Psalm 24
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Hierdie Psalm word ten nouste met die ark verbind en is daarom soos Psalm 15 met die tempel verbind. Die twee Psalms vorm die buitenste konsentriese sirkel van die tien tempel Psalms met Psalm 19 se verheerliking van God se stem in die Skepping en in sy Woord die sentrum. Die ark van die Here het ‘n besondere geskiedenis. Nie net het dit die sigbare teenwoordigheid van die Here in die woestyn voorgestel nie. Nie net het dit ‘n plek in die heiligdom gehad, in die Allerheiligste deel, nie. Nee, dit was ook die sigbare teenwoordigheid van die Here as Israel geveg het. In die tyd van Dawid het die ark ‘n rusplek in Jerusalem gekry by die aanvang van sy regering (2 Sam. 6). Hier het dit dan gestaan, behalwe as dit tydens ’n oorlog saam met die leër geneem is (2 Sam. 11). Elke keer as hulle dan weer terugkom van die oorlog af, het hulle die ark op feestelike wyse in die stad ingeneem (2 Sam. 6:5,13). Blykbaar is hierdie Psalm op twee maniere gebruik met betrekking tot die ark. Eerstens is dit gesing op die eerste dag van die week, om die feit dat die ark ‘n rusplek in Jerusalem gekry het, te vier. Tweedens is dit gesing tydens die optog, wanneer die leërs terugkom van die oorlog af, en hulle die oorwinning kom vier. Dit is dus ‘n Psalm vir die tot-rus-kom, vir die tuiskoms van die ark, sowel as die viering van God se voortdurende teenwoordigheid by sy volk.
Bid die Psalm
“’n Dawidspsalm. Die aarde behoort aan die Here, met alles wat daarop is, die wêreld en alles wat daarop lewe. Die fondamente van die aarde het Hy in die oseane gelê, en dit op die riviere gevestig. Wie mag opklim teen die berg van die Here? Wie mag staan in sy heilige plek? Net hulle wie se dade onskuldig, wie se denke sonder bybedoeling is; wat nie bedrog pleeg nie en nie ’n eed valslik aflê nie. So ’n persoon sal die seën van die Here ontvang en God sy redder sal aan hom reg laat geskied. Só lyk die mense wat Hom dien en die God van Jakob aanbid. Sela Word hoër, o poorte! Word nog hoër, eeue oue deure, sodat die roemryke Koning kan ingaan. Wie is die roemryke Koning? Die Here, sterk en magtig, die Here, onoorwinlik in die stryd. Gaan oop, o poorte! Gaan oop, eeue oue deure, sodat die roemryke Koning kan ingaan. Wie is die roemryke Koning? Die Here, die Almagtige, Hý is die roemryke Koning. Sela” NLV
Boodskap en betekenis
Die Psalm is herhaaldelik by die tempel opgevoer. In so ’n opvoering het die mense aan die buitekant van die tempelpoort uitgeroep dat die poorte hulle moet ophef (hoër raak) en oopgaan sodat die magtige Koning kan ingaan. Dan het die priesters aan die binnekant gevra: “wie is hierdie magtige Koning?” en die mense buite het geantwoord: “Die Here, sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd.” Dan het die tempelpoort oopgegaan as simbool dat die Here nou by sy mense is. Die boodskap van die Psalm is daarom tweërlei. Aan die een kant bevestig dit aan die gemeenskap van Israel dat: alles behoort aan die Here (vgl. Paulus wat dié teks aanhaal as bevestiging dat ‘n mens alles mag eet – 1 Kor. 10:26). Aan die ander kant verseker dit die mense wat in Sy teenwoordigheid wil lewe: dié God seën sy mense. Hierdie is ’n Psalm vir tot rus kom by God. Soos Jesus hierna sou sê: Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal vir julle rus gee (Matt. 11:25).
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
View all posts in this series
- Beplanning – Bid die Psalms 2026 - December 9, 2025
- Inleiding – Bid die Psalms 2026 - December 21, 2025
- Psalm 1 - December 22, 2025
- Psalm 2:1-6 - December 23, 2025
- Psalm 2:7-12 - December 24, 2025
- Psalm 3 - December 25, 2025
- Psalm 4 - December 26, 2025
- Psalm 5:1-9 - December 27, 2025
- Psalm 5:10-13 - December 28, 2025
- Psalm 6 - December 29, 2025
- Psalm 7:1-10 - December 30, 2025
- Psalm 7:11-18 - December 31, 2025
- Psalm 8 - January 1, 2026
- Psalm 9:1-13 - January 2, 2026
- Psalm 9:14-21 - January 3, 2026
- Psalm 10:1-13 - January 4, 2026
- Psalm 10:14-18 - January 5, 2026
- Psalm 11 - January 6, 2026
- Psalm 12 - January 7, 2026
- Psalm 13 - January 8, 2026
- Psalm 14 - January 9, 2026
- Psalm 15 - January 10, 2026
- Psalm 16:1-6 - January 11, 2026
- Psalm 16:7-11 - January 12, 2026
- Psalm 17:1-9 - January 13, 2026
- Psalm 17:10-15 - January 14, 2026
- Psalm 18:1-4 - January 15, 2026
- Psalm 18:5-19 - January 16, 2026
- Psalm 18:20-25 - January 17, 2026
- Psalm 18:26-36 - January 18, 2026
- Psalm 18:37-46 - January 19, 2026
- Psalm 18:47-51 - January 20, 2026
- Psalm 19:1-7 - January 21, 2026
- Psalm 19:8-15 - January 22, 2026
- Psalm 20 - January 23, 2026
- Psalm 21:1-8 - January 24, 2026
- Psalm 21:9-14 - January 25, 2026
- Psalm 22:1-12 - January 26, 2026
- Psalm 22:13-22a - January 27, 2026
- Psalm 22:22b-31 - January 28, 2026
- Psalm 23 - January 29, 2026
- Psalm 24 - January 30, 2026
- Psalm 25:1-7 - January 31, 2026
- Psalm 25:8-15 - February 1, 2026
- Psalm 25:16-22 - February 2, 2026
- Psalm 26:1-5 - February 3, 2026
- Psalm 26:6-12 - February 4, 2026
- Psalm 27:1-6 - February 5, 2026
- Psalm 27:7-14 - February 6, 2026
- Psalm 28 - February 7, 2026
- Psalm 29 - February 8, 2026
- Psalm 30:1-6 - February 9, 2026
- Psalm 30:7-13 - February 10, 2026
- Psalm 31:1-7 - February 11, 2026
- Psalm 31:8-14 - February 12, 2026
- Psalm 31:15-19 - February 13, 2026
- Psalm 31:20-25 - February 14, 2026
- Psalm 32 - February 15, 2026
- Psalm 33:1-12 - February 16, 2026
- Psalm 33:13-22 - February 17, 2026
- Psalm 34:1-9 - February 18, 2026
- Psalm 34:10-15 - February 19, 2026
- Psalm 34:16-23 - February 20, 2026
- Psalm 35:1-8 - February 21, 2026
- Psalm 35:9-18 - February 22, 2026
- Psalm 35:19-28 - February 23, 2026
- Psalm 36 - February 24, 2026
- Psalm 37:1-11 - February 25, 2026
- Psalm 37:12-22 - February 26, 2026
- Psalm 37:23-29 - February 27, 2026
- Psalm 37:30-40 - February 28, 2026
- Psalm 38:1-12 - March 1, 2026
- Psalm 38:13-23 - March 2, 2026
- Psalm 39:1-6 - March 3, 2026
- Psalm 39:7-14 - March 4, 2026
- Psalm 40:1-11 - March 5, 2026
- Psalm 40:12-18 - March 6, 2026
- Psalm 41 - March 7, 2026
- Psalm 42 - March 8, 2026
- Psalm 43 - March 9, 2026
- Psalm 44:1-9 - March 10, 2026
- Psalm 44:10-27 - March 11, 2026
- Psalm 45:1-8 - March 12, 2026
- Psalm 45:9-18 - March 13, 2026
- Psalm 46 - March 14, 2026
- Psalm 47 - March 15, 2026
- Psalm 48 - March 16, 2026
- Psalm 49:1-14 - March 17, 2026
- Psalm 49:15-21 - March 18, 2026
- Psalm 50:1-15 - March 19, 2026
- Psalm 50:16-23 - March 20, 2026
- Psalm 51:1-11 - March 21, 2026
- Psalm 51:12-19 - March 22, 2026
- Psalm 52 - March 23, 2026
- Psalm 53 - March 24, 2026
- Psalm 54 - March 25, 2026
- Psalm 55:1-9 - March 26, 2026
- Psalm 55:10-15 - March 27, 2026
- Psalm 55:16-24 - March 28, 2026
- Psalm 56:1-8 - March 29, 2026
- Psalm 56:9-14 - March 30, 2026
- Psalm 57 - March 31, 2026
- Psalm 58 - April 1, 2026
- Psalm 59:1-6 - April 2, 2026
- Psalm 59:7-18 - April 3, 2026
- Psalm 60:1-7 - April 4, 2026
- Psalm 60:8-14 - April 5, 2026
- Psalm 61 - April 6, 2026
- Psalm 62 - April 7, 2026
- Psalm 63 - April 8, 2026
- Psalm 64 - April 9, 2026
- Psalm 65 - April 10, 2026
- Psalm 66:1-12 - April 11, 2026
- Psalm 66:13-20 - April 12, 2026
- Psalm 67 - April 13, 2026
- Psalm 68:1-11 - April 14, 2026
- Psalm 68:12-24 - April 15, 2026
- Psalm 68:25-36 - April 16, 2026
- Psalm 69:1-5 - April 17, 2026
- Psalm 69:6-19 - April 18, 2026
- Psalm 69:20-30 - April 19, 2026
- Psalm 69:31-37 - April 20, 2026
- Psalm 70 - April 21, 2026
- Psalm 71:1-8 - April 22, 2026
- Psalm 71:9-16 - April 23, 2026
- Psalm 71:17-24 - April 24, 2026
- Psalm 72:1-14 - April 25, 2026
- Psalm 72:15-20 - April 26, 2026
- Psalm 73:1-14 - April 27, 2026
- Psalm 73:15-28 - April 28, 2026
- Psalm 74:1-11 - April 29, 2026
- Psalm 74:12-23 - April 30, 2026
- Psalm 75 - May 1, 2026
- Psalm 76 - May 2, 2026
- Psalm 77:1-11 - May 3, 2026
- Psalm 77:12-21 - May 4, 2026
- Psalm 78:1-12 - May 5, 2026
- Psalm 78:13-39 - May 6, 2026
- Psalm 78:40-72 - May 7, 2026
- Psalm 79 - May 8, 2026
- Psalm 80:1-8 - May 9, 2026
- Psalm 80:9-20 - May 10, 2026
- Psalm 81:1-8 - May 11, 2026
- Psalm 81:9-17 - May 12, 2026
- Psalm 82 - May 13, 2026
- Psalm 83:1-9 - May 14, 2026
- Psalm 83:10-19 - May 15, 2026
- Psalm 84 - May 16, 2026
- Psalm 85 - May 17, 2026
- Psalm 86:1-10 - May 18, 2026
- Psalm 86:11-17 - May 19, 2026
- Psalm 87 - May 20, 2026
- Psalm 88 - May 21, 2026
- Psalm 89:1-19 - May 22, 2026
- Psalm 89:20-38 - May 23, 2026
- Psalm 89:39-53 - May 24, 2026
- Psalm 90:1-12 - May 25, 2026
- Psalm 90:13-17 - May 26, 2026
- Psalm 91 - May 27, 2026
- Psalm 92 - May 28, 2026
- Psalm 93 - May 29, 2026
- Psalm 94:1-11 - May 30, 2026
- Psalm 94:12-23 - May 31, 2026
- Psalm 95 - June 1, 2026
- Psalm 96 - June 2, 2026
- Psalm 97 - June 3, 2026
- Psalm 98 - June 4, 2026
- Psalm 99 - June 5, 2026
- Psalm 100 - June 6, 2026
- Psalm 101 - June 7, 2026
- Psalm 102:1-12 - June 8, 2026
- Psalm 102:13-23 - June 9, 2026
- Psalm 102:24-29 - June 10, 2026
- Psalm 103:1-5 - June 11, 2026
- Psalm 103:6-18 - June 12, 2026
- Psalm 103:19-22 - June 13, 2026
- Psalm 104:1-9 - June 14, 2026
- Psalm 104:10-19 - June 15, 2026
- Psalm 104:20-30 - June 16, 2026
- Psalm 104:31-35 - June 17, 2026
- Psalm 105:1-11 - June 18, 2026
- Psalm 105:12-23 - June 19, 2026
- Psalm 105:24-36 - June 20, 2026
- Psalm 105:37-45 - June 21, 2026
- Psalm 106:1-5 - June 22, 2026
- Psalm 106:6-12 - June 23, 2026
- Psalm 106:13-33 - June 24, 2026
- Psalm 106:34-42 - June 25, 2026
- Psalm 106:43-48 - June 26, 2026
- Psalm 107:1-9 - June 27, 2026
- Psalm 107:10-16 - June 28, 2026
- Psalm 107:17-22 - June 29, 2026
- Psalm 107:23-32 - June 30, 2026
- Psalm 107:33-38 - July 1, 2026
- Psalm 107:39-43 - July 2, 2026
- Psalm 108:1-5 - July 3, 2026
- Psalm 108:6-14 - July 4, 2026
- Psalm 109:1-5 - July 5, 2026
- Psalm 109:6-19 - July 6, 2026
- Psalm109:20-31 - July 7, 2026
- Psalm 110 - July 8, 2026
- Psalm 111 - July 9, 2026
- Psalm 112 - July 10, 2026
- Psalm 113 - July 11, 2026
- Psalm 114 - July 12, 2026
- Psalm 115 - July 13, 2026
- Psalm 116:1-8 - July 14, 2026
- Psalm 116:9-19 - July 15, 2026
- Psalm 117 - July 16, 2026
- Psalm 118:1-18 - July 17, 2026
- Psalm 118:19-29 - July 18, 2026
- Psalm 119:1-8 - July 19, 2026
- Psalm 119:9-16 - July 20, 2026
- Psalm 119:17-24 - July 21, 2026
- Psalm 119:25-32 - July 22, 2026
- Psalm 119:33-40 - July 23, 2026
- Psalm 119:41-48 - July 24, 2026
- Psalm 119:49-56 - July 25, 2026
- Psalm 119:57-64 - July 26, 2026
- Psalm 119:65-72 - July 27, 2026
- Psalm 119:73-80 - July 28, 2026
- Psalm 119:81-88 - July 29, 2026
- Psalm 119:89-96 - July 30, 2026
- Psalm 119:97-104 - July 31, 2026
- Psalm 119:105-112 - August 1, 2026
- Psalm 119:113-120 - August 2, 2026
- Psalm 119:121-128 - August 3, 2026
- Psalm 119:129-136 - August 4, 2026
- Psalm 119:137-144 - August 5, 2026
- Psalm 119:145-152 - August 6, 2026
- Psalm 119:153-160 - August 7, 2026
- Psalm 119:161-168 - August 8, 2026
- Psalm 119:169-176 - August 9, 2026
- Psalm 120 - August 10, 2026
- Psalm 121 - August 11, 2026
- Psalm 122 - August 12, 2026
- Psalm 123 - August 13, 2026
- Psalm 124 - August 14, 2026
- Psalm 125 - August 15, 2026
- Psalm 126 - August 16, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar