Skip to main content

Eksodus 26

Jy moet die tabernakel oprig presies volgens my plan

Teks en konteks

Die instruksies vir die tabernakel waarbinne die ark, die tafel en die kandelaar gehuisves moes word, kom volgende aan die beurt. Die uitvoering daarvan word in Eks. 36:8-38 vertel. Dit is opmerklik hoe elke element in die fynste detail voorgeskryf word. Moses moet die tabernakel beplan en oprig presies volgens die plan wat op die berg vir hom gewys is. Op geen manier mag hy daarvan afgewyk het. Die werklikheid van God in die hemel bepaal dus die werklikheid van God hier op aarde, waarin ons Hom nougeset en lojaal moet navolg. Selfs ons gebede dra daardie karakter, soos ons in die Ons Vader bid dat God se wil sal geskied in die hemel net so ook op die aarde (Matt. 6:10).

Die tabernakel is bedek met twee tentdoeke sowel as twee verdere bedekkings wat bo-oor dit getrek is, vier bedekkings in totaal. Dit het ‘n area van min of meer 75 m2 beslaan. Op dié manier is die Allerheiligste deel (‘n derde van die hele oppervlakte) waar die ark van die verbond gestaan het, sowel as die Heiligste deel (twee derdes van die hele oppervlakte) waar die tafel vir die offerbrood en die kandelaar sowel as die wierookaltaar reg voor die ingang na die Allerheiligste geplaas is, volledig bedek en beskerm (vgl. Eks. 40:1-8 waar hierdie plasing beskryf word). Die twee gedeeltes is ook deur ‘n Voorhangsel geskei wat van dieselfde materiaal van linne en wol as die binneste tentdoek gemaak is.

Die tentdoeke en bedekkings het ‘n geestelike betekenis gehad wat die volk aan sleutel elemente van hulle verhouding met die Here moes herinner (Kaiser):

  • Die binneste tentdoek van fyn geweefde linne (dubbeldraadlinne) en pers, purperrooi, en karmosynrooi wol stel die geregtigheid van God voor wat deur die geborduurde gerubs beskerm word.
  • Die tweede tentdoek van bokhaar was ‘n herinnering aan die sonde waarvoor versoening deur die daaglikse sondoffer van ‘n bok gedoen is.
  • Die binneste bedekking van rooi gekleurde ramsvelle wat ‘n herinnering aan die bloed van die versoening deur offerkultus en die priesterlike bediening.
  • Die buitenste bedekking van gebreide velle (dolfyn – of tornyn velle) stel die skeiding tussen God en die wêreld

Daar is ook twee bewegings wat ‘n mens hier in die tentdoeke en die bedekkings kan raaksien.

  • Van God se kant binne die Allerheiligste gesien, is die tabernakel sy aardse woonplek waar Hy sy teenwoordigheid op ‘n besondere manier bekend gemaak het. Daarom is die priesters wat dit van binnekant af raakgesien het, deur die veelkleurige tentdoek herinner aan God se geregtigheid wat in stryd is met die sonde (voorgestel deur die tentdoek van bokhaar) waarvoor versoening deur bloed gemaak moet word (voorgestel deur die rooi ramsvelle) en ‘n skeiding tussen God se mense en die wêreld tot stand gebring het (voorgestel deur die buitenste bedekking van gebreide velle). Daarom moes die priesters ook heilig lewe as ‘n uitdrukking van die impak van God op hulle eie lewe.
  • Van die Godsvolk se kant van buite af gesien, het die buitenste bedekking van gebreide velle hulle herinner aan die fundamentele skeiding tussen God en die wêreld, sodat hulle die sin kon insien van versoening deur bloed (voorgestel deur die rooi ramsvelle) om die sondeskuld wat skeiding bring tussen hulle en God te verwyder (voorgestel deur die tentdoek van bokhaar) om te deel in God se geregtigheid (voorgestel deur die veelkleurige tentdoek van linne en wol). Dit is waarom hulle ook nie klere moes dra saamgestel uit linne en wol nie, want dít was die simbool van God se geregtigheid, soos Lev. 19:19 dit aandui asook Deut. 22:11, en nie geskik vir alledaagse gebruik nie: “Jy mag nie ’n kledingstuk dra wat van twee soorte materiaal, wol en linne, gemaak is nie.

