Psalm 80:1-8
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Hierdie Psalm van Asaf is ryk aan metafore wat ons gebede ’n besondere krag gee. Dit praat oor God in terme van beide sy intieme persoonlike verhouding met sy mense, uitgedruk met die metafoor van die Herder, sowel as sy kosmiese Heerskappy oor alles. Dit praat ook oor God se mense in terme van beide die historiese openbare status as God se volk, sowel as in terme van die intieme verhouding met Hom, uitgedruk met die metafoor van die wingerdstok. Psalm 80 is ‘n uitstekende Psalm om in voorbidding vir mense in die geloofsgemeenskap te gebruik. Twee keer bid Asaf: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8, 20). ‘n Mens kan dit vir jouself, vir jou familie, en vir mense in die breë geloofsgemeenskap bid. Dit is dan ook die manier waarop die Psalm ingedeel is wat telkens afgesluit word met hierdie gebed om redding in: 1) ’n roerende pleidooi tot God as Herder om te luister (vers 2-8) en 2) ’n roerende pleidooi tot God as Almagtige om op te tree ter wille van sy volk, sy wingerdstok (vers 9-20). Ons bid dit oor 2 dae.
Bid die Psalm
“Vir die koorleier: Op die wysie van“Lelies”. ’n Getuienis. ’n Asafpsalm. Luister tog, Herder van Israel, U wat Josef soos ’n kudde gelei het. U wat oor die gerubs troon, verskyn tog in u heerlikheid aan Efraim, Benjamin en Manasse. Toon ons u magtige krag! Kom tot ons redding! O God, herstel ons tog! Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word. Here, God die Almagtige, hoe lank sal U kwaad bly ten spyte van u volk se gebede? U het vir hulle trane as kos gegee, ’n beker vol droefheid laat drink. U maak ons tot ’n voorwerp van twis vir ons bure. Ons vyande dryf met ons die spot. God Almagtig, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.” NLV
Boodskap en betekenis
Die titel “Herder” word net nog twee ander kere in die OT direk vir God gebruik. In Psalm 23:1 druk Dawid sy persoonlike ervaring van God se sorg in sy lewe uit. In Genesis 48:15 druk Jakob ook sy persoonlike ervaring van God se sorg aan die einde van sy lewe daarmee uit. Dit word egter ook ’n hele paar keer indirek op God van toepassing gemaak. In Psalm 28:9 gebruik die Psalmis dit as ’n metafoor: “wees vir hulle ’n herder”, vir die tipe sorg wat van God afgebid word. In Prediker 12:11 word wysheid met God as die “Een herder” verbind. In Jesaja 40:11 word die lotsverandering wat God bring ook met die herderbeeld uitgedruk: “Soos ’n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.” Ook Esegiël werk uitvoerig met dié beeld van God as Herder en verbind dit aan God se omsien en redding van sy volk in ballingskap (34:12) wat hulle in veiligheid “rustig sal laat lê en herkou” (34:15) en reg sal laat geskied (34:16). Hierdie titel vir God word uiteindelik ’n hele paar keer in die NT vir Jesus gebruik, waar Hy spesifiek die “Goeie Herder” (Joh. 10:11,14) en “Groot Herder” (Hebr. 13:20) genoem word (sien ook 1 Pet. 2:25; Openb. 7:17). Die belofte van verlossing word ook op besonder roerende manier aan God se oordeel op die “herder in sy diens” (Sag. 13:7) verbind, soos Jesus dit van sy eie naderende kruisdood van toepassing maak (Matt. 26:31 – vgl. Mark 14:27; Joh. 10:11 verwys ook daarna), een van die kragtige voorspellings in die OT wat in Jesus se kruisdood vervul is. Netso benoem die Psalmis die volk van God met ’n aantal beskrywings wat God se verhouding met hulle in die verlede in die geskiedenis anker – nageslag van Josef, stamme Efraim, Benjamin en Manasse. Hulle wag op sy verlossing. Hoekom? Want ironies genoeg bewys God se straf dat Hy aan hulle verbind is. Dit bring die hoop dat God dan ook hulle lot kan verander. Dit is waarop die Psalmis vertrou. Hoe lank sal U dan nog afsydig staan teenoor die gebed van u volk? “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8 – dit sal weer herhaal word aan die einde van die volgende deel van sy gebed, vers 20).
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
View all posts in this series
- Beplanning – Bid die Psalms 2026 - December 9, 2025
- Inleiding – Bid die Psalms 2026 - December 21, 2025
- Psalm 1 - December 22, 2025
- Psalm 2:1-6 - December 23, 2025
- Psalm 2:7-12 - December 24, 2025
- Psalm 3 - December 25, 2025
- Psalm 4 - December 26, 2025
- Psalm 5:1-9 - December 27, 2025
- Psalm 5:10-13 - December 28, 2025
- Psalm 6 - December 29, 2025
- Psalm 7:1-10 - December 30, 2025
- Psalm 7:11-18 - December 31, 2025
- Psalm 8 - January 1, 2026
- Psalm 9:1-13 - January 2, 2026
- Psalm 9:14-21 - January 3, 2026
- Psalm 10:1-13 - January 4, 2026
- Psalm 10:14-18 - January 5, 2026
- Psalm 11 - January 6, 2026
- Psalm 12 - January 7, 2026
- Psalm 13 - January 8, 2026
- Psalm 14 - January 9, 2026
- Psalm 15 - January 10, 2026
- Psalm 16:1-6 - January 11, 2026
- Psalm 16:7-11 - January 12, 2026
- Psalm 17:1-9 - January 13, 2026
- Psalm 17:10-15 - January 14, 2026
- Psalm 18:1-4 - January 15, 2026
- Psalm 18:5-19 - January 16, 2026
- Psalm 18:20-25 - January 17, 2026
- Psalm 18:26-36 - January 18, 2026
- Psalm 18:37-46 - January 19, 2026
- Psalm 18:47-51 - January 20, 2026
- Psalm 19:1-7 - January 21, 2026
- Psalm 19:8-15 - January 22, 2026
- Psalm 20 - January 23, 2026
- Psalm 21:1-8 - January 24, 2026
- Psalm 21:9-14 - January 25, 2026
- Psalm 22:1-12 - January 26, 2026
- Psalm 22:13-22a - January 27, 2026
- Psalm 22:22b-31 - January 28, 2026
- Psalm 23 - January 29, 2026
- Psalm 24 - January 30, 2026
- Psalm 25:1-7 - January 31, 2026
- Psalm 25:8-15 - February 1, 2026
- Psalm 25:16-22 - February 2, 2026
- Psalm 26:1-5 - February 3, 2026
- Psalm 26:6-12 - February 4, 2026
- Psalm 27:1-6 - February 5, 2026
- Psalm 27:7-14 - February 6, 2026
- Psalm 28 - February 7, 2026
- Psalm 29 - February 8, 2026
- Psalm 30:1-6 - February 9, 2026
- Psalm 30:7-13 - February 10, 2026
- Psalm 31:1-7 - February 11, 2026
- Psalm 31:8-14 - February 12, 2026
- Psalm 31:15-19 - February 13, 2026
- Psalm 31:20-25 - February 14, 2026
- Psalm 32 - February 15, 2026
- Psalm 33:1-12 - February 16, 2026
- Psalm 33:13-22 - February 17, 2026
- Psalm 34:1-9 - February 18, 2026
- Psalm 34:10-15 - February 19, 2026
- Psalm 34:16-23 - February 20, 2026
- Psalm 35:1-8 - February 21, 2026
- Psalm 35:9-18 - February 22, 2026
- Psalm 35:19-28 - February 23, 2026
- Psalm 36 - February 24, 2026
- Psalm 37:1-11 - February 25, 2026
- Psalm 37:12-22 - February 26, 2026
- Psalm 37:23-29 - February 27, 2026
- Psalm 37:30-40 - February 28, 2026
- Psalm 38:1-12 - March 1, 2026
- Psalm 38:13-23 - March 2, 2026
- Psalm 39:1-6 - March 3, 2026
- Psalm 39:7-14 - March 4, 2026
- Psalm 40:1-11 - March 5, 2026
- Psalm 40:12-18 - March 6, 2026
- Psalm 41 - March 7, 2026
- Psalm 42 - March 8, 2026
- Psalm 43 - March 9, 2026
- Psalm 44:1-9 - March 10, 2026
- Psalm 44:10-27 - March 11, 2026
- Psalm 45:1-8 - March 12, 2026
- Psalm 45:9-18 - March 13, 2026
- Psalm 46 - March 14, 2026
- Psalm 47 - March 15, 2026
- Psalm 48 - March 16, 2026
- Psalm 49:1-14 - March 17, 2026
- Psalm 49:15-21 - March 18, 2026
- Psalm 50:1-15 - March 19, 2026
- Psalm 50:16-23 - March 20, 2026
- Psalm 51:1-11 - March 21, 2026
- Psalm 51:12-19 - March 22, 2026
- Psalm 52 - March 23, 2026
- Psalm 53 - March 24, 2026
- Psalm 54 - March 25, 2026
- Psalm 55:1-9 - March 26, 2026
- Psalm 55:10-15 - March 27, 2026
- Psalm 55:16-24 - March 28, 2026
- Psalm 56:1-8 - March 29, 2026
- Psalm 56:9-14 - March 30, 2026
- Psalm 57 - March 31, 2026
- Psalm 58 - April 1, 2026
- Psalm 59:1-6 - April 2, 2026
- Psalm 59:7-18 - April 3, 2026
- Psalm 60:1-7 - April 4, 2026
- Psalm 60:8-14 - April 5, 2026
- Psalm 61 - April 6, 2026
- Psalm 62 - April 7, 2026
- Psalm 63 - April 8, 2026
- Psalm 64 - April 9, 2026
- Psalm 65 - April 10, 2026
- Psalm 66:1-12 - April 11, 2026
- Psalm 66:13-20 - April 12, 2026
- Psalm 67 - April 13, 2026
- Psalm 68:1-11 - April 14, 2026
- Psalm 68:12-24 - April 15, 2026
- Psalm 68:25-36 - April 16, 2026
- Psalm 69:1-5 - April 17, 2026
- Psalm 69:6-19 - April 18, 2026
- Psalm 69:20-30 - April 19, 2026
- Psalm 69:31-37 - April 20, 2026
- Psalm 70 - April 21, 2026
- Psalm 71:1-8 - April 22, 2026
- Psalm 71:9-16 - April 23, 2026
- Psalm 71:17-24 - April 24, 2026
- Psalm 72:1-14 - April 25, 2026
- Psalm 72:15-20 - April 26, 2026
- Psalm 73:1-14 - April 27, 2026
- Psalm 73:15-28 - April 28, 2026
- Psalm 74:1-11 - April 29, 2026
- Psalm 74:12-23 - April 30, 2026
- Psalm 75 - May 1, 2026
- Psalm 76 - May 2, 2026
- Psalm 77:1-11 - May 3, 2026
- Psalm 77:12-21 - May 4, 2026
- Psalm 78:1-12 - May 5, 2026
- Psalm 78:13-39 - May 6, 2026
- Psalm 78:40-72 - May 7, 2026
- Psalm 79 - May 8, 2026
- Psalm 80:1-8 - May 9, 2026
- Psalm 80:9-20 - May 10, 2026
- Psalm 81:1-8 - May 11, 2026
- Psalm 81:9-17 - May 12, 2026
- Psalm 82 - May 13, 2026
- Psalm 83:1-9 - May 14, 2026
- Psalm 83:10-19 - May 15, 2026
- Psalm 84 - May 16, 2026
- Psalm 85 - May 17, 2026
- Psalm 86:1-10 - May 18, 2026
- Psalm 86:11-17 - May 19, 2026
- Psalm 87 - May 20, 2026
- Psalm 88 - May 21, 2026
- Psalm 89:1-19 - May 22, 2026
- Psalm 89:20-38 - May 23, 2026
- Psalm 89:39-53 - May 24, 2026
- Psalm 90:1-12 - May 25, 2026
- Psalm 90:13-17 - May 26, 2026
- Psalm 91 - May 27, 2026
- Psalm 92 - May 28, 2026
- Psalm 93 - May 29, 2026
- Psalm 94:1-11 - May 30, 2026
- Psalm 94:12-23 - May 31, 2026
- Psalm 95 - June 1, 2026
- Psalm 96 - June 2, 2026
- Psalm 97 - June 3, 2026
- Psalm 98 - June 4, 2026
- Psalm 99 - June 5, 2026
- Psalm 100 - June 6, 2026
- Psalm 101 - June 7, 2026
- Psalm 102:1-12 - June 8, 2026
- Psalm 102:13-23 - June 9, 2026
- Psalm 102:24-29 - June 10, 2026
- Psalm 103:1-5 - June 11, 2026
- Psalm 103:6-18 - June 12, 2026
- Psalm 103:19-22 - June 13, 2026
- Psalm 104:1-9 - June 14, 2026
- Psalm 104:10-19 - June 15, 2026
- Psalm 104:20-30 - June 16, 2026
- Psalm 104:31-35 - June 17, 2026
- Psalm 105:1-11 - June 18, 2026
- Psalm 105:12-23 - June 19, 2026
- Psalm 105:24-36 - June 20, 2026
- Psalm 105:37-45 - June 21, 2026
- Psalm 106:1-5 - June 22, 2026
- Psalm 106:6-12 - June 23, 2026
- Psalm 106:13-33 - June 24, 2026
- Psalm 106:34-42 - June 25, 2026
- Psalm 106:43-48 - June 26, 2026
- Psalm 107:1-9 - June 27, 2026
- Psalm 107:10-16 - June 28, 2026
- Psalm 107:17-22 - June 29, 2026
- Psalm 107:23-32 - June 30, 2026
- Psalm 107:33-38 - July 1, 2026
- Psalm 107:39-43 - July 2, 2026
- Psalm 108:1-5 - July 3, 2026
- Psalm 108:6-14 - July 4, 2026
- Psalm 109:1-5 - July 5, 2026
- Psalm 109:6-19 - July 6, 2026
- Psalm109:20-31 - July 7, 2026
- Psalm 110 - July 8, 2026
- Psalm 111 - July 9, 2026
- Psalm 112 - July 10, 2026
- Psalm 113 - July 11, 2026
- Psalm 114 - July 12, 2026
- Psalm 115 - July 13, 2026
- Psalm 116:1-8 - July 14, 2026
- Psalm 116:9-19 - July 15, 2026
- Psalm 117 - July 16, 2026
- Psalm 118:1-18 - July 17, 2026
- Psalm 118:19-29 - July 18, 2026
- Psalm 119:1-8 - July 19, 2026
- Psalm 119:9-16 - July 20, 2026
- Psalm 119:17-24 - July 21, 2026
- Psalm 119:25-32 - July 22, 2026
- Psalm 119:33-40 - July 23, 2026
- Psalm 119:41-48 - July 24, 2026
- Psalm 119:49-56 - July 25, 2026
- Psalm 119:57-64 - July 26, 2026
- Psalm 119:65-72 - July 27, 2026
- Psalm 119:73-80 - July 28, 2026
- Psalm 119:81-88 - July 29, 2026
- Psalm 119:89-96 - July 30, 2026
- Psalm 119:97-104 - July 31, 2026
- Psalm 119:105-112 - August 1, 2026
- Psalm 119:113-120 - August 2, 2026
- Psalm 119:121-128 - August 3, 2026
- Psalm 119:129-136 - August 4, 2026
- Psalm 119:137-144 - August 5, 2026
- Psalm 119:145-152 - August 6, 2026
- Psalm 119:153-160 - August 7, 2026
- Psalm 119:161-168 - August 8, 2026
- Psalm 119:169-176 - August 9, 2026
- Psalm 120 - August 10, 2026
- Psalm 121 - August 11, 2026
- Psalm 122 - August 12, 2026
- Psalm 123 - August 13, 2026
- Psalm 124 - August 14, 2026
- Psalm 125 - August 15, 2026
- Psalm 126 - August 16, 2026
- Psalm 127 - August 17, 2026
- Psalm 128 - August 18, 2026
- Psalm 129 - August 19, 2026
- Psalm 130 - August 20, 2026
- Psalm 131 - August 21, 2026
- Psalm 132 - August 22, 2026
- Psalm 133 - August 23, 2026
- Psalm 134 - August 24, 2026
- Psalm 135 - August 25, 2026
- Psalm 136 - August 26, 2026
- Psalm 137 - August 27, 2026
- Psalm 138 - August 28, 2026
- Psalm 139 - August 29, 2026
- Psalm 140 - August 30, 2026
- Psalm 141 - August 31, 2026
- Psalm 142 - September 1, 2026
- Psalm 143 - September 2, 2026
- Psalm 144 - September 3, 2026
- Psalm 145 - September 4, 2026
- Psalm 146 - September 5, 2026
- Psalm 147 - September 6, 2026
- Psalm 148 - September 7, 2026
- Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar