Skip to main content

Genesis 25:1-18

Abraham omhels die roeping van God enduit

Teks en konteks

Met hierdie hoofstuk kom ons aan die einde van die Abraham verhaal. Abraham het die roeping van God enduit omhels. Hoewel hy twee keer gefaal het voor die versoeking om te lieg oor sy vrou se skoonheid in Egipte en Gerar, en dit sy roeping en die belofte van God vir sy nageslag in gevaar gestel het, het die diepte van sy verbintenis aan die Here ‘n stygende lyn getoon. Hy het met onderskeiding die wedloop van die geloof gehardloop en enduit gehoorsaam volhard.

Die skrywer rond die verhaal van sy lewe af met twee mededelings. Die eerste is die verwysing na die begin van ‘n groot aantal nasies wat uit sy verbintenis met Ketura voortgespruit het. Dit is egter ook duidelik dat hy hulle wegstuur met geskenke om nie die grondgebied van Isak te bedreig nie. Die meeste van die name van sy nasate word met Arabië geassossieer.

Die ander mededeling is sy sterwe en begrafnis in die enigste plek wat hy ooit besit het, die grot by Makpela. Abraham het oud geword en ‘n vol lewe gehad, herinner die skrywer ons. Dit is ook opmerklik dat die twee seuns, Isak en Ismael, hom saam begrawe. Trouens, al die aartsvaders en hulle vrouens is in die Makpelagrot begrawe (Gen. 23:1-20; 25:9; 35:27-29; 49:29-32). Dié grot kan ‘n mens vandag nog besoek waar ses monumente vir die aartsvaders en aartsmoeders opgerig is.

Isak word deur die Here geseën as die opvolger van Abraham en in die volgende hoofstukke sal sy verhaal, waarin Jakob natuurlik ‘n sentrale rol speel, vertel word.

Ismael verdwyn hierna van die toneel, hoewel die geslagsregister ‘n paar interessante laaste feite oor dié eerste kind van Abraham vertel. Hy het ook twaalf seuns soos Jakob later sou hê, wat die begin was van ‘n twaalfstamme-koninkryk. Maar, Ismael se nageslag se veglustigheid staan soos ‘n paal bo water: “hulle het met al Ismael se broerskinders oorlog gemaak.” Dit verklaar die bykans skisofreniese aard van die konflikte in die Midde-Ooste waar die onmin telkens in ‘n familietwis begin wat ‘n konfliksoekende identiteit tussen mense van dieselfde breër familie tot stand bring.

Betekenis

Die eerste elf hoofstukke van Genesis het ‘n prentjie geteken van ‘n wêreld wat dit nie regkry om met God in ‘n volhoubare geloofsgemeenskap te leef nie. Die verhaal van Abraham wys in die volgende veertien hoofstukke egter dat God se bedoeling met die mens nie deur die verhale van wanhoop gedwarsboom word nie. In sy genade tree Hy in en roep vir Abram om in hom en sy nageslag die verhale van wanhoop te herskryf, om in ‘n volk wat aan Hom behoort die nasies van die hele wêreld te seën, en daardeur die mensdom te verlos.

Abraham kry dit reg om enduit te volhard. Daarom is hy só ‘n inspirasie vir ons, selfs al het hy ook twee keer gefaal in die uitlewing van sy roeping om tot ‘n seën te wees. As Abraham dit kon regkry om vóór die Here te leef (Gen. 17) en hy die voorreg beleef dat die Here vóór hom leef (Gen. 18), hom intrek in wat God vir hierdie wêreld beplan (Gen. 19), nooi Abraham ons uit om dieselfde te doen.

Die God wat Abraham geroep het en met hom die pad gestap het, is ook ons God. Dieselfde wonder van sy teenwoordigheid is ook ons beskore. Ons kan net soos hy voor God leef en iets van God se lewe voor en saam met ons beleef.

Die verhale in Genesis het daarom ‘n besondere openbaringskarakter. Dit help ons om diep na te dink oor die lewe, oor God, oor menswees en oor wat regtig belangrik is in dié lewe. Dit sluit vir ons die betekenis van ons menswees oop en nooi ons uit om op die belangrike dinge te konsentreer.

Dit konfronteer ons egter ook met die erns van geloof. Die verhale wys ons hoe ernstig geloof is. Vir Abraham. Vir God. Vir die wêreld. Ook die toetsing van ons geloof is ’n saak van lewe en dood soos dit vir Abraham was.

Abraham roep ons ook op om die roeping wat die Here vir ons het, te omhels, en enduit te volhard.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda