Skip to main content

Psalm 106:43-48

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 106 sluit met die genadige boodskap dat die Here nooit sy troue liefde laat vaar nie. Hy het telkens weer ingegryp en ’n verandering gebring, ter wille van Homself, ter wille van leiers wat intree, en ter wille van die mense self wat aan Hom behoort.

Bid die Psalm

“Baie kere het Hy sy volk verlos, maar hulle het opstandig gebly en verder in hulle sondes weggesink. Tog het Hy hulle ellende raakgesien, en geluister na hulle hulpgeroep. Hy het gedink aan sy verbond met hulle, en Hy was genadig op grond van sy onfeilbare liefde. Hy het bewerk dat hulle veroweraars hulle met medelye behandel het. Here ons God, red ons! Versamel ons weer uit die nasies sodat ons u heilige Naam kan prys, in U bly kan wees, en U kan loof. Geseënd is die Here, God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! Laat die hele volk sê: “Amen!” Prys die Here!” NLV

Boodskap en betekenis

God se verstommende genadige ingrype in die verlede, ten spyte van die volk se sonde en opstand en God se weersin in die volk, is die basis vir die hoop verlossing. God se troue liefde is vir ewig. Dit sien ons in die verhaal van die opstaan en val, opstaan en val van die volk van Israel. Telkens red die Here hulle weer. Hoekom? Want Hy is fundamenteel goed. En Hy wys dit deur sy troue liefde. God se troue liefde is daarom die basis vir ons eie vertroue op God. In sy troue liefde sien ons God se goedheid en motiveer dit ons om ten spyte van watter situasie ons ons ook al in mag bevind, ons Hom om uitkoms kan nader. Dit is op God se genade wat ons onsself kan verlaat, dié Een wat ewig is en goed, en dit wys in sy troue liefde.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar