6, 2013
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester - September 16, 2018
- Ester – Met die oog op ‘n tyd soos hierdie - September 24, 2018
Chere
Kan U dit op mail stuur asb
Chris van Wyk
Hi Chere, jy kan dit aan die onderkant van elke bydrae self na e-pos toe stuur. Daar is verskeie opsies: