Skip to main content

Psalm 80:9-20

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis maak sy appèl op God om herstel deur die pragtige metafoor van Israel as God se wingerdstok wat Hy uit Egipte gaan haal het om in Israel te kom plant, in te span.  Dit is ’n metafoor wat gereeld in die profete van die OT gebruik is (Jes. 5:1-7; Jer. 2:21; 12:10; Eseg. 19:10-14; Hos. 10:1 – ook Jakob verwys na sy nageslag met dié metafoor in sy gebed in Gen. 49:22). Die Here het tog self vir Israel ’n plek reggemaak, hy kon floreer in sy gebied en sy lote uitstoot tot aan die Eufraat. Maar nou is die mure om die land, by wyse van spreke, afgebreek en stroop al die verbygangers, wildevarke en gediertes uit die veld God se wingerd.  Dit kan tog nie, God moet mos optree!  Hy span dus die beeld van Israel as wingerdstok in om die Here tot aksie te beweeg, om tog uit die hemel af te kyk (vers 15) en Hom oor Israel, oor sy wingerdstok, te ontferm en weer onder Sy sorg te neem.  “Hou in stand wat U met u eie hand geplant het, die wingerdstok wat U vir Uself gekweek het!” (vers 16). Daarom bid Hy dat die Here Hom nie net oor die heelal sal bekommer nie, maar oor sy mense met wie Hy in ’n intieme verhouding is, Hom oor hulle sal ontferm en weer onder sy sorg sal neem.  En hy vra dat die volke wat Israel vernietig het eerder tot niet sal gaan (vers 17).  “Dán sal ons nie weer van U af wegdraai nie … dan sal ons u Naam aanroep!” (vers 19).

Bid die Psalm

“U het ’n wingerdstok uit Egipte gaan haal. U het nasies verdryf en dit hier geplant. U het die grond vir hom reggemaak; sy wortels het gegroei en die land gevul. Die berge is oordek met sy skaduwee; die magtige seders met sy takke. Sy ranke het na die Middellandse See toe uitgestoot, en sy takke na die Eufraatrivier toe uitgesprei. Hoekom het U sy mure afgebreek sodat verbygangers dit kan stroop? Wildevarke van die bos verwoes dit, en die wilde diere vreet dit op. God Almagtig, kom tog terug! Kyk neer vanuit die hemel. Ontferm U tog oor hierdie wingerdstok, die loot wat U self geplant het, en oor hierdie seun wat U vir Uself grootgemaak het. Laat dié wat u wingerdstok verbrand en aan stukke gekap het, tot niet gaan wanneer U hulle teregwys. Versterk die man aan u regterhand, die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het. Dan sal ons U nie weer verlaat nie. Laat ons herlewe, dan sal ons weer u Naam aanroep. O Here, God die Almagtige, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.” NLV

Boodskap van die Psalm

Dié Psalm is regtig swanger van betekenis. Ek lig twee besondere dele daarvan uit. 1) In die eerste plek is daar ’n subtiele boodskap verskuil in vers 18 wat die NLV heel korrek vertaal. Dit is dat die gebed van die metafoor van die wingerdstok skuif om oor ’n individu te praat wat die Here uitgekies het en God tot aksie en beweging moet bring: “Versterk die man aan u regterhand, die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het.”  Uiteraard bedoel dit hier nog in die eerste plek die volk Israel, maar in die lig van die NT gebeure kan ’n mens nie anders as om iets van die NT vervulling hierin raak te sien nie.  Geen wonder dat hierdie metafoor van die wingerd in die NT nie op die volk van God van toepassing gemaak nie, maar wel op Jesus, die Seun van God, wat die fundamentele verandering wat God in die nuwe bedeling teweegbring – deur self die basis van hulle gemeenskap te word in die God-mens Jesus – uitdruk (Joh. 15:1-8).  Die NT dra dus die boodskap dat die hoop vir verandering nie in die herstel van die volk opgesluit lê nie, maar in die redding wat Jesus bring.  Iets wat reeds in Psalm 80 op verskuilde manier teruggevind kan word. 2) In die tweede plek word God op só ’n ryk en omvattende manier beskryf: as Herder en as Almagtige.  Dit is die fundamentele basis vir ons gebed – dat God naby ons is en dat Hy oor alles is.  Dit is die vertrekpunt in gebed: dat ons lewe van Hom as Almagtige afhanklik is en dat sy sorg as Herder ons enigste hoop is.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda