Skip to main content

Skryf nou in vir Veritas se nagraadse program

Veritas College Internasionaal bied ‘n gestruktureerde en progressiewe studiepad aan deur vier nagraadse programme:

  • Graduate Diploma in Biblical Ministry (Grad Dip)– 30 krediete
  • Master of Arts in Biblical Ministry (MA) – 60 krediete, insluitend die 30 krediete van die Grad Dip
  • Master of Divinity (MDiv) – 72 krediete, insluitend die 60 krediete van die MA
  • Doctor of Ministry (DMin) – 30 krediete

Aangeheg is die Aansoekvorm (Application Form) en Verwysingsvorm (Reference Form) vir die Graduate Diploma in Biblical Ministry. Die VCI Catalog 2025-2026 is ook aangeheg (ook beskikbaar op www.veritascollege.orgGraduate School > Catalog). Lees asseblief die katalogus sorgvuldig deur sodat jy vertroud is met die doelwitte, duur, toelatingsvereistes, studie-eenhede, ens.

  • Die student/aansoeker voltooi die Aansoekvorm en stuur dit dan aan VCIGradSchool@veritascollege.org
  • Die Verwysingsvorm moet deur die pastoor/predikant/geestelike leier van jou gemeente voltooi en direk gestuur word aan VCIGradSchool@veritascollege.org (sonder om die aansoeker in te sluit).
  • Die Beursaansoekvorm vir Verminderde Koste (Scholarship Application Form for Reduced Tuition)  is op versoek beskikbaar en word toegeken op grond van die totale huishoudelike inkomste. Stuur asseblief ‘n aparte e-pos indien jy hierdie vorm wil ontvang.

Voorvereistes is die 4 modules, ‘n plek van bediening, ‘n B-graad of Cert IV – fasilitering is ‘n aanbeveling.

Aansoeke sluit op 8 Augustus 2025, waarna die keuringsproses daarna gedurende Augustus 2025 sal plaasvind. Klasse vir die Grad Dip program sal gedurende die eerste week van September 2025 begin. Alle korrespondensie, insluitend klasroosters, sal gedurende die laaste week van Augustus 2025 aan studente gestuur word.

Kontak my gerus indien jy enige vrae of onsekerhede het.
Seën toegebid in jou oorweging om aansoek te doen.

Chris van Wyk


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…