Skip to main content

Psalm 69:1-5

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 69 is ‘n besondere Psalm van Dawid, beide in terme van die wye verskeidenheid van situasies en emosies wat dit aanspreek, sowel as die gebruik daarvan in die NT. Verse uit die Psalm word 17 keer aangehaal in die NT. Die aanhalings in die NT word op twee maniere gedoen. In die eerste plek word die Psalm gebruik in die begronding van die verhaal en gebeure van die evangelie van Jesus Christus, veral met betrekking tot die kruisiging. Dit is ’n Psalm wat Jesus self gebid het aan die kruis. In die tweede plek word die Psalm gebruik in die interpretasie van die implikasies van die koms van die koninkryk van God, eerstens vir die Jode en tweedens vir die regverdiges met die Wederkoms. Ek sal ‘n paar van die aanhalings deur die loop van ons vier gebede uit die Psalm aandui Daar is ‘n hele paar verskillende maniere om die Psalm op te deel. Ek gebruik ‘n vier-deling waarin Dawid se gebed só opgedeel word: 1) Red my van dié wat my sonder rede haat – vers 2-5; 2) Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie – vers 6-19; 3) Maak ‘n onderskeid tussen my vyande en die regverdiges – vers 20-29; 4) Moenie u mense vergeet wat verdruk word nie – vers 30-37.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Op die wysie van “Lelies”. Van Dawid. Red my, o God! Die vloedwaters is reeds tot by my keel. Dieper en dieper sink ek in modder, met geen plek om te staan nie. In diep waters het ek beland, en die stroom oorweldig my. Ek is uitgeput van roep om hulp. My keel is hees en my oë dof, terwyl ek wag dat God my help. Hulle wat my haat sonder oorsaak is meer as die hare op my kop. Talryk is hulle wat my wil vernietig, en dit sonder oorsaak. My vyande is leuenaars wat eis dat ek teruggee dit wat ek nie gesteel het nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Die metafore wat Dawid hier gebruik om sy ontreddering te beskryf, is regtig roerend.  Hy gebruik van dié metafore weer in vers 15 en verder.  Die uitstaande eienskap van dié deel van sy gebed is die onafgebroke fokus op God, uitgedruk met die metafoor van ’n hees stem en dowwe oë.  Elkeen van ons sal kan identifiseer met die ervarings van onredelike haat en vals beskuldigings. Dawid moedig ons aan om nie op te hou om God se aangesig te soek, totdat Hy antwoord nie. Dit is ’n Psalm wat ons kan bid in ons volharding in die evangelie ten spyte van teenstand, soos Jesus dit in sy laaste gesprekke met sy dissipels beklemtoon het.

Ps. 69:5 Joh. 15:24-25
5Dié wat my sonder rede haat,

is meer as die hare op my kop.

Dié wat my vir altyd wil stilmaak,

is sterk. My vyande dwing

my met vals beskuldigings

om af te gee wat ek nie geroof het nie.

24As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader. 25Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda