Skip to main content

1 Korintiërs 8

Jou vryheid mag nie ander laat sondig nie

Paulus skuif met 1 Korintiërs 8 aan na die vraag oor vleis wat aan ’n afgod geoffer is, waarmee hy waarskynlik ‘n verdere toepassing maak van die spreekwoord wat hy aangehaal het in 1 Korintiërs 6:13: “Die maag is vir kos, en kos vir die maag,” wat sommige van die gelowiges gebruik het om enige seksuele gemeenskap buite die huwelik goed te keur. Daardie toepassing het hy reeds afgewys, omdat losbandigheid jou liggaam as ‘n tempel van die Heilige Gees besoedel. Hier brei hy die verbod op losbandigheid uit deur ook die eet van vleis wat aan afgode geoffer is, af te wys, net soos wat die gemeente van Jerusalem dit in Handelinge 15 op alle gelowiges van toepassing gemaak het.

Teks en konteks

Wat ’n mens hier in gedagte moet hou, is dat die situasie in Korinte so was, dat sommige van dié (sterk) gelowiges ook in die afgodstempels gaan vleis eet het (die restaurante van daardie tyd!), omdat die tempels baie keer ook die enigste plek was vanwaar jy vleis kon bekom. Die oorskot van die tempel offervleis is wel op die markpleine verkoop en Paulus sal in hoofstuk 10 verder daaroor skryf.

Maar, omdat jy van buite af kon insien by die tempels, het ander (swak) gelowiges aanstoot geneem aan die (sterk) gelowiges wat afgodsvleis daar eet (vers 10).

Let op hoe Paulus eers die beginsel van die liefde neerlê en verduidelik voordat hy sy antwoord op hulle vraag gee. Basies sê hy dat kennis goed is, maar nie genoegsaam is om die saak te beslis nie. Die liefde teenoor ander is belangriker as kennis (vgl. 1 Kor. 13:2: “en besit ek al die kennis … maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.”), ook in ons verhouding met God. Om die waarheid te sê, dit is wanneer ons God liefhet, dat ons in ’n verhouding kom met Hom waar Hy vir ons ken – iets wat baie belangriker is as wat ons weet (of dat ons Hom ken).

Hy het al uitgebrei op hierdie idees in sy brief aan die Galasiërs (bv. Gal. 4:8: “noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken”). Vergelyk dit ook met die gelykenis van die tien meisies in Matteus (in Matt. 25:12) waar die bruidegom vir die 5 onverstandiges sê: “Ek ken julle nie”!

In sy antwoord sluit Paulus dan vervolgens wel by die kennis aan wat hulle het, en erken dat daar eintlik niks aan die vleis verander as dit aan ’n afgod geoffer is nie. Om die waarheid te sê, daar is eintlik geen ander God, behalwe Een nie. En al sou mense dink daar is sogenaamde gode bestaan hulle nie vir ons as gelowiges nie, want ons het net een God, die Vader en Sy Seun deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe.

Maar nou is dit so dat nie almal dié kennis het nie, en uit liefde vir hulle, moet ’n mens hulle onkunde in ag neem, en nie iets doen waardeur hulle gewete, wat alreeds swak is, nog verder verswak sal word nie. Ons vryheid (let op hoe hy daarmee terugverwys na 1 Kor. 6:12-13 waar hy die idee afgewys het dat hulle vryheid tot losbandigheid mag lei) mag nooit ’n aanleiding vir ander word om te sondig nie.

Dit is wat Jesus ook hieroor geleer het: “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.” (Matt. 18:6).

Om die waarheid te sê, jy sondig eintlik teen die onkundiges, as jou vryheid hulle laat sondig. Daarom sal Paulus nie afgodsvleis eet nie, want hy wil nie sy medegelowiges se val veroorsaak nie. Hy reël darem ook later in die brief dat ’n mens nou nie hoef navraag te doen oor vleis wat jy in ’n slaghuis koop, of dit eers aan ’n afgod geoffer is, of nie, en jy dit dan maar mag eet (1 Kor. 10:23-33). Maar die gewete van die swakkeres bly ook daar ’n bepalende faktor.

Let ook op dat hierdie beginsel van die liefde na ander sake deurgetrek kan word – jou medegelowige se standvastigheid in die geloof is belangriker as jou eie kennis en vryheid in die geloof, iets waarop Paulus in sy latere brief aan die Romeine in hoofstuk 14 sal uitbrei.

Boodskap en betekenis

’n Mens moet onthou dat Paulus hier natuurlik skryf oor mense wat pas uit die heidendom na Christus oorgekom het en nog die impak van die heidense gebruike sou ervaar. Hy praat nie oor mense wat eintlik net hulle eie bekrompe idees op ander van toepassing wil maak nie en van beter behoort te weet nie.

Dit help my nogal om só daaroor te dink, want dit is eintlik vir my swaar woorde dié van Paulus: en ek sou ook saam met sommige gelowiges wou uitskreeu, soos Paulus hulle aanhaal in 1 Korintiërs 10:29-30: “Waarom moet my vryheid beperk word deur ’n ander se gewete?” Maar die punt is dat ons nie ons eie belang kan soek nie, want dit is die beginsel van die liefde, en die weg van die kruis (1 Kor. 2:2).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda