Skip to main content

1 Timoteus 3:1-13

Ouderlinge en diakens moet mense van karakter wees

Na Paulus nou die plek van gebed in die gemeente uitgespel het in hoofstuk 2, brei hy nou uit oor die wyse waarop die leierskap in die gemeente moet funksioneer, eerstens met betrekking tot ouderlinge en tweedens tot diakens.

Teks en konteks

Ouderlinge – 1 Timoteus 3:1-7

Die Griekse woord vir ouderling wat hier gebruik word, is eintlik episkopos (biskop) maar word deur baie as ‘n sinoniem vir presbuteros (ouderling) beskou, wat elders gebruik word (Hand. 20:17,28; Tit. 1:5,7).

Let op dat die ouderling se werk nie in terme van pligte as sodanig uitgespel word nie, maar as ‘n manier van leef.  Dit moet wys in sy private persoonlike gesinslewe (wat onder andere insluit dat hy een vrou sal hê en nie buite-egtelike verhoudings sal aanknoop nie), sowel as in die publieke lewe.  Die enigste werklike plig kan afgelei word uit die voorskrif dat só ‘n persoon bekwaam moet wees om te onderrig.

Diakens – 1 Timoteus 3:8-13

Net so fokus Paulus op die karakter van die diakens, en nie soseer oor wat hulle in die gemeente moet doen nie.  Sy persoonlike en familielewe moet in ooreenstemming wees met sy of haar belydenis van geloof.

Vers 11 praat van vroue wat van goeie karakter sal wees en in alles betroubaar.  Dit dui weereens op vroue in die algemeen in die gemeente. Die verwysing kan dus met ‘n vroulike diakenamp verbind word.

Boodskap en betekenis

Paulus beklemtoon dat die gesag van die gemeente se leiers nie in posisie of pligte lê nie, maar in die kwaliteit van hul lewe. Ouderlinge en diakens moet mense wees van onberispelike karakter, wat deur hul gesinslewe, integriteit en betroubaarheid wys dat hulle die evangelie uitleef. Die enigste taak wat uitgelig word, is dat ouderlinge bekwaam moet wees om te leer. Ook vroue wat dien – moontlik as diakens – moet dieselfde karakter en betroubaarheid openbaar.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Onlangse kommentaar