Gary Habermas en Michael Licona het ‘n indringende en omvattende ondersoek geloods na die werklikheid van die opstanding van die Here Jesus Christus. Dit is waarskynlik een van die beste stukke navorsing daaroor wat beskikbaar is, ten minste waarvan ek weet. Dit is die boek om te lees as jy antwoorde soek op jou vrae, en antwoorde wil gee aan mense wat die opstanding bevraagteken.
Ek sluit graag daarby aan en maak aan die hand van hulle boek die volgende drie opmerkings waarin my eie geloof in die opgestane Jesus ook na vore kom.
Die geloofwaardigheid van die getuienis oor die opstanding
Keith gebruik sy ervaring as advokaat en regter om die getuienis vir die opstanding van die Here Jesus Christus te ontleed op dieselfde wyse as wat hy dit in ’n gewone hofsitting sou doen. Dit doen hy met volle inagneming van die belangrikheid om nie tevrede te wees met die oppervlakkige en oënskynlike interpretasies van feite nie, maar ook nie om sonder meer te swig voor die versoeking van die tydgees van skeptisisme nie.
Hy fokus op die opstanding van die Here Jesus Christus uit die hoek van die geloofwaardigheid van die getuienis waarin ’n mens altyd ook die moontlikheid moet verreken dat jy verkeerd kan wees. Daarom is die bevestiging van die waarheid van die getuienis van die opstanding vir hom wesenlik, iets wat hy mense soos Richard Dawkins, bv. in The God Delusion, verkwalik, dat hulle geen poging aanwend om die waarheid van die NT getuienis te ondersoek nie, maar dit net sonder meer verwerp.
Oor Richard Dawkins sê hy die volgende: “he fails to address the obvious question: even if earlier religions believed in a resurrection, of what evidential value is this when assessing the evidence of the alleged resurrection of Jesus? In a court of law such evidence would be inadmissible for lack of relevance.” (p. 29).
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar