Skip to main content

Romeine 3

God bring mense in die regte verhouding met Hom deur geloof alleen

Paulus sluit die eerste hoofdeel van sy boodskap af met ‘n paar vrae en antwoorde oor God se betroubaarheid en regverdigheid (3:1-8) en ‘n slotsom dat alle mense gesondig het en skuldig is voor God: heidene en Jode (3:9-18). Niemand kan hulleself dus verontskuldig nie. Daarom moet almal die boodskap hoor dat hulle slegs deur geloof in die regte verhouding met God deur Christus gebring word.

Dit bring Paulus dan by die tweede hoofdeel van sy boodskap wat strek van Romeine 3:19-4:25 waarin hy op hierdie boodskap uitbrei dat alle mense deur geloof alleen in ‘n regte verhouding met God gebring word (3:19-31) met Abraham wat daarom die vader is van almal wat glo, Jode en heidene (4:1-25).

Teks en konteks

God is betroubaar en regverdig (3:1-8)

Uit Paulus se waarskuwing aan sy verbeelde Joodse gespreksgenoot in hoofstuk 2 – dat kennis van die wet, en die handhawing van die besnydenis op sigself vir jou niks in die sak bring nie – is dit natuurlik om volgende te vra of daar dan enige nut sou wees daarin om ’n Jood en ’n besnedene te wees?

Paulus begin daarom om in ’n volgende verbeeldingsgesprek (diatribe) te wys op die groot voordele van die wet en die besnydenis.

Dit is in die eerste plek ’n getuienis dat God se woorde aan die Jode toevertrou is. Hierdie feit is nie net ’n groot voorreg nie, maar beteken dat God Homself eerste aan hulle verbind het om aan hulle genade te bewys. En God sal nie aan daardie verbintenis aan die Joodse volk ontrou word nie, selfs al het sommige aan Hom ontrou geword (in hfst. 9 sal Paulus verder hieraan aandag gee).

In die tweede plek is dit nie God se skuld dat die Jode die wet oortree nie. Paulus haal as bewysplaas daarvoor die sonde van Dawid met Batseba aan waarin Dawid in Psalm 51:6 bely dat hy alleen skuldig is aan sy sonde van egbreuk. Dawid se sonde is dus nie God se skuld nie.

God se straf wys dat Hy regverdig is en die wet handhaaf. Hy sal altyd sonde straf as mense ongehoorsaam is aan sy wet, want sy toorn rus op almal wat die wet oortree, selfs al probeer mense valslik die boodskap van sy genade verdraai asof hy die wet opgehef het.

Alle mense is skuldig voor God (3:9-18)

Maar Paulus is net so duidelik daaroor dat uit hierdie bevoordeling nie afgelei moet word dat Jode daarom beter daaraan toe is as ander nie. Almal het immers gesondig – “is onder die sonde” – en kan nie deur wetsonderhouding die vryspraak van God kry nie, want niemand kan volmaak daarin slaag nie (behalwe die Here Jesus Christus natuurlik).

Die mag van die sonde is vir ons almal – Jode en nie-Jode – te sterk. Let op dat Paulus die woord sonde in die enkelvoud gebruik. Dit gaan nie net oor individuele lysies van sondes nie, maar oor die feit van die sonde, ons “sonde-siekte” soos die Bybel Verklaar dit noem, ons van gemeenskap met God ontneem.

Paulus kombineer dertien verwysings uit die OT, veral uit Psalms van Dawid (Ps 9-10 was aanvanklik een Psalm wat beteken Ps 10 word ook aan hom toegeskryf), om dié punt te onderstreep:

  1. Vers 10 – Pred. 7:20;
  2. Vers 11a – Ps. 14:2; 53:3;
  3. Vers 11b – Ps 14:2; 53:3;
  4. Vers 12a – Ps. 14:3; 53:4;
  5. Vers 12b – Ps. 14:1,3; 53:2,4;
  6. Vers 13a – Ps. 5:10;
  7. Vers 13b – Ps. 140:4;
  8. Vers 14 – Ps. 10:7;
  9. Vers 16 – Jes. 59:7;
  10. Vers 17a – Jes. 59:8;
  11. Vers 18 – Ps. 36:2.

Daarmee onderstreep Paulus die totale verderflikheid van een en almal vanuit die boodskap van die OT.

Alle mense word slegs deur geloof in die regte verhouding met God gebring (3:19-26)

Dit beteken dat die hele wêreld hulle voor God moet verantwoord – dws aan sy straf oorgegee is – en tegelykertyd dat daar geen mens is wat op grond van die uitvoering van die wet voor Hom geregverdig sal word nie.

Die enigste wyse waarop ‘n mens in die regte verhouding met God gebring kan word, is deur die geloof in Jesus Christus. Dit is ‘n boodskap, sê Paulus, wat die OT – die Wet en die Profete – al van getuig het. Daar is wat dit betref geen onderskeid tussen Jode en nie-Jode nie:

“Almal het trouens gesondig, en die eer aan God ontbreek by hulle; en tog word hulle goedgunstig op grond van sy genade vrygespreek deur die bevryding in Christus Jesus.” (vers 23-24)

God het Jesus Christus deur sy dood aan die kruis as versoeningsoffer aanvaar wat elkeen wat glo in die regte verhouding met Hom bring. Hy sien gelowiges se sonde oor en verklaar hulle regverdig in sy oë.

Daarmee kon God sy genade en sy geregtigheid handhaaf.

Ons geloof bevestig daarom die wet (3:27-31)

Dit beteken egter natuurlik nie dat die wet daarmee tot niet gemaak word nie. Inteendeel, ons geloof bevestig die wet. Vir Jode en vir nie-Jode. Soos die voorbeeld van Abraham in hoofstuk vier sal aantoon.

Boodskap en betekenis

Paulus argumenteer in Romeine 3 dat alle mense—hetsy Jood of nie-Jood—onder die mag van die sonde staan en daarom skuldig is voor God. Hy beklemtoon dat niemand op grond van die wet geregverdig kan word nie, omdat niemand dit volmaak kan onderhou nie. Hierdie universele skuldigheid maak die weg na redding duidelik: dit is slegs deur geloof in Jesus Christus dat mense in ‘n regte verhouding met God gebring word. Christus se offer aan die kruis dien as versoening, waardeur gelowiges uit genade vrygespreek word. Paulus verduidelik verder dat hierdie geloof die wet nie opskort nie, maar eerder bevestig as ‘n getuie van God se geregtigheid en genade. Hierdie boodskap, wat die basis vir regverdiging deur geloof alleen vorm, word uiteengesit in die konteks van beide die Ou Testament en die nuwe openbaring in Christus.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.