Skip to main content

Psalm 107:33-38

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die vyfde situasie waar op God se goedheid en getrouheid staat gemaak kan word, is uiteraard ook op die aarde (soos dit ook die geval was op die see). Die psalmis beklemtoon hier dat, alhoewel God ontbering bring as gevolg van mense se sonde, Hy ook seëninge bring (vgl. die vloeke en seëninge van Deut. 28–30).

Bid die Psalm

“Hy verander riviere in woestyne, fonteinryke plekke in ’n dorsland, en vrugbare landerye in brakgrond, weens die kwaad van die inwoners. Maar Hy verander ook woestyne in waterryke vleie, droë grond in fonteinryke plekke waar Hy hongeriges laat bly wat stede kan bou om in te woon. Hulle bewerk lande, en plant wingerde wat goeie oeste oplewer. Hy seën hulle en hulle vermeerder; ook hulle beeste laat Hy nie verminder nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Waar God is, daar kan die woestyngebied eintlik nie anders as om ‘n rietvlei, ‘n fonteinryke wêreld te word nie. God se goedheid sluit dus selfs sy seëninge in die natuur in. Daar kan honger mense hulle vestig en floreer omdat hulle gedy in die seën wat die Here skenk.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar