DIE TWAALF KLEIN PROFETE

‘n Bybelstudie oor die betekenis en boodskap van die Klein Profete vir vandag
Wanneer laas het jy die boek Nahum gelees? Of dié van Miga? Of enige van die sogenaamde Klein Profete? Dink jy hierdie geskrifte van meer as 2 400 jaar gelede is nog relevant?
Elkeen van die Twaalf Klein Profete wys vir ons ‘n stukkie van wie God werklik is – hoe sy hart is: sy heiligheid, sy deernis met gebrokenes, sy onvoorwaardelike liefde en bomenslike geduld met sondaarmense.
Temas wat in hierdie 16 weke lange Bybelstudie voorkom, sluit in:
- God praat deur verwoesting en voorspoed
- God se genade en ontferming is vir alle mense
- God gee uitkoms vir dié wat op Hom wag
- God volhard in sy liefde vir ons
Elke week se studie sal jou laat vra na die betekenis en boodskap van die gelese gedeelte, wat dit sê van God en van mense, en hoe jy die beginsels kan uitleef in jou persoonlike situasie.
Ontdek & Beleef Bybelstudie
Beskikbaar by Christelike Uitgewersmaatskappy
View all posts in this series
Trackback from your site.
Francien van Rensburg
| #
Kan ek jou leerstof aftrek en by ons bybelstudie gebruik. Ons wil graag die 12 kleiner profete bstudeer Groete Francien NG KERK SUIDKUS
Reply
Chris van Wyk
| #
Enigiets op die webtuiste kan jy gebruik met erkenning. Geniet!
Reply
Susan Botha
| #
Ek wil graag bybel studies ontvang
Reply
Chris van Wyk
| #
Hi Susan, jy kan enige van die bydraes op die webtuiste self lees. Jy kan ook inskryf vir die Prontuit die Waarheid wat weer die 2de April hervat. Volg net die instruksies op die webtuiste.
Reply