Ek lees vanoggend in my stiltetyd die verhaal van koning Josia (2 Kronieke 34; 2 Konings 22:1-20; 23:1-3). Twee dinge staan vir my uit van sy verhaal.
Die eerste is dat hy nie gras onder sy voete laat groei toe hy die “verlore” wetboek van Moses gevind het nie. Hy sit onmiddellik met die bekwame hulp van die profetes Gulda ‘n hervormingsproses aan die gang wat die verval onder die volk verstadig het, en die aanbidding van die Here herstel het.
Die tweede is egter dat sy hervormings nie die gety kon draai nie. Die verval onder die volk was net te groot en hy self val vir die versoeking om teen die wil van die Here in ‘n dwase alliansie met Egipte te gaan.
Gelukkig is dit nie die laaste woord oor die volk van Juda nie, want die Here gebruik die oordeel om ‘n oorblyfsel te vorm wat Hom ná die ballingskap weer terug in hulle land sou dien. Die Here belowe:
“Ek sal die sonde van dié wat Ek laat oorbly, vergewe.” (Jer 50:26)
Dit bly die belofte van die Here ook vir ons tyd. Soos die skrywer van Kronieke sê:
“Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” (2 Kron 16:9)
Dit bly my hoop vir die gemeenskap van gelowiges wat versprei is in alle denominasies regoor die wêreld dat hulle in hulle vertroue op die Here sal volhard en die getuienis van Jesus Christus as die Here regoor die wêreld sal verkondig in woord en daad.
Die tyd vir herlewings is nie verby nie, ook nie in ons eie land nie. Lees weer hieroor en laat die Here jou hart in gebed en smeking roer vir verandering. Ek gee vir jou hier ‘n kort uittreksel uit Bennie Mostert se boek oor die 1857-62 herlewing in Suid-Afrika wat interessant genoeg eerste onder die Xhosas en Zoeloes uitgebreek het.
Lees verder hier…
Skryf hier in om die nuusbrief te ontvang.
Onlangse kommentaar