Skip to main content

Psalm 71

Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie

Psalm 71 dra dieselfde boodskap as Psalm 69-70. Dawid het die voordeel gehad om God se betroubaarheid oor ’n baie lang tyd te kon ervaar. Dit bring ’n sekerheid en vertroue wat nie so maklik deur die negatiewe ervaringe van die lewe beïnvloed word nie. In enige geloofsgemeenskap moet dié ervarings, wat die toets van die tyd deurstaan het, gekoester word, ter wille van die behoud van só ’n gemeenskap.

Ek onthou nog goed die soortgelyke getuienis van tannie Phoebe Kellerman, amper vyftig jaar my senior, uit my jong dae as predikant in Somerstrand… en die rustigheid wat dit by my ingeboesem het.

Teks en konteks

Drie van die sentrale metafore wat die Psalmis gebruik om dié Godsbeeld mee uit te druk, is dié van ’n rots (vers 3) ’n vesting (vers 3) en ’n veilige toevlug (vers 7) wat verband hou met die gebruik in antieke tye om asiel te soek in ’n heiligdom (Eks 21:13). God is as’t ware die veilige ruimte waar van die aanslae van die lewe geskuil kan word.

Die Psalm kan in drie dele opgedeel word wat losweg met verlede, hede en toekoms verband hou:

Wees vir my ’n rots om na toe te vlug, soos altyd in die verlede – vers 2-8.

Hy kan dit vra, want die Here is sy vertroue van jongs af (vers 5). Trouens hy is vir ander ’n wonder (vers 7) weens God se sorg vir hom. God se sorg aan hom funksioneer as ’n teken van God se ingrype. Hy is daarom as sodanig eintlik ’n wonder, ’n teken van God self. Let egter op dat hy nie uiteindelik op sy eie vertroue of God se wonderwerke staatmaak vir sy behoud nie. “U is” nie net, “my hulp van my geboorte af” nie, maar, “reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm.” (vers 6). God se genade in die verlede is die grond van sy bestaan, die rede vir sy vertroue, die motivering om op God te bly staatmaak.

Moet my tog nie in die hede verwerp nou dat ek oud geword het nie – vers 9-16.

Die Psalmis baseer sy gebed vir hulp in die hede op die feit dat God hom nog nooit in die steek gelaat het nie. Veral sy tanende kragte en ouerwordende gestalte moet tog nie in die pad staan van God se hulp nie, veral nie omdat dit nou deur sy vyande misbruik word om hom te na te kom en komplotte teen hom te sweer. Sy gebed is dat dié wat sy ondergang soek, eerder in die skande en mislukking kom. Sonder ophou sal hy dan van God se reddingsdade bly praat en as ’n teken van God se teenwoordigheid op aarde bly funksioneer.

Moet my tog nie alleen laat nie, ter wille van die geslagte wat kom in die toekoms – vers 17-24.

Hy herhaal sy gebed dat sy oudheid en grysheid nie teen hom sal tel nie, maar gee hier ’n ander motivering daarvoor. Dít is, dat die geslagte wat nog kom, sy kleinkinders bv., ’n lewende getuie van God se verlossingswerk in die toekoms sal kan sien en saam met hom kan sê: “Wie is soos U, o God?” (vers 19).

Boodskap en betekenis

Vers 20 is baie spesiaal vir my: “U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered.” Dit stem ooreen met Paulus se gedagte in Romeine 2:9: “Lyding en benoudheid bring Hy oor die lewe van elke mens wat kwaad doen, in die eerste plek oor dié van die Jood, maar ook oor dié van die nie-Jood.” Gelukkig staan daar darem in vers 10-11 die volgende: “Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goeddoen, in die eerste plek aan die Jood, maar ook aan die nie-Jood. God trek immers niemand voor nie.” Daarom bid die Psalmis vir uitkoms, sodat hy kan voortgaan om te sing tot God se eer en die hele dag deur te praat van Sy verlossingswerk.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda