Skip to main content

Hebreërs 13

Wees gasvry, meelewend, mededeelsaam, gehoorsaam en onderdanig

In ’n gemeenskap wat fokus op Jesus as Leidsman en Voleinder van die geloof en terselfdertyd sorg dat die ander lede van die geloofsgemeenskap nie agterbly en afvallig raak van die lewende God nie, kan mens nie anders as om te fokus op dinge wat die gemeenskap bevestig en bou nie.

Daarom beskryf die skrywer die tipe gemeenskap waarna hulle streef om te wees in die vorm van ’n hele aantal onderlinge houdings en gewoontes.  Hy gee ’n sinopsis van tien van die eienskappe van die geloofsgemeenskap wat as pastorale en etiese onderrig kan dien.

Teks en konteks

Let op julle persoonlike verhoudinge – Hebreërs 13:1-6

Die eerste lys van vyf aspekte het veral te make met hulle persoonlike ruimte:

  • Hebreërs 13:1 – Hulle moet mekaar liefhê – “Die broederliefde moet bly!
  • Hebreërs 13:2 – Hulle moenie versuim om gasvry te wees nie. Só kan hulle straks verras word met engele as gaste!  Dit verwys waarskynlik na Abraham wat God self in die vorm van engele gehuisves het (Gen. 18).
  • Hebreërs 13:3 – Hulle moet sorg vir gevangenes en mishandeldes, asof hulle self gevangenes en mishandeldes is.
  • Hebreërs 13:4 – Hulle moet die huwelik in alle opsigte eerbaar hou. Geen egbreuk en owerspel mag toegelaat word nie.
  • Hebreërs 13:5-6 – Hulle moet vry van geldgierigheid leef. Hoe doen ’n mens dit?  “Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê, ‘Ek sal jou beslis nie verlaat nie en ook nie in die steek laat nie.’”  Dit is dieselfde belofte wat die Here aan Josua gegee het (Deut. 31:6,8; Jos. 1:5) en in gewysigde vorm vroeër aan Jakob (Gen. 28:15).  Dit bly die belofte van God aan sy mense.  Dán, sê die skrywer, sal mens met vertroue kan sê dat die Here vir jou ’n helper is, aangehaal uit Ps. 118:6.

Let op julle gemeenskapsverhoudinge – Hebreërs 13:1-17

Die tweede lys van vyf aspekte het veral met die publieke ruimte van die geloofsgemeenskap te make:

  • Hebreërs 13:7-8 – “Hou altyd julle leiers in gedagte, dié wat die woord van God aan julle verkondig het.” Die skrywer verwys hier waarskynlik meer spesifiek na van die eerste leiers van die kerk in die eerste eeu, die apostels, en hulle nalatenskap ná hulle dood, want die gemeente moet spesifiek ag slaan op die uiteinde van hulle lewensloop en hulle geloof as voorbeeld neem. Daaraan voeg hy by dat “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid,” waarmee hy ’n maatstaf gee waaraan hulle prediking gemeet kan word.  Die woorde was waarskynlik deel van ’n vroeë credo of belydenis van die vroeë kerk.
  • Hebreërs 13:9-14 – “Moenie meegevoer raak deur allerhande vreemde leringe” Hier verwys die skrywer veral na die aandrang van sommige op die nakom van Joodse eet- en offer gebruike.  God se genade word egter nie deur fisiese eetgewoontes en –reëls beleef nie, al het dit ook ’n kultiese offer – en godsdienstige karakter.  Hoekom?  Want, God se genade is iets wat in die hart en deur die werking van die Here Jesus Christus ontvang word en nie deur wat jy eet nie.  Na ’n baie moeilik verstaanbare gedeelte, waar hy basies die voortreflikheid van Christus se offer bó dié van die Joodse offers beskryf (vers 11-12), raai hy hulle aan om hulleself met Christus te identifiseer, al beteken dit ook dat hulle smaad sal verduur.  Hulle soek immers nie ’n aardse heenkome saam met die Joodse volk nie, maar ’n hemelse heenkome in die toekomstig stad van God.
  • Hebreërs 13:15 – Lofprysing moet hulle gemeenskap kenmerk: “dit is die vrug van lippe wat sy Naam saam bely.” Dit moet hulle geloofsgemeenskap in sy samekomste kenmerk.
  • Hebreërs 13:16 – Hulle moet as geloofsgemeenskap nie versuim om goed te doen nie en mededeelsaam te wees in die gemeenskap nie, want dit is die tipe offer wat God se hart bly maak en ’n impak maak.
  • Hebreërs 13:17 – “Wees gehoorsaam en onderdanig aan julle leiers”. Hier het hy waarskynlik die geestelike leiers in die gemeente in gedagte na wie hulle moet luister, veral omdat dié leiers van hulle rekenskap sal moet gee, ’n dure verantwoordelikheid.  Dit sal die leiers ook in staat stel om dié taak van leierskap met vreugde te verrig, want as hulle dit al sugtende moet doen, sal die uitwerking ook nie goed wees op die gemeente nie!

Aanvaar die boodskap van aansporing – Hebreërs 13:18-25

Hy sluit sy brief-boodskap af met ’n aantal laaste versoeke.

  • Hy vra dat hulle vir hom sal bid in sy omstandighede waar hy hom op die oomblik bevind.
  • Hy wil ook hê dat hulle sal vra dat hy aan hulle terugbesorg sal word.
  • Hy bid hulle die seën van die Here toe, veral dat Hy hulle sal toerus met alles wat goed is.
  • En hy pleit by hulle om sy geskrewe boodskap van aansporing te aanvaar.

Boodskap en betekenis

Ek dink elke geloofsgemeenskap moet aan die hand van dié lys van tien houdings en gewoontes ’n eie weergawe opstel wat hulle ooreenkoms met mekaar bevat.  En ons moet onsself daaraan verbind en mekaar daaraan hou.  Ons is dit aan mekaar verskuldig.  Trouens, ons is dit aan die Here self verskuldig.

En hiermee kom ons aan die einde van hierdie besondere brief-boodskap.  Mag die genade ook met julle almal bly soos julle die wedloop wat vir julle voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof.  En mag jy ook sorg dat niemand in die proses agtergelaat word en afvallig raak van die lewende God nie.  Niemand mag die insluiting in die “gemeente van die eersgeborenes” mis nie!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda