Skip to main content

Psalm 103:1-5

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 103 is ’n besondere lofpsalm, die eerste van ’n besondere lofpsalm reeks – Psalm 103–106 – wat saam die 4de Psalmboek afsluit. Psalm 103 is die enigste Psalm van dié 4 Psalms wat ’n opskrif het: “van Dawid”. Omdat Psalm 105 en 106 sterk aan die Dawidiese tradisie verbind is (vgl. 1 Kron. 16-17 waar Dawid die tuiskoms van die ark in Jerusalem vier en omvattende seën van God ontvang; trouens, dele van hierdie Psalm 105 en 106, saam met die hele Psalm 96, is vir die eerste keer met die ark se tuiskoms in gebruik geneem) kan al vier Psalms aan Dawid verbind word. Psalm 103 fokus op lofprysing as ’n persoonlike, korporatiewe en universele gebeure waaraan almal in die hemel en op aarde moet deelneem. Dit beskryf God se wese en werk op haas onvergelyklike manier. Die Psalm begin in vers 1 en eindig in vers 22 met ’n persoonlike oproep tot lofprysing: “Ek wil die Here prys…” Tussen-in word die Psalm opgedeel in drie oproepe tot lofprysing: 1)Persoonlik lofprysing – vers 1-5;2) Lofprysing in die geloofsgemeenskap – vers 6-18; 3) Lofprysing van die hemelse wesens – vers 19–22. Ons lees dit in drie dele.

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. Ek wil die Here prys. Met alles wat binne-in my is, wil ek sy heilige Naam prys. Ek wil die Here prys en nie al sy goeie dade vergeet nie. Hy vergewe al jou sondes, en genees al jou siektes. Hy verlos jou lewe van die dood, bekroon jou met liefde en medelye. Hy vul jou lewe met goeie dinge, vernuwe jou jeug soos ’n arend s’n.” NLV

Boodskap en betekenis

Vers 1 lui in die 1933-vertaling: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!” Daardie “alles wat binne-in my is”, dui letterlik op jou binnegoed (derms) en metafories op jou binnekant in terme van gedagtes en emosies. Die siel dui op jou wese, jou menswees, jou persoon of persoonlikheid, dit wat die wêreld van jou kan agterkom in terme van jou interaksie met hulle. Die bedoeling is dus dat die Here met jou hele menswees, wat jou gedagtes en emosies insluit, jou buitekant en jou binnekant, geloof en geprys moet word. Die inhoud van Dawid se lofprysing fokus op God se persoonlik weldade waarvan hy geeneen wil vergeet nie, dat Hy al sy sondeskuld vergewe het, dat Hy hom van al sy siektes genees, selfs sy lewe vrykoop van die dood en hom kroon met troue liefde en ontferming. Dié God versadig vir Dawid met die goeie en gee hom die jeugdige krag van die arend. Loof Hom vir al die seëninge wat jy ook mildelik uit sy hand ontvang het.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…