Psalm 143
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Daar is verskillende interpretasies van die konteks van Psalm 143. Dit kan wees dat dié Psalm steeds in die konteks van die grot gebid word, as ‘n mens vers 4 vergelyk met vers 4 in Ps. 142 waar min of meer dieselfde taal gebruik word. Baie verklaarders dink egter dat juis die smeekbede in vers 1 en die versoek in vers 8 dui op ‘n gebed in die tempel waarin die Here se aangesig gesoek is binne ‘n moeilike situasie, waarin Dawid se vyande hom agtervolg om hom te verpletter. Uit Dawid se lewensverhaal weet ons van vele sulke gevalle, selfs van die opstand van sy eie seun, Absalom. Die Psalm is liturgies in Gereformeerde kringe as een van die sogenaamde boetepsalms in die Psalmboek hanteer (Ps. 6; 32; 38; 51; 102; 130; 143) veral as gevolg van die belydenis in vers 2 dat: “niemand wat leef, is voor U regverdig nie.” (2020-vertaling). Let op dat Dawid sy smeekgebed nie op enige manier op sy onskuld baseer nie, maar op die Here se trou en regverdigheid. Dit is ‘n fundamentele belydenis van die geloof dat ons van God se genade afhanklik is. Ons sien eggo’s hiervan in die helder uitsprake in Paulus se brief aan die Romeine waar hy dieselfde sentimente aan die vryspraak in Christus koppel (Rom. 1:16-17; 3:20-21). Dit bid Dawid baie doelbewus in die twee dele van die Psalm – vers 1-6 en 7-12 – wat met ‘n Sela aan die einde van vers 6 aangedui word. Sy vertroue is op God en daarom wil Hy ‘n antwoord van God hê in sy nood. Vergelyk vers 1: “Antwoord my in u trou met u regverdige optrede,” en vers 8: ”Laat ek in die môre van u troue liefde bewus word, want op U vertrou ek.”
Bid die Psalm
“’n Dawidspsalm. Luister na my gebed, Here! Hoor tog my smeekgebede. Antwoord my, want U is getrou en regverdig. Moenie ’n regsgeding teen u dienaar begin nie, want niemand wat lewe, is voor U onskuldig nie. My vyand agtervolg my, vertrap my teen die grond, hy laat my in duisternis lewe soos dié wat lankal dood is. Ek het moed verloor; ek is stomgeslaan. Ek dink aan die dae, lank gelede. Ek peins oor al u dade, ek oordink die werke van u hande. Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela Antwoord my tog gou, Here, want ek het moed verloor. Moenie U vir my verberg nie, anders word ek soos dié wat sterf. Laat ek in die oggend hoor van u onfeilbare liefde, want ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebed. Bevry my van my vyande, Here, want ek skuil by U. Leer my om u wil te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei op ’n pad wat gelyk is. Here, laat my lewe ter wille van u Naam; lei my uit my nood, want U is regverdig. Vernietig my vyande ooreenkomstig u trou; laat al my teenstanders omkom, want ek is u dienaar.” NLV
Boodskap en betekenis
Dawid se vertroue word gebaseer op God se dade, nie net in sy eie lewe nie, maar ook dié van “dae lank gelede,” waarin God juis die werk van sy hande geopenbaar het sodat almal dit kan sien. Daarom strek hy sy hande uit na God en bid hy dat die Here hom tog gou sal antwoord en sy gesig nie vir hom sal verberg nie: “my gees is gedaan.” Let daarom veral op hoe hy in kontras met sy eie gees wat gedaan is, bid dat hy nie net van God se troue liefde in die môre – waarskynlik na ‘n nag van bid vóór die Here in die tempel – bewus sal word nie, maar ook deur die Here die pad gewys sal word wat hy moet loop: “Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is … U goeie Gees moet my lei op gelyk grond.” Dit is tegelykertyd ook ‘n fundamentele belydenis, hoewel Dawid en die res van die OT gelowiges dié werklikheid nog net ten dele geken het. Dit is God se Gees wat ons op gelyk grond laat loop, nie iets wat intrinsiek tot ons eie gees en insig behoort nie. Die gelyk grond verwys ook nie na ‘n pad sonder uitdagings nie. Dit bedoel maar net dat die regte onderskeiding van dié dinge waarop dit regtig aankom, dié dinge wat God se goedkeuring wegdra, gedoen kan word. Dawid brei in die laaste twee verse uit op nóg gronde vir die verhoring van sy gebed wat vir ons ‘n goeie sinopsis gee van waarop ons ook kan staatmaak in ons gebede. Let op die vier motiverings wat hy aanvoer op grond waarvan God hom van sy vyande moet verlos:
- “Ter wille van u Naam, Here,”
- “Deur u regverdige optrede,”
- “In u troue liefde,”
- Want ek is u dienskneg.”
Dit gaan dus oor God en God se getuienis in die wêreld, sy Naam, soos Jesus ons ook in die Ons Vader leer bid het. Dit gaan dus oor God en God se karakter, soos Hy Hom openbaar het: ‘n regverdige en liefdevolle God wat trou bly aan gelowiges. Dit gaan in die laaste plek tog ook oor sy verbintenis aan ons, sy diensknegte, in NT terme, sy kinders. Daarop kan ons staatmaak ook in ons gebede.
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
View all posts in this series
- Beplanning – Bid die Psalms 2026 - December 9, 2025
- Inleiding – Bid die Psalms 2026 - December 21, 2025
- Psalm 1 - December 22, 2025
- Psalm 2:1-6 - December 23, 2025
- Psalm 2:7-12 - December 24, 2025
- Psalm 3 - December 25, 2025
- Psalm 4 - December 26, 2025
- Psalm 5:1-9 - December 27, 2025
- Psalm 5:10-13 - December 28, 2025
- Psalm 6 - December 29, 2025
- Psalm 7:1-10 - December 30, 2025
- Psalm 7:11-18 - December 31, 2025
- Psalm 8 - January 1, 2026
- Psalm 9:1-13 - January 2, 2026
- Psalm 9:14-21 - January 3, 2026
- Psalm 10:1-13 - January 4, 2026
- Psalm 10:14-18 - January 5, 2026
- Psalm 11 - January 6, 2026
- Psalm 12 - January 7, 2026
- Psalm 13 - January 8, 2026
- Psalm 14 - January 9, 2026
- Psalm 15 - January 10, 2026
- Psalm 16:1-6 - January 11, 2026
- Psalm 16:7-11 - January 12, 2026
- Psalm 17:1-9 - January 13, 2026
- Psalm 17:10-15 - January 14, 2026
- Psalm 18:1-4 - January 15, 2026
- Psalm 18:5-19 - January 16, 2026
- Psalm 18:20-25 - January 17, 2026
- Psalm 18:26-36 - January 18, 2026
- Psalm 18:37-46 - January 19, 2026
- Psalm 18:47-51 - January 20, 2026
- Psalm 19:1-7 - January 21, 2026
- Psalm 19:8-15 - January 22, 2026
- Psalm 20 - January 23, 2026
- Psalm 21:1-8 - January 24, 2026
- Psalm 21:9-14 - January 25, 2026
- Psalm 22:1-12 - January 26, 2026
- Psalm 22:13-22a - January 27, 2026
- Psalm 22:22b-31 - January 28, 2026
- Psalm 23 - January 29, 2026
- Psalm 24 - January 30, 2026
- Psalm 25:1-7 - January 31, 2026
- Psalm 25:8-15 - February 1, 2026
- Psalm 25:16-22 - February 2, 2026
- Psalm 26:1-5 - February 3, 2026
- Psalm 26:6-12 - February 4, 2026
- Psalm 27:1-6 - February 5, 2026
- Psalm 27:7-14 - February 6, 2026
- Psalm 28 - February 7, 2026
- Psalm 29 - February 8, 2026
- Psalm 30:1-6 - February 9, 2026
- Psalm 30:7-13 - February 10, 2026
- Psalm 31:1-7 - February 11, 2026
- Psalm 31:8-14 - February 12, 2026
- Psalm 31:15-19 - February 13, 2026
- Psalm 31:20-25 - February 14, 2026
- Psalm 32 - February 15, 2026
- Psalm 33:1-12 - February 16, 2026
- Psalm 33:13-22 - February 17, 2026
- Psalm 34:1-9 - February 18, 2026
- Psalm 34:10-15 - February 19, 2026
- Psalm 34:16-23 - February 20, 2026
- Psalm 35:1-8 - February 21, 2026
- Psalm 35:9-18 - February 22, 2026
- Psalm 35:19-28 - February 23, 2026
- Psalm 36 - February 24, 2026
- Psalm 37:1-11 - February 25, 2026
- Psalm 37:12-22 - February 26, 2026
- Psalm 37:23-29 - February 27, 2026
- Psalm 37:30-40 - February 28, 2026
- Psalm 38:1-12 - March 1, 2026
- Psalm 38:13-23 - March 2, 2026
- Psalm 39:1-6 - March 3, 2026
- Psalm 39:7-14 - March 4, 2026
- Psalm 40:1-11 - March 5, 2026
- Psalm 40:12-18 - March 6, 2026
- Psalm 41 - March 7, 2026
- Psalm 42 - March 8, 2026
- Psalm 43 - March 9, 2026
- Psalm 44:1-9 - March 10, 2026
- Psalm 44:10-27 - March 11, 2026
- Psalm 45:1-8 - March 12, 2026
- Psalm 45:9-18 - March 13, 2026
- Psalm 46 - March 14, 2026
- Psalm 47 - March 15, 2026
- Psalm 48 - March 16, 2026
- Psalm 49:1-14 - March 17, 2026
- Psalm 49:15-21 - March 18, 2026
- Psalm 50:1-15 - March 19, 2026
- Psalm 50:16-23 - March 20, 2026
- Psalm 51:1-11 - March 21, 2026
- Psalm 51:12-19 - March 22, 2026
- Psalm 52 - March 23, 2026
- Psalm 53 - March 24, 2026
- Psalm 54 - March 25, 2026
- Psalm 55:1-9 - March 26, 2026
- Psalm 55:10-15 - March 27, 2026
- Psalm 55:16-24 - March 28, 2026
- Psalm 56:1-8 - March 29, 2026
- Psalm 56:9-14 - March 30, 2026
- Psalm 57 - March 31, 2026
- Psalm 58 - April 1, 2026
- Psalm 59:1-6 - April 2, 2026
- Psalm 59:7-18 - April 3, 2026
- Psalm 60:1-7 - April 4, 2026
- Psalm 60:8-14 - April 5, 2026
- Psalm 61 - April 6, 2026
- Psalm 62 - April 7, 2026
- Psalm 63 - April 8, 2026
- Psalm 64 - April 9, 2026
- Psalm 65 - April 10, 2026
- Psalm 66:1-12 - April 11, 2026
- Psalm 66:13-20 - April 12, 2026
- Psalm 67 - April 13, 2026
- Psalm 68:1-11 - April 14, 2026
- Psalm 68:12-24 - April 15, 2026
- Psalm 68:25-36 - April 16, 2026
- Psalm 69:1-5 - April 17, 2026
- Psalm 69:6-19 - April 18, 2026
- Psalm 69:20-30 - April 19, 2026
- Psalm 69:31-37 - April 20, 2026
- Psalm 70 - April 21, 2026
- Psalm 71:1-8 - April 22, 2026
- Psalm 71:9-16 - April 23, 2026
- Psalm 71:17-24 - April 24, 2026
- Psalm 72:1-14 - April 25, 2026
- Psalm 72:15-20 - April 26, 2026
- Psalm 73:1-14 - April 27, 2026
- Psalm 73:15-28 - April 28, 2026
- Psalm 74:1-11 - April 29, 2026
- Psalm 74:12-23 - April 30, 2026
- Psalm 75 - May 1, 2026
- Psalm 76 - May 2, 2026
- Psalm 77:1-11 - May 3, 2026
- Psalm 77:12-21 - May 4, 2026
- Psalm 78:1-12 - May 5, 2026
- Psalm 78:13-39 - May 6, 2026
- Psalm 78:40-72 - May 7, 2026
- Psalm 79 - May 8, 2026
- Psalm 80:1-8 - May 9, 2026
- Psalm 80:9-20 - May 10, 2026
- Psalm 81:1-8 - May 11, 2026
- Psalm 81:9-17 - May 12, 2026
- Psalm 82 - May 13, 2026
- Psalm 83:1-9 - May 14, 2026
- Psalm 83:10-19 - May 15, 2026
- Psalm 84 - May 16, 2026
- Psalm 85 - May 17, 2026
- Psalm 86:1-10 - May 18, 2026
- Psalm 86:11-17 - May 19, 2026
- Psalm 87 - May 20, 2026
- Psalm 88 - May 21, 2026
- Psalm 89:1-19 - May 22, 2026
- Psalm 89:20-38 - May 23, 2026
- Psalm 89:39-53 - May 24, 2026
- Psalm 90:1-12 - May 25, 2026
- Psalm 90:13-17 - May 26, 2026
- Psalm 91 - May 27, 2026
- Psalm 92 - May 28, 2026
- Psalm 93 - May 29, 2026
- Psalm 94:1-11 - May 30, 2026
- Psalm 94:12-23 - May 31, 2026
- Psalm 95 - June 1, 2026
- Psalm 96 - June 2, 2026
- Psalm 97 - June 3, 2026
- Psalm 98 - June 4, 2026
- Psalm 99 - June 5, 2026
- Psalm 100 - June 6, 2026
- Psalm 101 - June 7, 2026
- Psalm 102:1-12 - June 8, 2026
- Psalm 102:13-23 - June 9, 2026
- Psalm 102:24-29 - June 10, 2026
- Psalm 103:1-5 - June 11, 2026
- Psalm 103:6-18 - June 12, 2026
- Psalm 103:19-22 - June 13, 2026
- Psalm 104:1-9 - June 14, 2026
- Psalm 104:10-19 - June 15, 2026
- Psalm 104:20-30 - June 16, 2026
- Psalm 104:31-35 - June 17, 2026
- Psalm 105:1-11 - June 18, 2026
- Psalm 105:12-23 - June 19, 2026
- Psalm 105:24-36 - June 20, 2026
- Psalm 105:37-45 - June 21, 2026
- Psalm 106:1-5 - June 22, 2026
- Psalm 106:6-12 - June 23, 2026
- Psalm 106:13-33 - June 24, 2026
- Psalm 106:34-42 - June 25, 2026
- Psalm 106:43-48 - June 26, 2026
- Psalm 107:1-9 - June 27, 2026
- Psalm 107:10-16 - June 28, 2026
- Psalm 107:17-22 - June 29, 2026
- Psalm 107:23-32 - June 30, 2026
- Psalm 107:33-38 - July 1, 2026
- Psalm 107:39-43 - July 2, 2026
- Psalm 108:1-5 - July 3, 2026
- Psalm 108:6-14 - July 4, 2026
- Psalm 109:1-5 - July 5, 2026
- Psalm 109:6-19 - July 6, 2026
- Psalm109:20-31 - July 7, 2026
- Psalm 110 - July 8, 2026
- Psalm 111 - July 9, 2026
- Psalm 112 - July 10, 2026
- Psalm 113 - July 11, 2026
- Psalm 114 - July 12, 2026
- Psalm 115 - July 13, 2026
- Psalm 116:1-8 - July 14, 2026
- Psalm 116:9-19 - July 15, 2026
- Psalm 117 - July 16, 2026
- Psalm 118:1-18 - July 17, 2026
- Psalm 118:19-29 - July 18, 2026
- Psalm 119:1-8 - July 19, 2026
- Psalm 119:9-16 - July 20, 2026
- Psalm 119:17-24 - July 21, 2026
- Psalm 119:25-32 - July 22, 2026
- Psalm 119:33-40 - July 23, 2026
- Psalm 119:41-48 - July 24, 2026
- Psalm 119:49-56 - July 25, 2026
- Psalm 119:57-64 - July 26, 2026
- Psalm 119:65-72 - July 27, 2026
- Psalm 119:73-80 - July 28, 2026
- Psalm 119:81-88 - July 29, 2026
- Psalm 119:89-96 - July 30, 2026
- Psalm 119:97-104 - July 31, 2026
- Psalm 119:105-112 - August 1, 2026
- Psalm 119:113-120 - August 2, 2026
- Psalm 119:121-128 - August 3, 2026
- Psalm 119:129-136 - August 4, 2026
- Psalm 119:137-144 - August 5, 2026
- Psalm 119:145-152 - August 6, 2026
- Psalm 119:153-160 - August 7, 2026
- Psalm 119:161-168 - August 8, 2026
- Psalm 119:169-176 - August 9, 2026
- Psalm 120 - August 10, 2026
- Psalm 121 - August 11, 2026
- Psalm 122 - August 12, 2026
- Psalm 123 - August 13, 2026
- Psalm 124 - August 14, 2026
- Psalm 125 - August 15, 2026
- Psalm 126 - August 16, 2026
- Psalm 127 - August 17, 2026
- Psalm 128 - August 18, 2026
- Psalm 129 - August 19, 2026
- Psalm 130 - August 20, 2026
- Psalm 131 - August 21, 2026
- Psalm 132 - August 22, 2026
- Psalm 133 - August 23, 2026
- Psalm 134 - August 24, 2026
- Psalm 135 - August 25, 2026
- Psalm 136 - August 26, 2026
- Psalm 137 - August 27, 2026
- Psalm 138 - August 28, 2026
- Psalm 139 - August 29, 2026
- Psalm 140 - August 30, 2026
- Psalm 141 - August 31, 2026
- Psalm 142 - September 1, 2026
- Psalm 143 - September 2, 2026
- Psalm 144 - September 3, 2026
- Psalm 145 - September 4, 2026
- Psalm 146 - September 5, 2026
- Psalm 147 - September 6, 2026
- Psalm 148 - September 7, 2026
- Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?
- Psalm 149 - September 8, 2026
- Psalm 150 - September 9, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar