Skip to main content

Hooglied 3:6-11

Die huwelik is ryk aan betekenis

Die gedig se indeling is voor die hand liggend die vrou se gedagtes, behalwe dat ‘n mens nie maklik uit die vertaling agterkom dat sy in vers 6 die subjek is nie, en die man in vers 7. Die woordjie Wie in vers 6 dui op die vrou in die oorspronklike.

Die Sulammitiese vrou droom nou van haar troudag en die vervulling van hul liefde met die huweliksluiting.

Die metafore wat sy gebruik om die dag te beskryf, is ryk aan betekenis:

  1. Met die verwysing na mirre, wierook en lekkerruik-kruie stel die vrou haar die huwelik voor as ‘n godsdienstige seremonie soos by dié van die tempel. Dit is almal “goddelike” geure. Dit beskryf die wyse waarop die bruid haarself wil aanbied vir haar bruidegom. Die woord wat vir rookwolk gebruik word, kan ook met die wolkkolom in die woestyntyd verbind word (Eks 13:22), wat eweneens ‘n goddelike betekenis aan die huwelikseremonie verleen – Hooglied 3:6;
  2. Die verwysing na die optog begelei deur soldate, laat ‘n mens dink aan die huwelik as ‘n koninklike seremonie soos by ‘n huwelik van Salomo. Hierdie huwelik het egter ‘n groter waarde, wat afgelei kan word uit die getal sestig, twee keer meer as Dawid se dertigtal helde (2 Sam 23:18-19). Die beskrywing verleen dus ‘n koninklike betekenis aan die huwelik en die bruidspaar se verbintenis – Hooglied 3:7-8;
  3. Die noukeurige beskrywing van die drastoel dui op die weelderige beplanning van en vir die huwelik. Die drastoel was waarskynlik ook bedoel as die huweliksbed, vandaar die funksie van die soldate om dit te beskerm van die “nag se gevare” (wat moontlik kan dui op ‘n simboliese of seremoniële verdrywing van die demone wat die huwelik kon bedreig). Die beskrywing verleen dus ‘n beskermde betekenis aan die huwelik. Alles moet in die stryd gewerp word om die vreugde van die huwelik te beskerm en bewaar van gevare van buite – Hooglied 3:9-10;
  4. Dat die vroue van Sion na die bruidegom moet kom kyk op sy huweliksdag, beteken waarskynlik dat hulle daarmee die boodskap kry dat hy afgesonder is vir sy bruid en nie meer vir hulle of ander beskikbaar sou wees nie. Dit verleen ‘n eksklusiewe betekenis aan die huwelik – Hooglied 3:11;
  5. Dit alles vind plaas onder die moeder van die bruidegom se wakende, maar darem ook goedkeurende oog. Dit versterk die uitgebreide familie betekenis van die huwelik. Die uitgebreide familie het ‘n beduidende impak op die huwelik (dit is natuurlik wedersyds) en ‘n mens moet daarmee rekening hou – Hooglied 3:11.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda