Skip to main content

Die werklikheid van die opstanding van Jesus Christus

Gary Habermas en Michael Licona het ‘n indringende en omvattende ondersoek geloods na die werklikheid van die opstanding van die Here Jesus Christus. Dit is waarskynlik een van die beste stukke navorsing daaroor wat beskikbaar is, ten minste waarvan ek weet.  Dit is die boek om te lees as jy antwoorde soek op jou vrae, en antwoorde wil gee aan mense wat die opstanding bevraagteken.

Ek sluit graag daarby aan en maak aan die hand van hulle boek die volgende drie opmerkings waarin my eie geloof in die opgestane Jesus ook na vore kom.

Continue reading

Die geloofwaardigheid van die getuienis oor die opstanding van die Here Jesus Christus

Matthee, Keith 2010 The Resurrection – a lawyer’s view.  Methodist Publishing House: Cape Town.
Laai The Resurrection – a Lawyer’s view hier af (pdf – 500 KB)

Die geloofwaardigheid van die getuienis oor die opstanding

Keith gebruik sy ervaring as advokaat en regter om die getuienis vir die opstanding van die Here Jesus Christus te ontleed op dieselfde wyse as wat hy dit in ’n gewone hofsitting sou doen.  Dit doen hy met volle inagneming van die belangrikheid om nie tevrede te wees met die oppervlakkige en oënskynlike interpretasies van feite nie, maar ook nie om sonder meer te swig voor die versoeking van die tydgees van skeptisisme nie.

Hy fokus op die opstanding van die Here Jesus Christus uit die hoek van die geloofwaardigheid van die getuienis waarin ’n mens altyd ook die moontlikheid moet verreken dat jy verkeerd kan wees.  Daarom is die bevestiging van die waarheid van die getuienis van die opstanding vir hom wesenlik, iets wat hy mense soos Richard Dawkins, bv. in The God Delusion, verkwalik, dat hulle geen poging aanwend om die waarheid van die NT getuienis te ondersoek nie, maar dit net sonder meer verwerp.

Oor Richard Dawkins sê hy die volgende: “he fails to address the obvious question: even if earlier religions believed in a resurrection, of what evidential value is this when assessing the evidence of the alleged resurrection of Jesus?  In a court of law such evidence would be inadmissible for lack of relevance.” (p. 29).

Continue reading

Onlangse kommentaar