Skip to main content

Jesaja 60

Nasies kom na jou lig

Die opskrif van Jesaja 60 spel die tema van die hoofstuk uit: Nasies kom na jou lig toe. In vier perikope word die boodskap tuisgebring:

  1. God gee lig in Jerusalem vir die nasies – Jesaja 60:1-3;
  2. Jerusalem word weer vol van sy mense en geskenke van die nasies – Jesaja 60:4-7;
  3. Jerusalem word weer gebou en deur almal geëer – Jesaja 60:8-12;
  4. Die tempel word herbou as die stad van die Here waarin Hy as ewige lig sal bly – Jesaja 60:13-22.

Teks en konteks

Jesaja 60:1-3

Dit is interessant hoe baie die tema van lig in Jesaja gebruik word. Dit word verbind aan God as die bron van lig (Jes 2:5; 9:2). Dit word gekontrasteer met die duisternis (Jes 5:20). En die Dienskneg van die Here word spesifiek as God se lig vir die nasies uitgespel (Jes 42:6; 49:6).

Hier word Jerusalem nou opgeroep om hulle lig vir die nasies te laat skyn: “Staan op, laat jou lig skyn!” Hoekom? Want, “jou lig het gekom” (Jes 60:1). Dié lig is niks anders as die magtige teenwoordigheid van die Here wat vir ewig hulle lig sal wees (Jes 60:19,20) wat die nasies na God toe sal trek.

Jesaja 60:4-7

Dit is nie net die mense van Jerusalem wat terugkom nie. Die nasies sal met hulle skatte ook hul goedkeuring gee aan wat God vir sy volk doen. Midian, Efa en Kedar is in Noord-Arabië, en Skeba in Suid-Arabië. Efa was ’n Midianitiese stam (Gen 25:4) en Nebajot een van Ismael se seuns (Gen 25:13).

Jesaja 60:8-12

Die middele om Jerusalem te bou, kom van so ver as Tarsis in Spanje af. Jerusalem se eer en roem word daardeur vermeerder. “Vreemdes sal jou mure herbou, en hulle konings sal tot jou diens wees.”

Die Here erken dat Hy in sy grimmigheid hulle geslaan het: “maar in my guns ontferm Ek My oor jou.” Mense sal die rykdom van die nasies na hulle toe bring. Dié wat afsydig bly van God se volk sal ondergaan en “volledig verwoes word.”

Jesaja 60:13-22

Let op hoe die hele gedeelte afstuur op die beskrywing van God wat weer die middelpunt van die stad en die volk sal wees. Hy is die ware sentrum van die stad en volk, wat nie net die inisiatief geneem het om Hom oor hulle te ontferm nie, maar baie spesifiek gesorg het dat sy optrede nie ’n nuwe eksklusiewe gemeenskap skep nie, maar ’n inklusiewe een.

“Ek stel vrede aan as jou toesighouer, geregtigheid as jou regeerder. Daar sal nie langer iets oor geweld in jou land gehoor word nie, of oor verwoesting en vernietiging binne jou grense nie. Jy sal jou mure Verlossing noem, en jou poorte Lof.”

Trouens, hulle sal nie meer die son en die maan nodig hê om lig te verskaf nie: “Die Here sal as ‘n ewige lig daar wees… want die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees.”

Almal sal regverdiges wees om die Here vir ewig te verheerlik.

Met ‘n finale belofte: “Ek, die Here, sal dit op die regte tyd vinnig laat gebeur.”

Boodskap en betekenis

Soos die geval is met Jesaja 9:2, word hierdie lig, die teken van die magtige teenwoordigheid van God, in die NT met Jesus verbind. Om die waarheid te sê, Johannes gebruik die tema van lig nie net in sy voorwoord van sy evangelie om Jesus se bediening te beskryf nie (Joh 1:1-14). Jesus self eien dit vir Homself toe: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee” (Joh 8:12 – sien ook Joh 9:5; 12:35-36, 46 – ook Matt 5:14; 1 Pet 2:9–10; Open 21:24).

Dit is dié lig, die lig van God self, wat alles sal verander. En die Here staan in daarvoor. Hy sal dit op die regte tyd laat gebeur. En wanneer dit gebeur, sal dit vinnig gebeur.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…