Skip to main content

Psalm 78:13-39

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Asaf beweeg van die raaisel van onbestendigheid na ‘n erkenning dat vals bekerings niks verander nie. In ’n lang relaas van die gebeure in die woestyn (vers 12–32) vertel hy opeenvolgend van God se versorging (vers 12–16) met die wonderbaarlike trek deur die Rooi See, die voortdurende leiding deur ’n wolk bedags en die lig van vuur snags en die gawe van water in die woestyn. Maar in plaas daarvan dat hulle Hom geëer het daarvoor, het hulle in opstand gekom teen die Allerhoogste (vers 17–20), gevra vir vleis en brood na hulle smaak.  Dit het God se toorn teen hulle laat ontbrand “omdat hulle nie in God geglo het nie en nie op sy verlossing vertrou het nie” Daarom het God hulle gestraf (vers 21–32) met te veel brood en vleis.  Maar in hulle gulsigheid, wat eintlik geen perke geken het nie, het God se toorn hulle getref en “Hy het die sterkstes (dit kan ook met vetstes vertaal word) onder hulle om die lewe gebring en die jongmanne van Israel op hulle knieë gedwing”.  Die ergste was dat selfs dié straf hulle nie van gedagte laat verander nie.  Hulle het steeds nie aan sy wonders geglo nie: “sy wonderdade het vir hulle niks gesê nie” (vers 32). Dit laat die Psalmis diep nadink (vers 33–39) oor die feit dat teenspoed blykbaar nie die gewenste uitwerking het in mense se lewe nie.  Daar is die aanvanklike terugkeer na die Here toe as daar ’n slagting is.  Maar só ’n bekering is te maklik vals.  Al is God genadig en al vergewe Hy, veral omdat Hy weet “dat hulle maar mense is, wind wat verbywaai en nie terugkom nie” (vers 39), baat dit die mense nie.  Hulle kry dit nie vanself reg om van binne af aan God verbind te bly nie.

Bid die Psalm

“Die see het Hy oopgekloof en hulle laat deurtrek. Hy het die water soos mure laat staan. Bedags het Hy hulle met ’n wolk gelei, en snags met ’n lig van vuur. In die woestyn het Hy rotse gekloof, hulle laat drink asof uit diepwaters. Hy het waterstrome uit die rots laat vloei, die water soos riviere laat stroom. Tog het hulle voortgegaan om teen Hom te sondig, en in die woestyn in opstand gekom teen Hom, die Allerhoogste. Met opset het hulle God beproef, en kos geëis na eie smaak. Hulle het God uitgedaag en gesê: “Kan God kos gee in die woestyn? Toe Hy ’n rots geslaan het, het daar water uitgekom en strome het gevloei, maar kan Hy ook brood verskaf en vleis gee vir sy volk?” Toe die Here dit hoor, was Hy baie kwaad. ’n Vuur het teen Jakob ontbrand; sy toorn het teen Israel ontvlam, want hulle het God nie geglo nie, en nie op sy verlossing vertrou nie. Hy het die wolke daarbo beveel, die hemele se deure oopgemaak, Hy het manna op hulle laat reën om te eet, uit die hemel brood vir hulle gegee. Kos van engele het hulle geëet, kos in oorvloed het God gegee. Hy het die oostewind uit die hemel losgelaat, en deur sy groot krag die suidewind laat waai. Hy het vleis oor hulle soos sand laat reën, voëls soos die sand van die seestrand. Hy het dit in hulle kamp laat val, oral rondom hulle tente. Hulle het meer as genoeg geëet. Hy het gegee wat hulle gevra het. Maar hulle honger was nog nie gestil nie. Met die kos nog in hulle mond, het die toorn van God hulle getref. Hy het die sterkste manne neergevel, en die room van Israel neergeslaan. Tog het hulle aanhou sondig, en geweier om in sy wonders te glo. Daarom het Hy hulle dae in nietigheid tot ’n einde laat kom, en hulle jare in onheil. Wanneer God sommige van hulle laat omkom, het hulle weer na sy wil gevra. Dan het hulle berou getoon en ywerig na God toe teruggekom. Hulle het onthou God is hulle rots, en die Allerhoogste hulle verlosser. Maar met die mond het hulle Hom bedrieg; en met die tong vir Hom gelieg. Hulle hart was ontrou aan Hom, sy verbond het hulle nie gehou nie. Tog was Hy genadig en het hulle sondes vergewe en nie hulle almal vernietig nie. Dikwels het Hy sy toorn teruggehou en sy woede nie losgelaat nie. Want Hy het daaraan gedink dat hulle sterflinge is, ’n asempie wat spoedig verdwyn en nooit weer terugkom nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Dit is ‘n Psalm wat ‘n mens tot stilstand ruk. Wat van Israel waar was, is baie keer vandag nog steeds waar van mense wat deel is van die geloofsgemeenskap, maar aanhou sondig, selfs wanneer God hulle in sy genade nie heeltemal vernietig nie. Trouens, dit kan waar wees van jou eie lewe, wanneer jy self in sonde val en jou verbintenis aan die Here nie vars en lewend hou nie. As dit die geval is, is daar net een oplossing, en dit is om God se genade en vergifnis te soek en dan Hom te gehoorsaam en in sy wil te volhard.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…