Die res van die instruksies vir die bouwerk van die tabernakel wat die Voorhof insluit waar die volk hulle offers kon bring, word gegee waarin die mobiele karakter van die tabernakel duidelik voorop gestel word. Alles moet uitmekaar gehaal kon word, om maklik vervoer te kan word. Dit dra die betekenis van die fundamentele dinamiek van God se teenwoordigheid. Hy is wel op ‘n besondere manier teenwoordig in die tabernakel, maar word nie daardeur vasgevang nie. Soos Hy sy volk op die pad begelei na die beloofde land, bly Hy in sy teenwoordigheid ook met hulle “op pad”.

Trouens, reeds in die res van die Pentateug word God se doel duidelik dat Hy wat die Skepper van hemel en aarde is, soos die Tien Gebooie reeds gekonstateer het, sal sorg dat sy teenwoordigheid die hele aarde sal volmaak, selfs al sou dit inhou dat dié wat Hom teenstaan dié wonderlike werklikheid nie sal aanskou nie: “So seker as Ek leef (sal) … die hele aarde vol … word van my magtige teenwoordigheid.” (Num. 14:21).

Soos Habakuk eeue later sou uitroep: “Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.” (Hab. 2:14). En Paulus verbind dit uiteindelik aan die teenwoordigheid van die opgestane Here Jesus selfs in die hele kosmos: “Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met sy teenwoordigheid te vul.” (Ef. 4:10).

Dit is die logiese uiteinde van die impak wat die tabernakel as die eerste getuienis van die teenwoordigheid van die Here onder sy volk sou inhou vir die heelal. Daarom kan ‘n mens die betekenis van hierdie eerste teken van God se teenwoordigheid onder sy mense nie oorskat nie. Dit is die eerste teken van God wat sy wêreld vir homself begin terugneem deur Hom nie net te verbind aan hulle in ‘n verbondsverhouding nie, maar hulle saam met Hom op pad te neem na die beloofde land en uiteindelik na die hele wêreld. Dit sal in die lewe hierna die kosmos insluit.

Die tabernakel sou ook ‘n inspirasie word vir die derde fees van die Jode, wat aanvanklik die oesfees van die insameling genoem is (Eks. 23:16), maar later die naam (loof)huttefees gekry het (Feast of Tabernacles). Die Israeliete het gedurende dié fees vir sewe dae in hutte gebly om nie net die tyd van die woestyn te herdenk nie, maar ook vir die Here dankie te sê dat Hy hulle met ‘n goeie oes geseën en voorspoedig laat wees het in alles wat hulle aangepak het (Deut. 16:13-15; Lev. 23:42-43; 1 Kon. 8:2). Neh. 8:14-15 vertel hoe die fees weer ná die ballingskap in ere herstel is.

Lev. 23:33-6 het ook ‘n agste dag bygevoeg by die huttefees. Dit was op dié dag dat Jesus eeue later sy beroemde woorde oor die Heilige Gees by die huttefees in Jerusalem uitgespreek het: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh. 7:37-38 met ‘n aanhaling uit Jes. 58:11). In die Gees sou niemand weer dors word. God se teenwoordigheid sou hulle hele wese van Homself volmaak.

‘n Mens kan natuurlik ook nie anders om die kosbare woord van Johannes in sy evangelie oor die menswording van Jesus in hierdie konteks aan te raak nie. Johannes gebruik die Jode se begrip van die betekenis van die tabernakel as simbool van God se teenwoordigheid om te wys hoe God se teenwoordigheid nou in Jesus onder ons kom “tabernakel” het, soos dit duidelik in die Grieks gestel word: “Die Woord het onder ons kom woon, en onder ons kom tent op slaan (eskēnōsen, van skēnē wat “tent” beteken).” (Joh. 1:14).

Daarmee het God se teenwoordigheid nie net volledig dinamies en grensoorskrydend geword nie – wat verklaar hoekom Jesus vir die Samaritaanse vrou by die put sê dat die ware aanbidders God enige plek in deur die Gees en in waarheid sal aanbid nie (Joh. 4) – maar oral bereikbaar in die openbaring van die Here Jesus Christus wat deur sy Gees ook in ons kom woon (1 Kor. 6).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda