Psalm 57
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Psalm 57 word weereens met ’n noodsituasie uit Dawid se lewe verbind, dié keer met die gebeure toe hy van Saul in ‘n grot ingevlug het. Ons lees in Samuel van twee sulke geleenthede, waarvan hierdie Psalm waarskynlik na die tweede verwys, die verhaal in 1 Samuel 24, waar Dawid ’n stukkie van Saul se mantel afgesny het. Veral Psalm 57:7 kan ‘n digterlike verwysing na hierdie gebeure in die grot wees: Hulle het ’n gat voor my gegrawe, maar het self daarin geval.” Die aanwysing vir die koorleier om die Psalm uit te voer op die wysie van “Moenie verwoes nie!” is een wat ook vir die volgende twee Psalms gebruik word (Ps. 58 en 59 – Ps 75 verwys ook daarna). Dit is nogal ‘n veelseggende titel – aan die een kant vra Dawid in die Psalm om God se genade te ervaar, en nie verwoes te word nie, maar vra wel aan die ander kant vir verwoesting vir sy vyande. Let op in vers 1-6 hoe die grot vir Dawid eintlik ’n metafoor word van sy behoefte aan skuiling by God. Hy wil by God skuil tot die bedreiging verby is. In ver 7-12 is die situasie omgekeer, die gat wat vir hom gegrawe is, het tot hulle eie ondergang gelei. Daarom voel Dawid weer veilig en verseker en wil hy in die oopte buite die grot gaan sing, die rooidag wakker maak, omdat God sy situasie verander het. Let op hoe hierdie boodskap ook van universele betekenis geag word, iets waarvan die nasies kennis moet neem. God se liefde reik tot in die hemel, sy trou tot in die wolke.
Bid die Psalm
“Vir die koorleier: Op die wysie van “Moenie verwoes nie”. Van Dawid. ’n Gedig, met verwysing na die gebeurtenis toe hy in die grot van Saul af weggevlug het. Wees my genadig, o God, wees my genadig! Ek soek skuiling by U. In die skaduwee van u vlerke sal ek skuil totdat die onheil verby is. Ek roep tot God die Allerhoogste, tot God wat gereed is om te help. Uit die hemel antwoord Hy en red my; hulle wat my wil vernietig, sal Hy verneder. Sela God sal sy trou en waarheid stuur. Ek is omring deur leeus, tussen bloeddorstige mense wat my wil verskeur. Hulle tande is soos spiese en pyle, hulle tonge so skerp soos swaarde. O God, mag U geprys word ver bokant die hemele, en u heerlikheid besing word oor die hele aarde. Hulle het vir my voete ’n lokval gestel. Ek voel terneergedruk. Hulle het ’n gat voor my gegrawe, maar het self daarin geval. Sela Ek vertrou geheel en al op U. Op U, o God, vertrou ek onwrikbaar. Ek wil lofliedere sing. “Word vroeg wakker!” sê ek. “Harp en lier, word wakker!” Ek wil die dagbreek wakker maak! Voor die volke wil ek U prys, Here, tussen die nasies wil ek u lof besing. Want u trou is hoër as die hemele, u waarheid reik tot in die wolke. Mag U verhewe wees tot bo die hemele, o God, en u heerlikheid erken word oor die hele aarde.” NLV
Boodskap en betekenis
Die wraakgedagtes in die Psalm is deel van die sin vir regverdigheid wat die OT openbaar, en in Dawid se gebede geëggo word. Die kwaad móét vergeld word aan dié wat dit gepleeg het, en God word ingeroep as die een wat dit moet uitdeel (Eks 21:24; Deut. 19:21 – vgl. ook Lev. 24:20). Die wraak Psalms het dus ‘n plek, enersyds as ‘n perspektief op die pad wat Dawid met God gestap het, en andersyds as ‘n verwoording van ons eie geregverdigde woede oor onreg en vervolging. Soms het ons nodig om “woorde aan ons woede te gee” (Bybel vir die Lewe), en die wraak Psalms kan ons daarmee help. Ons moet ook nie vergeet dat daar wel ‘n oordeel aan die einde van die tyd is waar God sy reg om te straf en te vergeld sal uitoefen. Dat ons in genadetyd leef, moet ons nie die sekerheid van die oordeel deur God laat vergeet nie. Paulus is duidelik daaroor: “Die toorn van God word vanaf die hemel geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van mense wat volhou om die waarheid deur ongeregtigheid te probeer onderdruk.” (Rom. 1:18) Hierdie Psalm wil ons ook wakker maak vir die skandaal van onreg, korrupsie en geweld by die maghebbers in die samelewing. In die lig daarvan bid Dawid met groot erns vir vergelding en regstelling, sodat almal sal erken, daar is tóg ’n God wat reg op aarde sal laat geskied!
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
View all posts in this series
- Beplanning – Bid die Psalms 2026 - December 9, 2025
- Inleiding – Bid die Psalms 2026 - December 21, 2025
- Psalm 1 - December 22, 2025
- Psalm 2:1-6 - December 23, 2025
- Psalm 2:7-12 - December 24, 2025
- Psalm 3 - December 25, 2025
- Psalm 4 - December 26, 2025
- Psalm 5:1-9 - December 27, 2025
- Psalm 5:10-13 - December 28, 2025
- Psalm 6 - December 29, 2025
- Psalm 7:1-10 - December 30, 2025
- Psalm 7:11-18 - December 31, 2025
- Psalm 8 - January 1, 2026
- Psalm 9:1-13 - January 2, 2026
- Psalm 9:14-21 - January 3, 2026
- Psalm 10:1-13 - January 4, 2026
- Psalm 10:14-18 - January 5, 2026
- Psalm 11 - January 6, 2026
- Psalm 12 - January 7, 2026
- Psalm 13 - January 8, 2026
- Psalm 14 - January 9, 2026
- Psalm 15 - January 10, 2026
- Psalm 16:1-6 - January 11, 2026
- Psalm 16:7-11 - January 12, 2026
- Psalm 17:1-9 - January 13, 2026
- Psalm 17:10-15 - January 14, 2026
- Psalm 18:1-4 - January 15, 2026
- Psalm 18:5-19 - January 16, 2026
- Psalm 18:20-25 - January 17, 2026
- Psalm 18:26-36 - January 18, 2026
- Psalm 18:37-46 - January 19, 2026
- Psalm 18:47-51 - January 20, 2026
- Psalm 19:1-7 - January 21, 2026
- Psalm 19:8-15 - January 22, 2026
- Psalm 20 - January 23, 2026
- Psalm 21:1-8 - January 24, 2026
- Psalm 21:9-14 - January 25, 2026
- Psalm 22:1-12 - January 26, 2026
- Psalm 22:13-22a - January 27, 2026
- Psalm 22:22b-31 - January 28, 2026
- Psalm 23 - January 29, 2026
- Psalm 24 - January 30, 2026
- Psalm 25:1-7 - January 31, 2026
- Psalm 25:8-15 - February 1, 2026
- Psalm 25:16-22 - February 2, 2026
- Psalm 26:1-5 - February 3, 2026
- Psalm 26:6-12 - February 4, 2026
- Psalm 27:1-6 - February 5, 2026
- Psalm 27:7-14 - February 6, 2026
- Psalm 28 - February 7, 2026
- Psalm 29 - February 8, 2026
- Psalm 30:1-6 - February 9, 2026
- Psalm 30:7-13 - February 10, 2026
- Psalm 31:1-7 - February 11, 2026
- Psalm 31:8-14 - February 12, 2026
- Psalm 31:15-19 - February 13, 2026
- Psalm 31:20-25 - February 14, 2026
- Psalm 32 - February 15, 2026
- Psalm 33:1-12 - February 16, 2026
- Psalm 33:13-22 - February 17, 2026
- Psalm 34:1-9 - February 18, 2026
- Psalm 34:10-15 - February 19, 2026
- Psalm 34:16-23 - February 20, 2026
- Psalm 35:1-8 - February 21, 2026
- Psalm 35:9-18 - February 22, 2026
- Psalm 35:19-28 - February 23, 2026
- Psalm 36 - February 24, 2026
- Psalm 37:1-11 - February 25, 2026
- Psalm 37:12-22 - February 26, 2026
- Psalm 37:23-29 - February 27, 2026
- Psalm 37:30-40 - February 28, 2026
- Psalm 38:1-12 - March 1, 2026
- Psalm 38:13-23 - March 2, 2026
- Psalm 39:1-6 - March 3, 2026
- Psalm 39:7-14 - March 4, 2026
- Psalm 40:1-11 - March 5, 2026
- Psalm 40:12-18 - March 6, 2026
- Psalm 41 - March 7, 2026
- Psalm 42 - March 8, 2026
- Psalm 43 - March 9, 2026
- Psalm 44:1-9 - March 10, 2026
- Psalm 44:10-27 - March 11, 2026
- Psalm 45:1-8 - March 12, 2026
- Psalm 45:9-18 - March 13, 2026
- Psalm 46 - March 14, 2026
- Psalm 47 - March 15, 2026
- Psalm 48 - March 16, 2026
- Psalm 49:1-14 - March 17, 2026
- Psalm 49:15-21 - March 18, 2026
- Psalm 50:1-15 - March 19, 2026
- Psalm 50:16-23 - March 20, 2026
- Psalm 51:1-11 - March 21, 2026
- Psalm 51:12-19 - March 22, 2026
- Psalm 52 - March 23, 2026
- Psalm 53 - March 24, 2026
- Psalm 54 - March 25, 2026
- Psalm 55:1-9 - March 26, 2026
- Psalm 55:10-15 - March 27, 2026
- Psalm 55:16-24 - March 28, 2026
- Psalm 56:1-8 - March 29, 2026
- Psalm 56:9-14 - March 30, 2026
- Psalm 57 - March 31, 2026
- Psalm 58 - April 1, 2026
- Psalm 59:1-6 - April 2, 2026
- Psalm 59:7-18 - April 3, 2026
- Psalm 60:1-7 - April 4, 2026
- Psalm 60:8-14 - April 5, 2026
- Psalm 61 - April 6, 2026
- Psalm 62 - April 7, 2026
- Psalm 63 - April 8, 2026
- Psalm 64 - April 9, 2026
- Psalm 65 - April 10, 2026
- Psalm 66:1-12 - April 11, 2026
- Psalm 66:13-20 - April 12, 2026
- Psalm 67 - April 13, 2026
- Psalm 68:1-11 - April 14, 2026
- Psalm 68:12-24 - April 15, 2026
- Psalm 68:25-36 - April 16, 2026
- Psalm 69:1-5 - April 17, 2026
- Psalm 69:6-19 - April 18, 2026
- Psalm 69:20-30 - April 19, 2026
- Psalm 69:31-37 - April 20, 2026
- Psalm 70 - April 21, 2026
- Psalm 71:1-8 - April 22, 2026
- Psalm 71:9-16 - April 23, 2026
- Psalm 71:17-24 - April 24, 2026
- Psalm 72:1-14 - April 25, 2026
- Psalm 72:15-20 - April 26, 2026
- Psalm 73:1-14 - April 27, 2026
- Psalm 73:15-28 - April 28, 2026
- Psalm 74:1-11 - April 29, 2026
- Psalm 74:12-23 - April 30, 2026
- Psalm 75 - May 1, 2026
- Psalm 76 - May 2, 2026
- Psalm 77:1-11 - May 3, 2026
- Psalm 77:12-21 - May 4, 2026
- Psalm 78:1-12 - May 5, 2026
- Psalm 78:13-39 - May 6, 2026
- Psalm 78:40-72 - May 7, 2026
- Psalm 79 - May 8, 2026
- Psalm 80:1-8 - May 9, 2026
- Psalm 80:9-20 - May 10, 2026
- Psalm 81:1-8 - May 11, 2026
- Psalm 81:9-17 - May 12, 2026
- Psalm 82 - May 13, 2026
- Psalm 83:1-9 - May 14, 2026
- Psalm 83:10-19 - May 15, 2026
- Psalm 84 - May 16, 2026
- Psalm 85 - May 17, 2026
- Psalm 86:1-10 - May 18, 2026
- Psalm 86:11-17 - May 19, 2026
- Psalm 87 - May 20, 2026
- Psalm 88 - May 21, 2026
- Psalm 89:1-19 - May 22, 2026
- Psalm 89:20-38 - May 23, 2026
- Psalm 89:39-53 - May 24, 2026
- Psalm 90:1-12 - May 25, 2026
- Psalm 90:13-17 - May 26, 2026
- Psalm 91 - May 27, 2026
- Psalm 92 - May 28, 2026
- Psalm 93 - May 29, 2026
- Psalm 94:1-11 - May 30, 2026
- Psalm 94:12-23 - May 31, 2026
- Psalm 95 - June 1, 2026
- Psalm 96 - June 2, 2026
- Psalm 97 - June 3, 2026
- Psalm 98 - June 4, 2026
- Psalm 99 - June 5, 2026
- Psalm 100 - June 6, 2026
- Psalm 101 - June 7, 2026
- Psalm 102:1-12 - June 8, 2026
- Psalm 102:13-23 - June 9, 2026
- Psalm 102:24-29 - June 10, 2026
- Psalm 103:1-5 - June 11, 2026
- Psalm 103:6-18 - June 12, 2026
- Psalm 103:19-22 - June 13, 2026
- Psalm 104:1-9 - June 14, 2026
- Psalm 104:10-19 - June 15, 2026
- Psalm 104:20-30 - June 16, 2026
- Psalm 104:31-35 - June 17, 2026
- Psalm 105:1-11 - June 18, 2026
- Psalm 105:12-23 - June 19, 2026
- Psalm 105:24-36 - June 20, 2026
- Psalm 105:37-45 - June 21, 2026
- Psalm 106:1-5 - June 22, 2026
- Psalm 106:6-12 - June 23, 2026
- Psalm 106:13-33 - June 24, 2026
- Psalm 106:34-42 - June 25, 2026
- Psalm 106:43-48 - June 26, 2026
- Psalm 107:1-9 - June 27, 2026
- Psalm 107:10-16 - June 28, 2026
- Psalm 107:17-22 - June 29, 2026
- Psalm 107:23-32 - June 30, 2026
- Psalm 107:33-38 - July 1, 2026
- Psalm 107:39-43 - July 2, 2026
- Psalm 108:1-5 - July 3, 2026
- Psalm 108:6-14 - July 4, 2026
- Psalm 109:1-5 - July 5, 2026
- Psalm 109:6-19 - July 6, 2026
- Psalm109:20-31 - July 7, 2026
- Psalm 110 - July 8, 2026
- Psalm 111 - July 9, 2026
- Psalm 112 - July 10, 2026
- Psalm 113 - July 11, 2026
- Psalm 114 - July 12, 2026
- Psalm 115 - July 13, 2026
- Psalm 116:1-8 - July 14, 2026
- Psalm 116:9-19 - July 15, 2026
- Psalm 117 - July 16, 2026
- Psalm 118:1-18 - July 17, 2026
- Psalm 118:19-29 - July 18, 2026
- Psalm 119:1-8 - July 19, 2026
- Psalm 119:9-16 - July 20, 2026
- Psalm 119:17-24 - July 21, 2026
- Psalm 119:25-32 - July 22, 2026
- Psalm 119:33-40 - July 23, 2026
- Psalm 119:41-48 - July 24, 2026
- Psalm 119:49-56 - July 25, 2026
- Psalm 119:57-64 - July 26, 2026
- Psalm 119:65-72 - July 27, 2026
- Psalm 119:73-80 - July 28, 2026
- Psalm 119:81-88 - July 29, 2026
- Psalm 119:89-96 - July 30, 2026
- Psalm 119:97-104 - July 31, 2026
- Psalm 119:105-112 - August 1, 2026
- Psalm 119:113-120 - August 2, 2026
- Psalm 119:121-128 - August 3, 2026
- Psalm 119:129-136 - August 4, 2026
- Psalm 119:137-144 - August 5, 2026
- Psalm 119:145-152 - August 6, 2026
- Psalm 119:153-160 - August 7, 2026
- Psalm 119:161-168 - August 8, 2026
- Psalm 119:169-176 - August 9, 2026
- Psalm 120 - August 10, 2026
- Psalm 121 - August 11, 2026
- Psalm 122 - August 12, 2026
- Psalm 123 - August 13, 2026
- Psalm 124 - August 14, 2026
- Psalm 125 - August 15, 2026
- Psalm 126 - August 16, 2026
- Psalm 127 - August 17, 2026
- Psalm 128 - August 18, 2026
- Psalm 129 - August 19, 2026
- Psalm 130 - August 20, 2026
- Psalm 131 - August 21, 2026
- Psalm 132 - August 22, 2026
- Psalm 133 - August 23, 2026
- Psalm 134 - August 24, 2026
- Psalm 135 - August 25, 2026
- Psalm 136 - August 26, 2026
- Psalm 137 - August 27, 2026
- Psalm 138 - August 28, 2026
- Psalm 139 - August 29, 2026
- Psalm 140 - August 30, 2026
- Psalm 141 - August 31, 2026
- Psalm 142 - September 1, 2026
- Psalm 143 - September 2, 2026
- Psalm 144 - September 3, 2026
- Psalm 145 - September 4, 2026
- Psalm 146 - September 5, 2026
- Psalm 147 - September 6, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar