Skip to main content

Psalm 13

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees,  en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dit is ’n aangrypende eenvoudige Psalm, die noodkreet uit die hart van iemand wat swaarkry en God om hulp smeek. Let op hoe Dawid die erns van sy noodkreet beklemtoon deur vier keer te herhaal: “Hoe lank nog, Here?” Sy worsteling met die Here – let op nie net met sy omstandighede nie! – word opgevolg met ‘n besluit om die Here en sy troue liefde te vertrou, om te vertrou dat Hy uitkoms sal gee en aan hom goed sal doen.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm. Hoe lank sal U my bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank nog sal U anderpad kyk? Hoe lank moet ek alleen planne maak, elke dag deurbring met droefheid in my hart? Hoe lank sal my vyand die oorhand hê? Kyk tog en antwoord my, Here my God! Verlig tog weer my oë dat ek nie die doodslaap ingaan nie, anders sê my vyand: “Ek het hom oorwin!” en is my teenstander bly oor my ondergang. Maar ek maak self staat op u troue liefde. Ek wil juig omdat U my gered het. Ek wil sing tot eer van die Here omdat Hy vir my goed was.” NLV

Boodskap en betekenis

Gebruik die Psalm om jou vertroue in die Here te versterk. In die uitstort van jou hart voor Hom, sal die vertroue en vreugde kom.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar