Skip to main content

2 Kronieke 19

Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit

Josafat word met sy terugkoms na Jerusalem deur die profeet Jehu, seun van Ganani, berispe vir sy dwaasheid om met Agab saam te span, maar ook geprys vir die goeie dinge wat hy gedoen het. Al moes dit swaar gewees het om van God se oordeel te hoor, fokus hy daarop om die Here verder nougeset te dien. Die eerste groot saak wat hy aanpak is om die korrupsie in die land te beveg deur regters van integriteit aan te stel.

Teks en konteks

Let op met hoeveel moed Jehu, die seun van die profeet Ganani, teenoor Josafat, die koning van Juda, optree, ten spyte van die leed wat Josafat se pa, Asa, Jehu se pa, Ganani, berokken het. Hy het “in sy gesig” die oordeel van die Here aangekondig oor sy hulp vir die goddelose Agab. Josafat moes nooit geval het vir die verleiding om “dié wat die Here haat”, lief te hê nie. Dit bring jou eie gehoorsaamheid aan die Here in die gedrang.

Wat my tref van die boodskap is dat dit beide bestraffend as bevestigend is. Die oordeelsfout van Josafat word ernstig aangespreek, maar die goeie dinge wat hy gedoen het, word hom ook ten goede gereken.

Die Here is dus ook positief oor die feit dat Josafat die asjeras uit die land uitgeroei het en steeds sy hart daarop gerig het om God te soek. Daarvoor prys die Here vir Josafat deur die bediening van die siener Jehu en bemoedig hom om te volhard deur “opgewonde” te wees oor die weë van die Here.

Wat ons uit Josafat se verdere optrede kan sien, is dat hy regtig ’n koning was wat omgegee het vir sy mense. Dit is die motivering agter sy besoek aan sy mense regdeur sy grondgebied van Berseba in die suide tot die Efraimsberge in die noorde. En die een sleutel hervorming wat hy in dié tyd aanbring is die aanstel van regters, ook in Jerusalem, wat die regspraak “vir die Here” moes doen, omdat daar by Hom nie onreg, bevoordeling en korrupsie is nie. Hulle uitsprake moes dus onpartydig wees waardeur hulle volksgenote ook gewaarsku moes word om spesifiek nie teen die Here te oortree nie.

Die regters is aangestel uit die Leviete, priesters en familiehoofde met twee “hoofregters”, Amarja,  as hoëpriester wat die hoogste gesag (’n soort appèlhof) was vir alle geestelike sake, en Sebadja,  as hoogste gesag vir alle sake van die koning (wat internasionale en politieke sake sou insluit).

Hulle opdrag was om onwrikbaar sterk te staan in hulle regspraak met ontsag vir die Here, en hulle plig met betroubaarheid en onverdeelde harte te doen in die verwagting dat die Here aan die kant van die goeies is.

Boodskap en betekenis

Josafat se verhaal leer ons soveel dinge. Dat ‘n mens die vermaning van die Here sowel as sy bemoediging ter harte moet neem; dat ‘n mens die gety van korrupsie kan omkeer deur die regte mense aan te stel; dat ‘n mens die Here moet vertrou dat Hy “aan die kant van die goeies” is. Veral laasgenoemde inspireer my, tesame met die herinnering dat Josafat “opgewonde” was oor die weë van die Here. Ek dra dié twee aspekte in my eie lewe in.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…