Skip to main content

2 Konings 13

Die Here se genade seëvier oor sy oordeel met Joagas en Joas

Die fokus skuif terug na Joagas/Joahas, seun van Jehu (hy het 17 jaar regeer – 817-800 vC – die eerste drie jaar daarvan saam met sy pa Jehu), en Joas, sy seun (hy het 16 jaar regeer– 800-786 vC), se regerings oor Israel in 2 Konings 13 wat hier saam hanteer word. Die verhaal van Elisa word ook in hierdie hoofstuk afgesluit.

Joas se verhaal gaan eintlik aan tot 2 Konings 14:17, al word sy dood alreeds hier vermeld, omdat hy ook vermeld word as agtergrond vir koning Amasia van Juda se verhaal, soos 2 Konings 14 en 2 Kronieke 25 dit aanbied. Die profeet Jona word ook daar genoem. Ek hanteer dus Jona se verhaal in die bydraes direk daarna.

Teks en konteks

Beide Israel en Juda (hfst 12) ly in hierdie tyd onder Gasael van die Arameërs, soos Elisa voorspel het. Maar Joagas van Israel, ten spyte daarvan dat hy voortgegaan het om sonde te doen, smeek die Here om genade. En die Here verhoor sy gebed en gee ’n verlosser: “want Hy het die verdrukking van Israel raakgesien.“

Maar, daar word steeds negatief oor sy lewe geoordeel, omdat hy in die weë van Jerobeam gewandel het, en, wil dit voorkom, weer ’n Asjerabeeld in Samaria opgerig het, nadat Jehu dit vroeër verwoes het. Daarom het die Noordryk verder gely onder Gasael wat hulle amper ten gronde laat gaan het: “hy het hulle gemaak soos stof wat ‘n mens vertrap.”

Joas, sy seun doen ‘n bietjie beter deurdat hy  Gasael se seun Ben-Hadad drie maal verslaan, en ‘n hele aantal dorpe teruggewen het vir Israel. Want die Here se genade is groter as sy oordeel. Hy red hulle telkens weer ter wille van die verbond wat Hy met Abraham, Isak en Jakob gesluit het.

Anders as Elia word Elisa soos ’n gewone mens siek en sterf. Op sy sterfbed is daar ’n roerende en tegelykertyd onthutsende ontmoeting met Joas, waar Joas Elisa as die militêre fundi van Israel eer (“u was vir Israel die strydwa met sy ruiters”), maar Elisa vir hom kwaad word omdat hy die simboliese aksie wat Elisa hom beveel swak uitvoer.

Let op hoe Elisa selfs in sy dood wonderwerke doen, met ’n lyk wat weer lewend word toe dit aan sy bene raak. Sy sterflikheid word ironies genoeg daardeur beklemtoon, want hy staan nie self op nie. Let ook op hoe die Here steeds die verbond met Abraham, Isak en Jakob in gedagte hou in sy genadige redding van Israel, ten spyte van die sondes van die koning.

Die profetiese diens van Elisa duur dus meer as ‘n halwe eeu van die tyd van Agab (874-853 vC) af tot en met Joas (800-786 vC), die sesde koning van Israel in dié tyd. Sy bediening dien as kragtige getuienis van God se teenwoordigheid en werk in beide Israel en Juda, sowel as wyer op internasionale gebied.

Boodskap en betekenis

Dit is merkwaardig dat die Here se genade sóveel groter is as sy oordeel, alles ter wille van ‘n verbond met die aartsvaders wat nou al amper ‘n duisend jaar terug gesluit is met hulle. Terselfdertyd moet ‘n mens ook besef dat die maat van die sonde op ‘n tyd vol sal raak, en dan kan die Here nie anders as om sy oordeel in werking te stel nie. So sal Israel dit in 722/1 vC, en Juda in 586 vC agterkom.

Die ballingskap as straf vir langdurige sonde herinner ons daaraan, en bly as waarskuwing ook vir ons dat ons die Here nie moet tart met ongehoorsaamheid nie, soos die volk van die OT dit gedoen het nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…