Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nie

17 Julie

Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nie

38Terwyl hulle op reis was, het Hy by ‘n sekere dorpie gekom waar ‘n vrou met die naam Martha Hom as gas ontvang het. 39Sy het ‘n suster met die naam Maria gehad, wat by die Here se voete gaan sit het om na sy woorde te luister. 40Maar Martha was besig met al die voorbereidings. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, pla dit U nie dat my suster my alleen los om te bedien nie? Sê tog vir haar om my te help!” 41Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge, 42maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die goeie deel gekies; dit sal nie van haar af weggeneem word nie.”

Op sy reis het Hy naby Jerusalem in Betanië gekom waar Marta Hom gasvry ontvang het. Sy doen dus dít wat die Samaritane nie vir Hom wou gee nie (Luk 9). Sy is die Gasvrye en Barmhartige Samaritaan van die vorige gelykenis! Sy maak alles klaar om Hom te bedien. En daarin is sy reg. Dit is gasvry. Haar suster Maria het egter by Jesus se voete gaan sit en na sy woorde geluister. Maar dan wil Marta hê dat Maria ook soos sy moet optree. Dit laat haar ongasvry optree deur Jesus te berispe asook haar suster. Jesus wys haar tereg daaroor tereg! Lukas vertel van haar dat sy baie bedrywig geraak het (perispaomai – hardloop heen en weer), eintlik té bedrywig en dit eindig by stres en veroordeling van dié wat nie soos sy rondhardloop en bedien nie. Veral toe sy haar suster “sien” sit en niks doen nie! Let op hoe sy eintlik die Here Jesus self aanvat: “Here, pla dit U nie…!?” En let op dat sy Hom beveel: “Sê tog vir haar om my te help!” Haar gasvryheid raak dus vir haar ‘n las… en vir Jesus… en vir Maria! Wat was Marta se probleem? Sy kon nie meer onderskei tussen wat belangrik is en wat nie.

Let op dat Jesus haar egter sag aanspreek: “Marta, Marta…”, sagte vriendelike simpatieke woorde. Jy is bekommerd oor te veel dinge. Net een ding is nodig en dít het Maria gekies. Hy wil eintlik haar net terugkry by haar aanvanklike gedagte om gasvry te wees, en dit met oorgawe te doen. Let ook op dat Maria Jesus op ‘n ander manier as gas ontvang. Sy doen wat Jesus verwag het die ander dorpe moet doen, om te luister na die dissipels. Hier luister sy egter net na Hom, dié Een waarvan hulle vir die dorpe van vertel het. Sy ontvang só die koninkryksboodskap, en in die proses God self! Daarom dat Jesus vir Maria prys, want sy het die beste deel gekies, iets wat nie van haar weggeneem kan word nie – die koninkryk van God.

Wat leer ons by Marta? Ons het ’n balans nodig tussen beleef (luister) en bedien – anders raak jy nie net ‘n pyn nie, maar kan jy nie meer onderskei nie. Dit is uiteindelik ook die balans tussen liefde vir God en liefde vir jou naaste. Waarmee Jesus eintlik verdere kommentaar lewer op die vraag oor die groot gebod van die wetsgeleerde: wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

Wat leer ons by Maria? Ons leer hier eerstens dat gasvryheid nie net is om vreemdelinge te ontvang en te dien of te “help” nie. Ons kan ook iets by hulle leer. Ons móét trouens ook by hulle leer, want dit is baie keer die manier hoe God self onder ons teenwoordig is, soos ons ook by die Emmausgangers leer! Maar dit laat ons in die tweede plek ook besef dat die lewe om God draai, en ons kontak met Hom. Daar is geen plaasvervanger vir ‘n intieme verhouding met Hom nie. Dit is wanneer ons sy stem tussen ander stemme kan begin onderskei, dat ons lewe in plek val. Dit is wanneer ons met ‘n verwagting begin lewe, dat God met ons gaan praat, dat Hy ons nie oningelig gaan hou oor wat Hy wil doen nie, dat ons lewe betekenisvol raak.

Lees meer (preek): https://ngkerksomerstrand.co.za/lukas-1038-42-erediens-leef-luisterend-14-november-2010/

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: