1 Petrus
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
LEES
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
LUISTER
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Bybelskool 4de kwartaal 2014 - October 8, 2014
- 1 Petrus – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding - November 16, 2014
- 1 Petrus 1 – Jubel oor God en leef uit die hoop - November 18, 2014
- 1 Petrus 2 – Groei geestelik deur Jesus Christus se voorbeeld te volg - November 23, 2014
- 1 Petrus 3 – Wees mense wat seën, sodat julle seën as erfdeel kan verkry - November 24, 2014
- 1 Petrus 4 – Bo alles moet julle mekaar innig liefhê - November 25, 2014
- 1 Petrus 5 – Versorg mekaar en wees voorbeelde vir mekaar - November 26, 2014
- Wees bly – 1 Petrus 1:3-9 - June 25, 2023
Heather thebus
Baie leersaam God seen.