Skip to main content

Psalm 18:20-25

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Daarom loof Dawid in die derde deel van die Psalm dié God wat hom verlos het. Hy het hom uitgelei na ‘n veilige ruimte, omdat God hom liefhet (vers 20). Hy loof God ook omdat Hy Dawid se onskuld aanvaar het en sy vashou aan die Here raakgesien en beantwoord het (vers 21–25).

Bid die Psalm

“Hy lei my na veiligheid, en red my omdat Hy my liefhet. Die Here beloon my opregtheid; Hy vergoed my onskuld. Want ek was getrou aan die voorskrifte van die Here; ek was nie skuldig teenoor my God nie. Want sy voorskrifte het ek onderhou; en van sy bepalings nie afgewyk nie. Ek is onskuldig voor Hom; ek het weggebly van sonde. Die Here het my opregtheid beloon, want ek was onskuldig voor Hom.” NLV

Boodskap en betekenis

Let op hoe Dawid sy verhouding met God beskryf, want dit gee ons ’n goeie aanduiding hoe ons eie verhouding met God werk: gehoorsaam God se wil; laat jou deur al sy bepalings lei; wyk nie van sy voorskrifte af nie; leef opreg voor God; wees op jou hoede teen enige ongeregtigheid. Psalm 19 gaan verder hierop uitbrei. Gebruik die Psalm om jou te herinner daaraan dat God jou getrouheid raaksien en sal beloon. Daar is niks wat met jou kan gebeur wat jou uit God se hand kan ruk nie. Hy bring vir jou vryheid.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar