Skip to main content

Esegiël 6

Die oorlog teen die “Berge van Israel

Die implikasie van die vyf simboliese handelinge van hfst. 4-5 word in twee verdere profesieë uitgespel in hfst. 6-7.

  • In hoofstuk 6 word die “Berge van Israel” aangespreek en die verwoesting wat oor die mense van die woestyn in die suide af tot by Ribla in die noorde (vgl. 2 Kon 23:33; Eseg. 47:14) sal kom, beskryf. Dit sluit dus die hele grondgebied van Israel in.
  • In hoofstuk 7 word die “land Israel” aangespreek en die verwoesting wat dwarsoor die land die inwoners van die land sal tref, met spesiale verwysing na die verwoesting van die stad Jerusalem en die heiligdom.

Teks en konteks

Die vernietiging van die hoogtes en altare, spesifiek ook die wierookaltare, verwys na die verbod in die wet van die Here téén sulke aanbidding (vgl. Lev. 26). Dit is nie net die wanpraktyke in die heiligdom van Jerusalem wat die gramskap van die Here laat ontvlam nie. Dit is ook die heidense praktyke waaraan hulle deelneem in die res van die land.

Dit is egter nie net die plekke van hulle aanbidding wat verwoes word nie. Dit is die aanbidders self ook wat dood sal neerval, ironies genoeg, voor die altare waar hulle afgode aanbid het. Hulle lyke sal voor die afgode gegooi word en hulle bene rondom die altare gestrooi word, in absolute minagting van die afskuwelike ongehoorsaamheid aan die Here in hulle aanbidding.

Die oordeel tref egter nie net die plekke van en persone in aanbidding nie, maar ook hulle stede en woonplekke. Die land word as’t ware gesuiwer van die onreinheid en ongehoorsaamheid van sy inwoners sodat die land tot verhaal kan kom. Let op hoe die beskrywing van die verwoesting van die mense sowel as die verstrooiing van die oorblyfsel met die simboliese handeling van die swaard in hfst. 5 verband hou. Let ook op dat dit nie net die swaard is wat hulle sal doodmaak nie. Dit is ook pes en hongersnood (6:12).

Die rede vir dié drastiese optrede van die Here is dat Israel dan sal weet dat die Here God is. Die doel met die oordeel van God is dat daar insig sal opdaag by die volk, dat hulle sal treur oor hulle afvalligheid – “slaan jou hande inmekaar, stamp met jou voete, kerm oor al die bose, afskuwelike dade van Israel” (6:11). Die Here wil hê dat hulle sal besef dat Hy God is, al is dit dan ook net die oorblyfsel wat tot dié insig kom: “Dié van julle wat ontkom het, sal My onthou daar waar hulle balinge geword het tussen die nasies.” (6:9).

Die Here se eer het in gedrang gekom deur hulle ontroue gesindheid en Hom ‘n weersin in hulle gegee. Die oordeel bring God se toorn egter tot bedaring en skep die moontlikheid van omkeer en verandering. “Israel, whether alive or dead, must honor Yahweh’s demand that he be acknowledged in all the uniqueness of his being.” (Allen, Word kommentaar). Waar die Godsbesef van ‘n nasie dus herstel word, dáár is verandering altyd ‘n nuwe moontlikheid, al is dit net ‘n oorblyfsel wat die vrugte daarvan sal kan geniet.

Boodskap en betekenis

Esegiël help ons in dié hoofstuk verder om sin te maak van die drastiese optrede van die Here in oordeel. God se passie is dat Israel sal weet dat die Here God is. Trouens, Hy wil hê die hele wêreld moet weet dat Hy God is. Hoewel die oordeel dus baie vernietigend is, kan ‘n mens moed skep uit die gevolge daarvan, dat daar insig sou opdaag by die volk, dat hulle uiteindelik sou treur oor hulle afvalligheid. Psalm 137 is ‘n roerende getuienis van dié berou in ballingskap.

Esegiël help ons ook om God se absolute eis tot gehoorsaamheid aan boord te neem. “Israel, whether alive or dead, must honor Yahweh’s demand that he be acknowledged in all the uniqueness of his being.” (Allen). Dit is ook op ons van toepassing. Ons het nodig om God as God te erken in al die fasette van ons lewe. Dit is alleen dán wat ons die vrug van sy teenwoordigheid ten volle kan geniet.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda